Geroosterde koftakebabs met dukka-tortillas
Serves: 4
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 1 kg gemaalde beesvleis
- 30 ml (2 e) vars tiemieblaartjies
- 1 brandrissie, gekap (opsioneel)
- 30 ml (2 e) gemaalde komyn
- 2 knoffelhuisies, fyn gekap
- 60 ml (¼ k) gerasperde suurlemoenskil
- ’n hand vol kruisementblare,ruweg gekap
- sout en gemaalde swartpeper
- Jogurtsous
- 60 ml (4 e) ongegeurde Griekse jogurt
- 30 ml (2 e) klaarbereide hoemoes
- 5 ml (1 t) gerasperde suurlemoenskil
- sout en gemaalde swartpeper
- Slaai
- ’n pakkie vars gemengde blare soos balsemkruid en roket
- 1 rooi ui, papierdun gesny
- ’n hand vol kersietamaties, middeldeur gesny
- 1 avokado, in skywe gesny
Instructions
- Meng die vleis, tiemie, brandrissie, komyn, knoffel en suurlemoenskil. Geur met sout en gemaalde swartpeper. Verdeel die vleis in 8 ewe groot dele. Maak jou hande effens nat en druk die vleis om die sosatiestokkies.
- Sous: Meng die jogurt, hoemoes, suurlemoenskil en geur met sout en peper. Hou eenkant.
- Verf elke kebab deeglik met olyfolie en braai tot goudbruin aan albei kante. Verhit intussen die tortillas (nie by bestanddele) in die oond of in ’n riffelpan.
- Slaai: Meng die slaaiblare, uie, tamaties en avokado met ’n bietjie olyfolie. Verdeel tussen die tortillas. Haal die vleis van die stokkie af en sit dit op die slaaiblare. Skep laastens ’n bietjie jogurtsous bo-op en vou toe.
Maak jou eie tortillas
- Sif 600 g (5 k)meel, 10 g (10 ml) bakpoeier en ’n knypie sout saam. Voeg 45 ml (3 e) dukka (beskikbaar in die speseryafdeling) by. Meng 350 ml louwarmwater en 100 ml olyfolie in ’n ander groot mengbak. Voeg eers net die helfte van die droë bestanddele by die vloeistof en meng goed, meng dan die res goed by tot ’n deeg vorm.
- Keer die deeg op ’n meelbestrooide werkvlak uit. Knie vir sowat 10 min. tot glad en elasties. Sny die deeg in 10 ewe groot stukke. Vorm in balletjies. Bedek met kleefplastiek en laat vir 20 min. rus.
- Rol elke stukkie deeg 2-3mm dik uit in ’n sirkel van sowat 25 cm in deursnee. Verhit ’n groot pan oor hoë hitte. Verf die pan met olyfolie en braai die tortillas vir sowat 1 min. tot hulle begin pof. Keer om en braai vir nog 1 min. aan die ander kant. Bak die res van die deeg en hou eenkant.
tortillastomatoesslaaimeatfoodsaladTamatiesherbsJogurtkebabskruieyogurtsosatiesrecipesbeesvleishummushoemoes
Rooi Rose
Lees Meer
Suurlemoenbrood
15/10/2024
Sjokolade-yskastert
11/10/2024
Heuningkraaklekkers met sjokolade
10/10/2024