kategorieë: KosJy kan

Lekker kosblik-idees

Ons gee wenke en resepte vir slim kosblikresepte!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Foto: Johan Wilke

Pastaslaai is ’n maklike en slim manier om ’n lekker kosblikhappie te maak én om kreatief ontslae te raak van oorskiet. In hierdie artikel wys ons jou hoe, en ons verduidelik hoe ’n goeie kosblik moet lyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wonder jy hoe om slim ’n kosblik te pak sodat jou kind gesond genoeg eet? Ons gee vir jou ’n paar wenke vir kosblikpak in hierdie artikel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Foto: Lee Schwagele (crphotographic.co.za)

Kyk na hierdie nuwe variasie van die gewilde kermiskos – snoek-jaffels. Dis ideaal vir die kosblik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Muffins bly ’n wenner wanneer dit by kosblikbederfies kom. Probeer ons klam karringmelkmuffins of probeer hierdie bobaasmuffins – met heerlike variasies!

Wanneer mens probeer om van geprossesseerde kosse weg te bly en minder suiker in te neem, is dit soms moeilik om met oulike peuselhappie-idees vorendag te kom. Ons het 33 happies gevind wat jy byderhand kan hou wat goed is vir jou en jou kind.

Foto Lee Schwagele

Probeer hierdie quinoa-groentebakkie met broccolli-pesto wat ’n heerlike saamneemmiddagete maak.

Ons het gaan kyk na slim kopies vir kosblikke en waterbottels.

Pak hierdie krakerige soutkoekies in die kosblik – dis heerlik saam met kaas. Jy kan ook die soet weergawe probeer.

Hierdie Chinese roerbraairesep is so slim – dit gebruik oorskiethoender én dit werk goed in ’n kosblik!

Mexikaanse tacos is oulik vir die kosblik en is maklik om vas te hou. Kry ons beste resep hier.

Burgers werk lekker vir die kosblik want hulle hanteer maklik. Hier is ons bobaasresep waar ons jou selfs wys hoe om laekoolhidraatbroodrolletjies te maak.

Stel jy belang in die laekoolhidraatleefstyl? Ons wys jou hoe om slim oor te skakel en ons gee ’n paar praktiese wenke om hierdie leefstyl makliker te maak.

Ons het ’n paar jaar gelede vier weke se kosblikresepte saamgestel. Hier is ’n handvol van die resepte:

Herderspastei met basiese maalvleissous

Genoeg vir 4

• 15 ml (1 e) sonneblomolie
• 1 klein ui, fyn gekap
• 600 g maalvleis
• 1 wortel, gerasper
• 375 ml (1½ k) tamaties, gekap
• 30 ml (2 e) tamatiepuree
• 15 ml (1 e) Worcestershire-sous
• 125 ml (½ k) hoenderaftreksel
• 250 ml (1 k) bevrore ertjies
• ’n hand vol gekapte pietersielie

Kapokaartappelbolaag
• 3 aartappels, geskil en in blokkies gesny
• 80 ml melk
• 30 g (3 e) botter
• 250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas
• gerasperde neutmuskaat

1 Verhit die olie in ’n middelslagkastrol oor hoë hitte.
2 Voeg die ui by en soteer vir 1-2 min. of tot sag.
3 Voeg die maalvleis by en soteer vir 5 min. of tot die vleis bruin is en breek moontlike klonte met ’n houtlepel.
4 Voeg die wortel, tamaties, puree, Worcestershire-sous en hoenderaftreksel by. Bring tot kookpunt en verlaag die hitte. Laat prut vir 10 min. of tot die mengsel effens begin verdik.
5 Kook intussen die aartappels sag en geur met sout. Roer die ertjies en pietersielie by. Haal van die hitte af en hou eenkant.

Kapokaartappelbolaag
1 Dreineer die aartappels en sit terug in die kastrol.
2 Voeg die melk, botter en 2/3 van die kaas by en druk fyn.
3 Geur met neutmuskaat. Verhit die oondrooster.
4 Sit die maalvleis in 4 oondvaste bakkies met ’n inhoudsmaat van ±250 ml (1 k), skep die kapokaartappels bo-oor en strooi die oorblywende kaas oor.
5 Sit die bakkies op ’n bakplaat en sit vir 4-5 min. in die oond of tot die kaas gesmelt en goudkleurig is.

Geroosterde maalvleis-en-kaas-broodjie

Genoeg vir 4

Maak die broodjies in ’n japtrap met die maalvleis wat jy vroeër ekstra gemaak het vir die herderspastei.

• 8 snye witbrood
• margarien om die brood te smeer
• 250 ml (1 k) basiese maalvleis soos vir Maandag se herderspasteitjies berei
• 125 ml (½ k) gerasperde cheddarkaas

1 Verhit ’n Snackwich.
2 Smeer die brood deeglik met margarien. Sit 2 snye met die margarienkant na onder in die voorverhitte Snackwich.
3 Verdeel die maalvleis tussen die 2 snye brood, strooi die kaas oor en sit die ander sny brood bo-op met die margarienkant na bo.
4 Bak vir 3 min. of totdat die kaas gesmelt is en die brood goudbruin en lekker warm is.

Mout-en-jogurt-doopsous met vrugte

Genoeg vir 6

’n Heerlike en heilsame snoephappie vir kinders.

• 250 ml (1 k) volroom- Griekse jogurt
• 5 ml (1 t) vanieljegeursel
• 15 ml (1 e) heuning
• 30 ml (2 e) moutmelkpoeier (Horlicks)
• 125 ml (½ k) gekapte neute
• 125 ml (½ k) klapper
• verskeidenheid vrugte om te doop, soos aarbeie, dik skywe piesang en appelkwarte.
• stokkies of vurkies om in die vrugte te druk om die doopslag te vergemaklik

1 Meng al die bestanddele tot voor die neute in ’n bakkie.
2 Sit die neute en klapper in twee afsonderlike bakkies.
3 Pak die gesnyde vrugte uit op bordjies. Die kinders doop eers die vrugte in die jogurtsous en rol dit dan in die neute en/of klapper.

Nog idees
* Maak ’n vinnige doopsous vir allerlei groente soos selderystokkies en worteltjies: Meng gelyke hoeveelhede gladde maaskaas met volroom- Griekse jogurt, geur met sout en peper en gekapte kruie soos pietersielie of vinkel.

Klik hier om die resepte te kry.

Broodjies met maaskaas en aarbeikonfyt

Genoeg vir 2

Gebruik liefs volgraanbrood vir die kinders se toebroodjies – hulle het die vesel in hul dieet nodig én dis gesonder. Sny met ’n stervormige koekiedrukker ’n patroontjie uit die boonste snytjie van elke toebroodjie om die broodjie mooier te laat lyk.

• 4 snye volgraanbrood
• margarien
• geroomde maaskaas en aarbeikonfyt

1 Sny met ’n koekiedrukker ’n vormpie uit die boonste snytjie van elke toebroodjie.
2 Smeer genoeg margarien op die onderste broodjie gevolg deur maaskaas.
3 Smeer laastens ’n lagie aarbeikonfyt oor en sit die broodjie met die vormpie bo-op.

Onthou wanneer jy toebroodjies maak
* Gebruik ’n verskeidenheid brode soos rogbrood en ciabatta sodat die moeilike eters nie verveeld raak met die daaglikse broodjies nie. Pitabrode en tortillas is ’n lekker variasie op die gewone broodjie.
* Smeer die broodjies met gegeurde botter: Maak die botter sag en geur dit met suurlemoenskil of ’n verskeidenheid gekapte kruie en rol dit in rolletjies in kleefplastiek toe. Gebruik wanneer nodig.

Kry hier ons resepte vir gegeurde botters.

Het jy geweet jy kan jou eie neutbotter maak?

* Fyn biltong gemeng met botter is heerlik, en ewe lekker as dit oor geroomde maaskaas gestrooi word.
* Sit oorskiet soos boerewors, hoender, maalvleis of lamsvleis op die toebroodjies. Gerookte en geblikte vis soos forel, snoek, salm en tuna werk uitstekend.
* Smeer die botter tot op die hoeke van die broodjies sodat die brood nie pap word of uitdroog nie.
* Avokado is superkos vir kinders – gooi net suurlemoensap oor sodat dit nie verkleur nie.
* Rasper aan die begin van die week genoeg kaas en hou dit in ’n digsluitende houer in die yskas om tyd te bespaar.

Springmielies met heuning en klapper

Genoeg vir baie

• Sonneblomolie, genoeg om die boom van ’n middelslagkastrol te bedek
• ½ k springmielies
• 250 g (1 k) suiker
• 100 ml (1/3 k + 2 e) water
• 185 ml (3/4 k) heuning
• 80 g (1 k) klapper
• papierkegels

1 Gooi genoeg olie in ’n middelslagkastrol om die boom te bedek.
2 Gooi die mieliepitte in en skud die kastrol ’n bietjie sodat die pitte eweredig oor die boom versprei is en die pitjies met ’n bietjie olie bedek word.
3 Sit die deksel op en verhit die kastrol oor matige hitte. Hou die deksel op tot die pitte ophou skiet.
4 Smelt intussen die suiker in die water oor lae hitte.
5 Laat kook ná dit heeltemal gesmelt het. Hou die heuning ’n entjie bokant die mengsel en giet stadig by. Kook vir nog ’n minuut.
6 Giet die suikermengsel oor die springmielies en roer die klapper deur. (Ons het vierkantige velle papier in kegels gerol en die springmielies daarin geskep, maar jy kan dit ook in kleurryke papierkoppies of kolwyntjiepapiertjies gooi.)

Heuning-en-sesamsaad-hoenderboudjies

Genoeg vir 6 kindertjies

Dié boudjies is heerlik taai, en kan ook oor die kole gebraai word.

• 60 ml (¼ k) heuning
• 60 ml (¼ k) sojasous, verkieslik ligte soja wat minder sout bevat
• 30 ml (2 e) olyfolie
• 30 ml (2 e) sesamsaad
• 12 hoenderboudjies

1 Meng al die bestanddele tot by die sesamsaad in ’n glas- of plastiekbak en laat lê die hoenderboudjies vir sowat ’n halfuur daarin in die yskas.
2 Verhit die oond tot 180 °C en bak die hoender vir ±20 min. tot gaar. Sit voor met kapokaartappels of aartappelslaai en soetmielies.

Vind al hierdie resepte hier.

Hoenderburgers in pitabroodjies

Genoeg vir 4

Die gekrummelde hoenderstukke is gou gaar en heerlik op toebroodjies en burgers of in pitas en tortillas.

• 2 hoenderborsies, vel en been verwyder
• 125 ml (½ k) koekmeel, gegeur met sout
• 125 ml (½ k) vars broodkrummels, (gebruik liefs volgraanbrood)
• 60 ml (¼ k) gerasperde parmesaan
• 2 eiers, liggies geklits in ’n klein bakkie
• 4 klaarbereide pitabroodjies, verhit volgens die vervaardiger se aanwysings
• 125 ml (½ k) bevrore soetmieliepitte, ontvries
• ’n hand vol kersietamaties, gehalveer
• slaai of kruieblaartjies vir opdiening
• ’n skeppie mayonnaise vir elke pitabroodjie

1 Sny die hoenderborsies in die dwarsste middeldeur sodat jy 4 identiese, dunner filette het. Sit elke filet tussen twee stukkies kleefplastiek en slaan met ’n rolstok plat.
2 Sit die koekmeel in ’n bakkie en meng die krummels en kaas saam in ’n ander bakkie.
3 Doop elke filet eers in die eier, laat die oortollige eier afloop, dan in die koekmeel en rol laastens in die krummels.
4 Die filette kan in die stadium in afsonderlike vriessakkies gevries word, of onmiddellik in ’n bietjie olyfolie in ’n pan gebraai word.
5 Braai oor matige hitte, anders brand die krummels aan voor die hoender gaar is.
6 Sny elke filet middeldeur en “bou” die pitabroodjies so: Sny elke pitabroodjie middeldeur en sit ’n halwe filet in elk gevolg deur mielies, tamaties en blaartjies.
7 Skep laastens ’n bietjie mayonnaise in elke helfte.

Vind die resep hier.

Basiese macaroni-en-kaas

Genoeg vir 4


Dis maklik om die geurige, basiese macaroni te maak. Ons het soetmieliepitte, ertjies en klein kersietamaties deur die macaroni gemeng, maar jy kan dit net so voorsit.

• 200 g macaroni
• 125 ml (½ k) room
• 310 ml (1¼ k) melk
• 375 ml (1½ k) gerasperde cheddar
• sout en swartpeper na smaak
• gerasperde neutmuskaat na smaak

1 Kook die macaroni in ’n kastrol met kokende water en ’n bietjie sout tot nét sag. Dreineer en sit terug in die kastrol. 2 Voeg die room, melk en kaas by en plaas oor lae hitte tot die kaas gesmelt is. 3 Geur met sout, peper en neutmuskaat. Roer versigtig deur en dien op.

Maniere om dit voedsamer te maak
* Voeg ’n hand vol soetmieliepitte, ertjies en gekapte kersietamaties net voor opdiening by.
* Vlok ’n gerookte forel, snoek- of makrielfilet met jou vingers en roer deur die pasta. Geblikte tuna of salm wat deeglik gedreineer is, werk ook goed. Gaar oorskietvleis soos hoender of lamsvleis kan vinnig deur die macaroni geroer word.
* Popeye se kos: Was ’n hand vol spinasieblare deeglik, sny die stingels af en soteer oor lae hitte in ’n pannetjie met ’n bietjie olyfolie. Roer deur die macaroni.
* Kombineer dié basiese resep met die basiese maalvleismengsel van Maandag, Week 1. Rasper ekstra kaas oor en sit vinnig onder die oondrooster vir ’n heerlike aandete.

Heilsame snoephappie-idees

* AVOKADO is superkos vir kinders en ’n lekker middagete.
* GROENTE soos kersietamaties, klein worteltjies, mielies, ertjies en komkommerstokkies werk goed.
* SPRINGMIELIES is ’n goeie alternatief vir aartappelskyfies.
* DROËVRUGTE, neute en sade is voedsaam en uitstekende bronne van energie.

Kry die resepte hier.

Besoek ook die kos-afdeling op ons webblad vir nog heerlike resepte.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.