Genoeg vir 4.
Bestanddele
- 8 groot, geskilde aartappels in wiggies
- 30 ml (2 e) olyf- of avokadoolie
- 30 ml (2 e) botter
- sout en gemaalde swartpeper
Vir die kruie-tunasous
- 5 ml (1 t) gekapte knoffel
- 1 ansjovisfilet
- 45 ml (3 e) jalapeno-rissie
- 125 ml (½ k) agurkies
- 30 ml (2 e) kappertjiesaad
- ’n hand vol elk grasuie en pietersielie (+ ekstra)
- ½ rooi ui (+ ekstra) fyn gekap
- 125 ml (½ k) crème fraîché
- 125 ml (½ k) jogurt
- 2 blikkies (170 g elk) tuna, gedreineer
- 125 ml (½ k) wit cheddarkaas, gerasper
- ’n handvol roketblare
Metode
Voorverhit die oond tot 220 °C.
- Kook die aartappels wiggies in gesoute water vir 10 min. tot sag, maar nie pap nie. Dreineer en sit in ’n diep oondpan. Sprinkel met die olie, botter en geur na smaak. Bak vir sowat 30 min. tot goudbruin. Draai die aartappels tydens die baktyd om.
- Maak die kruie-tunasous deur die knoffel, ansjovisfilet, jalapeno-rissie, agurkies, kappertjiesaad, ’n hand vol elk grasuie en pietersielie en rooi ui fyn te kap. Meng alles saam en roer die crème fraîché en jogurt deur. Meng die tuna by en geur na smaak.
- Skep die kruie-tunasous oor die aartappels en sprinkel die wit cheddarkaas bo-oor. Bak vir 10-15 min. tot die kaas gesmelt is.
- Strooi ekstra grasuie, pietersielie en rooi ui oor. Sit voor met ’n hand vol roketblare bo-op.

