kategorieë: Mode

Hou die kleur in jou klere

Dr. Beckmann Colour & Dirt Collector

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wanneer ek my klere was, sorteer ek alles volgens kleur: swart kom in een hopie, wit in ’n ander en helder kleure in nog ’n hopie. Maar dan is daar altyd ’n paar kleure met ’n groot vraagteken langs die naam – soos pastelkleure, strepies en wit hempies met patrone en/of prentjies (my gunsteling!) Ek was gewoonlik hierdie tipe kleure saam met meer helder kleure (my drafklere is nogal ooglopend helder – geel, pienk, pers, noem maar op), en dan hoop ek vir die beste. Met ander woorde, ek knyp my oë toe en hou duimvas dat die kleure nie sal meng of uitwas nie …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek het ’n tydjie gelede uitgevind van ’n nuwe produk: Dr. Beckmann Colour & Dirt Collector-lappies. Die naam het my aandag getrek. Ek is van nature ’n nuuskierige mens (dalk het ek so ’n bietjie Generasie Y-bloed in my), so wanneer ek oor iets wonder, wil ek dadelik meer daaroor uitvind. Om tot die punt te kom … Dr. Beckmann se lappies was iets wat ek dadelik wou toets. Die produk se beskrywing sê: “Was gemengde kleure met selfvertroue”. So, toe probeer ek dit. En voila, kyk die kleurverskil tussen die wit en rooier lappie op die foto.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek het die beskrywing en aanwysings gevolg en een lappie agter-in die wasmasjien gegooi, my gemengde kleure saam met die normale hoeveelheid skoonmaakmiddel gelaai en in opwinding gewag op die resultaat.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dus, die lappie absorbeer die oorvloed kleur en verminder die kanse van ’n ongewensde verandering in jou gunsteling helder klere. Die bewys lê in die lappie wat na die wassiklus vuil is. Die kleur word daar vasgevang, in plaas van in jou nuwe somerrokkie.

Hoeveel kos dit?
12 lappies kos R24.99 en 30 lappie kos R44.99.

Besoek Dr. Beckmann SA se webblad, like hulle op Facebook of volg hulle op Twitter @DrBeckmannUK

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: mode

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

2 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

2 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

2 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

2 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.