kategorieë: Ontspanning

Hele dekade van wen-Chenins

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die ster wat vanjaar by die prysuitdeling die blinkste geskitter het, was Stellenrust, met ’n rekord van vier wyne vanjaar op die Top 10 lys en boonop ook die plaas wat nege keer in die uitdaging se dekade in die Top 10 lys is. Antonij Rupert is vanjaar vir die eerste keer in die wen-lys en Alvi’s Drift, Durbanville Hills, Flagstone, KWV en Lievland is almal herhaalde wenners.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die ster wat vanjaar by die prysuitdeling die blinkste geskitter het, was Stellenrust, met ’n rekord van vier wyne vanjaar op die Top 10 lys en boonop ook die plaas wat nege keer in die uitdaging se dekade in die Top 10 lys is. Van links is Barend Erasmus , Herman du Preez en Tertius Boshoff met hul vier sertifikate.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vanjaar se uitdaging het 144 inskrywings gelok en word jaarliks deur die Chenin Blanc Assosiasie (CBA) aangebied.

Die prysuitdeling is by 96 Winery Road restaurant tussen Stellenbosch en Somerset-Wes gehou. Die restaurant behoort aan Suid-Afrika se Chenin-koning en voorsitter van die CBA, Ken Forrester, sy broer Allan, die sjef, Natasha Wray en die wynmaker, Martin Meinert. Adrian Buchanan is vandag die hoofsjef en het die heerlike Chenin pasmaat spyskaart berei.

96 Winery Road restaurant tussen Stellenbosch en Somerset-Wes behoort aan Suid-Afrika se Chenin-koning en voorsitter van die CBA, Ken Forrester, sy broer Allan, die sjef, Natasha Wray en die wynmaker, Martin Meinert. Die toekenningsmiddagete is daar gehou.

Ken is vanjaar aangewys as Man van die Jaar deur The Drinks Business vir sy deurslaggewende rol om die druifkultivar te bevorder en ook om sy land se wyne plaaslik en internasionaal “met aansteeklike entoesiasme en groot vyrgewigheid te bemark”. Hy het ook vanjaar die 1659 Visionary Leadership Award vir sy bydrae tot die Suid-Afrikaanse wynbedryf en sy 30-jarige bevordering van Chenin Blanc ontvang.

Ina Smith, wat vir jare saam met Ken gewerk het en ook die dryfveer agter die Standard Bank Chenin Blanc Top 10 Uitdaging is, het per video oproep van Frankryk vertel: “Chenin Blanc het die de facto deurgangsdruif tot die Suid-Afrikaanse wynkategorie geword. Dis eens as die lelike eendjie van die wingerd afgemaak, maar Kaapse Chenin ’n swaan geword, wat onderskei word vir uitnemendheid, grasie en die vermoë om vreugde te bring. Wat die kompetisie doen, is om vooruitgang in kwaliteit en styl aan te moedig en te versnel.”

Sy het gesê: “Namate Kaapse Chenin se reputasie groei, het dit meer as Suid-Afrika se kenmerkende wit wyn geword. In baie opsigte word dit ’n vlagdraer vir al ons wyne. Die positiewe reaksie wat Chenin ontlok, motiveer dikwels internasionale handelskopers en verbruikers om ook ander Suid-Afrikaanse wyne te probeer.”

Die heerlike spyskaart wat aan gaste die geleentheid gebied het om al tien wen-wyne te proe.
Gaste het as eerste gang die KWV The Mentors Chenin Blanc 2021 en Stellenrust Stellenbosch Manor Barrel-fermented Chenin Blanc 2021 met die gekruide botterskorsiesop met mascarpone geniet.
Die tweede gang was die Lievland Old Vine Chenin Blanc 2022 en die Stellenrust Stellenbosch Manor Barrel-fermented Chenin Blanc 2022 met die Miso-geglasuurde garnale met lemoen en Ponzubotter.
Die Alvi’s Drift Albertus Viljoen Chenin Blanc 2022 en Stellenrust B28 (Fairtrade) Chenin Blanc 2022 is met die derde gang van geroosterde hoender risotto met tiemie bedien.

Gaste het as eerste gang die KWV The Mentors Chenin Blanc 2021 en Stellenrust Stellenbosch Manor Barrel-fermented Chenin Blanc 2021 met die gekruide botterskorsiesop met mascarpone; as tweede gang die Lievland Old Vine Chenin Blanc 2022 en die Stellenrust Stellenbosch Manor Barrel-fermented Chenin Blanc 2022 met die Miso-geglasuurde garnale met lemoen en Ponzubotter geniet.

Lizette Van Schoor (CBA), Keelyn Gibbons (Mulderbosch) en AJ Nel (Lievland) wie se Lievland – Old Vine Chenin Blanc 2022 in die Top 10 is.
De Wet Viljoen (Neethlingshof), Adriaan Visagie (Meerlust), Kobus van der Merwe en Oursula Lenee (KWV) wie se KWV The Mentors Chenin Blanc 2021 in die Top 10 is.

Die Alvi’s Drift Albertus Viljoen Chenin Blanc 2022 en Stellenrust B28 (Fairtrade) Chenin Blanc 2022 is met die derde gang van geroosterde hoender risotto met tiemie; die Stellenrust Next Level Chenin Blanc 2022 en Antonij Rupert Cape of Good Hope Riebeeksrivier Chenin Blanc 2021 met varklies met ’n Chenin-kors, geroosterde appel en Brusselse spruite, geniet. Die vyfde gang, Dukka-gebakte Camembert is met die Durbanville Hills Collectors Reserve The Cape Garden Chenin Blanc 2022 en Flagstone Paradigm Chenin Blanc Reserve 2020 voorgesit.

Vanjaar se Top 10 wenners met Higgo Jacobs, voorsitter van die 2023-beoordelaarspaneel (derde van links), Simone Cooper, Hoof van Besigheid en Kommersiële Bankwese vir Standard Bank Suid-Afrika (middel agter) en Ken Forrester, Suid-Afrika se Chenin-koning en voorsitter van die CBA, agter haar.

Die Standard Bank Chenin Blanc Top 10 Uitdaging 2023 se wenners in alfabetiese volgorde is:

Alvi’s Drift Albertus Viljoen Chenin Blanc 2022

Antonij Rupert Cape of Good Hope Riebeeksrivier Chenin Blanc 2021

Durbanville Hills Collectors Reserve The Cape Garden Chenin Blanc 2022

Flagstone Paradigm Chenin Blanc Reserve 2020

KWV The Mentors Chenin Blanc 2021

Lievland Old Vine Chenin Blanc 2022

Stellenrust B28 (Fairtrade) Chenin Blanc 2022

Stellenrust Next Level Chenin Blanc 2022

Stellenrust Stellenbosch Manor Barrel-fermented Chenin Blanc 2021 en die

Stellenrust Stellenbosch Manor Barrel-fermented Chenin Blanc 2022.

Die Standard Bank Chenin Blanc Top 10 Uitdaging 2023 se wenners in alfabetiese volgorde is: Alvi’s Drift Albertus Viljoen Chenin Blanc 2022; Antonij Rupert Cape of Good Hope Riebeeksrivier Chenin Blanc 2021; Durbanville Hills Collectors Reserve The Cape Garden Chenin Blanc 2022; Flagstone Paradigm Chenin Blanc Reserve 2020; KWV The Mentors Chenin Blanc 2021; Lievland Old Vine Chenin Blanc 2022; Stellenrust B28 (Fairtrade) Chenin Blanc 2022; Stellenrust Next Level Chenin Blanc 2022; Stellenrust Stellenbosch Manor Barrel-fermented Chenin Blanc 2021 en die Stellenrust Stellenbosch Manor Barrel-fermented Chenin Blanc 2022.

Higgo Jacobs, voorsitter van die 2023-beoordelaarspaneel, het gesê pogings om Kaapse Chenin se profiel en aansien te verhoog, het dié kultivar tot “maatstaf”-status op die wêreldtoneel” verhef.

Oor die wen-wyne het hy gesê hy en sy mede-beoordelaars het gevind die meerderheid (60%) van die wen-wyne vir die eerste keer skroefdop is, wat beklemtoon dat sluitingstipe nie meer op sy eie ’n aanduiding van wyngehalte is nie.”

Michael Swart (Standard Bank), Ginette de Fleuriot, Kaapse wynmeester en deel van die beoordelaarspaneel, Richard Bradfield (Alvi’s Drift) wie se Alvi’s Drift Albertus Viljoen Chenin Blanc 2022 in die Top 10 is en sy vrou, Jennifer Bradfield en Maryna Calow van Wines of South Africa (WoSA).

Standard Bank ken elke jaar ’n kontantprys toe aan elkeen van die Top 10 produsente. ’n Voorwaarde van die kompetisie is dat die geld aangewend word om die lewenskwaliteit van plaaswerkers en/of hul gemeenskappe te verbeter.

Simone Cooper, Hoof van Besigheid en Kommersiële Bankwese vir Standard Bank Suid-Afrika, het bevestig dat R2,35 miljoen tot op hede vir ‘n verskeidenheid plaaswerker-gemeenskapsprojekte aangewend is – van onderwys en jeugontwikkeling tot behuising en gesondheid.

Lees ook: Devil’s Peak se lokprent is uiteindelik hier!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

1 hour Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

2 hours Gelede

Roeline geniet dit vreeslik om “mevrou dominee” in Diepe waters te speel

Roeline Daneel, bekend vir haar rolle in Fraksie, Binnelanders en Fynskrif en die wenner van die beste aktrise in ’n…

4 hours Gelede

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig versorg deur Mariette Snyman. Foto's Pexels “Gedrukte…

22 hours Gelede

Die regte medisyne vir verkoue

JY KAN jou seer keel en koors self dokter én stukke beter voel. Ons wys…

1 day Gelede

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.