kategorieë: Ontspanning

Hierdie is geen geloofsdaad, maar van talent

Deur Maryke Roberts.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

As jy die woord “keramiekkuns” hoor, dink jy waarskynlik nie aan towerkrag nie. Maar om met hierdie onvoorspelbare medium te werk, is gelyke dele towery, kunstenaarskap en uiteindelik geloofsdade. ’n Keramiekkunstenaar kan nooit seker wees dat dit wat uit die oond kom, sal lyk soos wat hulle insit of van gedroom het nie. Dis iets waarmee Christian Buchner – een van die kunstenaars wat tans in die “An Act of Faith” uitstalling by Spier uitstal, heelhartig beaam.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die uitstalling word in die ou wynkelder op die historiese plaas gehou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die uitstalling word aangebied deur die Spier Arts Trust. Christian sê voorts: “Terwyl elke medium unieke moontlikhede bied, betower keramiek behoorlik met die geheimsinnige werk wat in die oond gebeur.”

Maar onsekerheid is nie die enigste uitdaging wat kunstenaars wat met keramiek werk, in die gesig staar nie. Die hoofkurator van die Spier Art Trust, Tamlin Blake, het besluit om dié uitstalling op die historiese wynplaas buite Stellenbosch te reël, nadat sy onlangs ’n baie karige uitstalling van die jaarlikse Ceramics South Afrika organisasie in Gqeberha in die Oos-Kaap besoek het.

“Dit was skokkend om te sien hoe min werke uitgestal is,” sê sy. “Dit was natuurlik deels te wyte aan Covid, maar gereelde beurtkrag was ook ’n probleem.”

Die kunstenaar en lektor, Mellaney Roberts, het die toespraak by die uitstalling se openings gelewer.
Die kunstenaar Ludwe Mgolombane, wie se werke ook deel van die uitstalling is.

Om kleiprodukte te bak, moet ’n oond – meestal elektries van aard – tot die nodige temperatuur verhit word en voorglasering kan tot 12 ure neem. Die kragtoevoer moet konstant bly vir die duur van die vuurproses, om die gewenste artistieke resultate te bereik. So deurlopende beurtkrag het bykomende kompleksiteit in hul werksdag gebring.

“Hierdie kunstenaars sukkel net om hul kuns te beoefen,” sê sy. “Die Spier Arts Trust wou hulle ondersteun en ’n geleentheid gee deur ’n opwindende uitstalruimte en ’n geleentheid vir blootstelling aan ’n breër mark binne Suid-Afrika te bied.”

“An Act of Faith” bevat meer as 40 keramiekkunswerke deur kunstenaars van regoor die land. Alhoewel elke kunswerk uniek is, het sekere kerntemas na vore gekom.

“Eie aan die keramiekmaakproses is die idee van transformasie,” sê sy. “Modder, water, aarde en vuur werk almal saam om klei in kuns te omskep. Maar daar is geen waarborg wat die eindresultaat sal wees nie. So daar is beslis ’n gevoel van towerspel.”

Richard Pullen se “So Much to Say” (2023) is Reinder se swart erdewerk, engobe, onderlaag en ’n dun lagie glasuur.
Hierdie ongetitelde werk van Lauren-Grace Hoffmann is ook op uitstalling. Dis van porselein en gemengde glasuur.

Spiritualiteit is ook groot met uitbeeldings van godsdienstige beelde en artefakte, en kunstenaars se eie interpretasies van die hiernamaals. Xirilo Wyne Ngobeni se werk is gegrond op begrafnis-urns en is byvoorbeeld ’n ode aan sy ma wat oorlede is.

Al die keramiekskeppings vertel ’n storie. Kuns as narratief bied aan die kyker ’n kragtige, persoonlike en intieme verbintenis met die kunstenaars en hul werk.

Twee kleiborde van Judy Woodborne, “Seahorse Bowl” en “Birth of Venus”, is deel van die uitstalling. Dis albei geglasuurde keramiek.
Natasha Bezuidenhoudt se “’n Ring Oortjie en Spaar Sleutels” (2019) is van herwonne klei.

‘n Opwindende komponent wat aanklank vind by Spier se volhoubaarheidsbeginsels, is dat sommige van die kunstenaars met herwonne klei gewerk het, wat van vooraf geliefde skeppings hergebruik is. Ander het riviere, damme en verafgeleë plase deursoek om hul eie te versamel deur hierdie “wilde klei” te grawe, verwerk en te eksperimenteer, soos die kunstenaar Mark Dodd dit noem.

Nindya Bucktowar se “Reef Fragmented – Ash” (2022) is handgerolde erdeware, draad en brons.
Naby detail van Viola Greyling se “Prolonged” (2022).

Kuns – soos kos en wyn – is op sy beste as dit gedeel word en juis daarom is Spier so ’n entoesiastiese ondersteuner van Afrika-kunstenaars en hul skeppings. Spier, wat een van die grootste kontemporêre kunsversamelings in die land huisves, glo in die krag van die visuele kunste om te onderrig en te inspireer, wat ons almal aanmoedig om openlik by ons wêreld en mekaar betrokke te raak.

Die kunstenaar Lungiswa Chantell Joe, wie se werke ook deel van die uitstalling is.
Daniel Brand se “Mother of Many Nations” word deur besoekers bewonder.

Die uitstalling is daagliks van 09:00 – 17:00 in die ou wynkelder op Spier oop vir die publiek en duur tot 23 Oktober.

Lees ook: Vanjaar se Shiraz-uitblinkers aangewys

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Roeline geniet dit vreeslik om “mevrou dominee” in Diepe waters te speel

Roeline Daneel, bekend vir haar rolle in Fraksie, Binnelanders en Fynskrif en die wenner van die beste aktrise in ’n…

55 mins Gelede

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig versorg deur Mariette Snyman. Foto's Pexels “Gedrukte…

19 hours Gelede

Die regte medisyne vir verkoue

JY KAN jou seer keel en koors self dokter én stukke beter voel. Ons wys…

24 hours Gelede

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

2 days Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

2 days Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.