kategorieë: VelsorgSkoonheid

Gevorderde seramiedkapsules: ’n Nuwe goue maatstaf

In 1990 het Elizabeth Arden baanbrekerswerk in die skoonheidsbedryf verrig toe sy seramiedkapsules bekendgestel het – dit was ’n eerste van dié soort seramied wat bio-gemanipuleerd, identies aan die vel en in ’n enkelkapsuleformaat voorgekom het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die nuwe Advanced Light Ceramide Capsules, nou in ’n hiperliggewigtekstuur wat ideaal vir kombinasie en olierige velle is, bou voort op die sukses van ons kernseramiedkapsules, die Advanced Ceramide Daily Youth Serum. Die serum word aangedryf deur velversterkende fitoseramiedes en siklopeptiede wat die porieë vervolmaak, vinnig opgeneem word om die vel se versperring te versterk en die vel se gelaatskleur weer te herbalanseer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Resultate:

  • “Ná net een kapsule het nege uit tien vroue ’n dramatiese vermindering in sigbare porieë gesien.” (Gegrond op ’n verbruikerstudie waarin 62 vroue betrokke was en ná net een gebruik).
  • “Velversperring is 28% sterker.” (Gegrond op ’n kliniese studie waarin 32 vroue betrokke was en ná net een week).
  • “Ná net een week het koppige lyne sigbaar verminder.”  (Gegrond op ’n kliniese studie waarin 32 vroue betrokke was en ná net een week).
  • “Ná een maand stem al 100% saam dat hul vel gesonder voel en ligter lyk met ’n ander tekstuur.” (Gegrond op ’n verbruikerstudie waarin 62 vroue betrokke was en ná net vier weke).

Ervaar hoe dit net een dosis jou vel se versperring versterk en porieë vervolmaak.

Kernbestanddele:

FITOSERAMIDE: Boots die oorvloedigste en belangrikste seramiede na om die vel te voed en sterk te maak.

SIKLOPEPTIDE: Ondersteun kollageen binne die porieë se mure; verbeter en versterk die vel se tekstuur.

HEMISQUALANE: ’n Ligte versagmiddel wat oortollige sebum beheer.

Hoofvoordele:

  • Voed beskermende lipiedversperring.
  • Verfyn die vel vir ’n voorkoms sonder sigbare porieë.
  • Herstel ’n meer gebalanseerde en stralende gelaat met meer helderheid.

Gebruik dit so:

Draai die kapsule oop, druk dit op die vingerpunte uit, maak warm en vee dit liggies op ’n skoon vel.

Beskikbaar in winkels aanlyn vanaf 1 Junie 2023 in uitgesoekte Woolworths, Edgars, Foschini, Truworths, DisChem en Clicks. Dis ook aanlyn deur Takealot en Superbalist beskikbaar.

Lees ook: Pragtig op enige ouderdom: Sorg só vir jou vel

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

19 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.