kategorieë: InspirasieJou lewe

Is dit die moeite werd om jou Instagram-rekening te verifieer?

Instagram-verifikasie was nog altyd ’n gesogte statussimbool wat net vir bekende en invloedryke persone beskore was.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Maar het jy geweet dat dit nie meer die geval is nie?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sedert Februarie 2023 is hierdie verifikasie-wapen, wat eens ’n byna onmoontlike eer was om te hê, te koop, en basies kan enigiemand – ja, selfs die normale alledaagse gebruiker – dit kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die groot vraag is net of dit die tyd en koste werd is?

Magriet Groenewald, bekende sosialemediakenner, het besluit om dit te probeer en haar ervaring met ons te deel.

Tot baie onlangs was die blou merk op Instagram ’n statussimbool wat slegs aan diegene wat as “nuuswaardig” beskou is deur Instagram, op grond van kriteria wat dikwels onduidelik was, toegeken is.

“Ek het ’n paar plaaslike bekendes gehelp om hul rekeninge geverifieer te kry en het eerstehands ervaar hoe moeilik dit was. Een van my kliënte se rekeninge is selfs afgekeur, ten spyte daarvan dat dit 200 000 volgelinge gehad het en dat die persoon ’n geliefde Suid-Afrikaanse persoonlikheid is,” deel Groenewald.

Hoewel dit baie mense frustreer het, het die eksklusiwiteit daarvan om ’n geverifieerde rekening te hê tot baie unieke saamwerkgeleenthede gelei.

Die hele prentjie het egter verander na Mark Zuckerberg Meta Verified bekendgestel het – ’n intekenpakket wat ’n verifikasie-wapen insluit. Hierdie diens was oorspronklik net in sekere streke beskikbaar en die oomblik toe Suid-Afrika ook hieruit kon voordeel trek, het Magriet besluit om dit te probeer.

“Die nuwe betaalde verifikasiefunksie verander die hele scenario. Dit is fantasties vir iemand soos ek, wat fokus op die deel van waardevolle inhoud en die bou van ’n persoonlike handelsmerk, en ek kon nie wag dat dit in Suid-Afrika beskikbaar moes wees nie. Ek het egter simpatie met beïnvloeders wat hard gewerk het om hul blou merk op die harde manier te verdien in plaas daarvan om daarvoor te betaal. Is dit regverdig teenoor hulle? Waarskynlik nie, so ek vermoed dat daar nog veranderinge van Meta se kant af sal kom.”

Die hoofdoel van verifikasie, volgens Meta, is om inhoudskeppers te help om hul profiele en gemeenskappe te laat groei, terwyl dit ook die toenemende probleem van skelmstreke en robotte op Instagram aanspreek.

Om deur Meta Verified geverifieer te word, vereis ID-verifikasie, waar die naam op jou ID moet ooreenstem met jou Instagram-rekening. ’n Kop en skouers-foto wat ooreenstem met jou ID-foto is ook nodig.

Sy merk op: “Aanvanklik kon ek nie my foto geverifieer kry nie en moes ek ’n ander een gebruik wat ek nie noodwendig as my profielfoto wou hê nie. Maar op die ou einde kon ek gelukkig ’n ander meer geskikte foto geverifieer gekry.”

Kom ons kyk kortliks na die voor- en nadele daarvan om vir Instragram-verifikasie te betaal:

Voordele:

1) Vertrouensfaktor: Die geverifieerde wapen maak jou profiel meer geloofwaardig, wat noodsaaklik is wanneer jy ’n persoonlike handelsmerk bou.

2) Rekeningbeskerming: Instagram belowe om te monitor dat jou rekening nie gedupliseer word nie, wat ’n ekstra vorm van sekuriteit bied.

3) Identifisering van skelmstreke: Die blou merk help gebruikers om te onderskei tussen egte en valse rekeninge, alhoewel dit steeds nodig is om versigtig te wees.

4) Kliëntediens: Hoewel daar beweer word dat jy prioriteitsdiens sal ontvang, meen Magriet dat jy nie te veel moet verwag nie.

Nadele:

1) Die grootste nadeel is die maandelikse fooi wat jy moet betaal van R239.99 (ongeveer $13 tot $15).

Nadat sy bogenoemde inligting in ag geneem het, kon sy tot die volgende gevolgtrekking kom:

“Dit is ’n absolute moet as jy ernstig is om jou persoonlike handelsmerk te bou. Die voordele oortref die koste vir iemand soos ek wat aktief sosiale media gebruik vir besigheid en persoonlike bemarking. Dit mag egter nie ’n lonende belegging wees as jy Instagram slegs gebruik om foto’s van jou hond of aandete te plaas nie.”

Oor Magriet:

Groenewald is die eienaar en stigterslid van www.magriet.co/, ’n aanlyn sosialemediabesigheidskool. Hierdie kreatiewe brunet se passie is om entrepreneurs, besigheidseienaars en beïnvloeders te bemagtig om hulle aanlyn-voetspoor te vergroot en sodoende hulleself, en hulle produkte, beter te bemark. Gedurende agt opwindende jare in die bedryf, het sy al saam met verskeie bekendes soos Schalk Bezuidenhout, Erns Grundling. Karlien van Jaarsveld, Minki van der Westhuizen, Leandie du Randt en Simoné Pretorius gewerk.

Sy woon tans in Somerset-Wes saam met haar man en drie van hul vyf kinders.

Lees ook: Magriet Groenewald oor Threads vs. Twitter: Watter platform gaan seëvier?

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

2 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

2 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

2 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

2 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.