kategorieë: Ons menseBekendes

Hartklop: kykNET se eerste hospitaaldrama-reeks gaan kykers boei

kykNET (DStv-kanaal 144) kondig met trots aan dat die kanaal se eerste mediese drama, Hartklop, op Dinsdag 18 Julie om 20:00 begin.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die drama spog met bekende akteurs soos Simoné Pretorius, Renate Stuurman, Dawid Minnaar, Leandie du Randt, David Louw, Jacques Bessenger, Oros Mampofu, Carla Classen en Marlee van der Merwe in die rolverdeling.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hartklop, wat ’n merkwaardige 178 rolle met dialoog het, het ook verskeie ander groot name in die rolverdeling – sommige deurlopend en ander in gasrolle. Onder hierdie spelers tel Christel van den Bergh, Arno Marais, Rika Sennett, Thulani Mtsweni, Susan Coetzer, Vusi Thanda, Esmeralda Bihl, Christo Davids, Elma Postma, Francois Jacobs en Bouwer Bosch.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die reeks is deur Zoë Laband (The Girl from St. Agnes) geskryf en die regisseurs is Harold Hölscher (Ludik) en Christo Davids (Spoorloos).

Die hospitaaltonele is in sale en teaters by die Solomon Stix Morewa-gedenkhospitaal en by die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg verfilm. Die mediese gevalle wat deel van die verskeie storielyne is, is alles gegrond op werklike gevalle en ’n span dokters en mediese kenners het as konsultante gedien. Opgeleide verpleegsusters het met die verfilming van die operasietonele gehelp om dit so realisties moontlik te maak.

“Ons het besluit om die reeks in ’n staatsopleidingshospitaal te laat afspeel omdat dit nie net verteenwoordigend van Suid-Afrika is nie, maar ook om te wys dat ons van die beste mediese fakulteite in die wêreld het,” sê Zoë. “Ons plaaslike dokters is superhelde. Daar is militêre dokters van oral oor wat Suid-Afrika toe kom vir hulle opleiding, juis omdat ons hospitale soms soos oorlogsones lyk. Dan is daar natuurlik die ander kant – die dokters se persoonlike lewens en die impak wat hulle werk daarop het.”

Kykers kan uitsien na storielyne met mediese gevalle wat hulle by tye stom van verbasing sal laat by die blote gedagte dat dit op werklike gebeure gegrond is. Sommige stories sal hulle laat lag en ander ’n traan of twee laat pink. Daar is dramatiese gebeure waarmee alle kykers hulle sal kan vereenselwig, soos waar ’n geliefde veg om sy of haar lewe, of vir wie daar niks gedoen kan word nie.

Daar is egter ook stories van hoop waar pasiënte weer uit ’n lang koma ontwaak, sonder dat dit medies verklaarbaar is, of waar iemand tot die dokters se groot verbasing ten volle herstel. Tussendeur sal kykers in die dokters se persoonlike lewens ingetrek word en sien hoe hulle worstel met die impak van hulle roeping en die geweldig moeilike vraag of hulle deur die werk wat hulle doen, God mag speel.

KYK: Hartklop se amptelike voorskou


Lees ook: Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

1 day Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

1 day Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

1 day Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

1 day Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.