kategorieë: Ons menseBekendes

kykNET se Welvaartskepper Geo Botha gesels oor sy ma

Geo Botha is ’n gesertifiseerde finansiële beplanner, direkteur, aanbieder en medevervaardiger van kykNET se Welvaartskeppers, skrywer, aanbieder van ’n gewilde podsending en realis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hy het in Pretoria grootgeword, waar hy uiteindelik aan Hoërskool Waterkloof matrikuleer en sy BCom-graad in interne ouditkunde verwerf het aan die Universiteit van Pretoria. Daarna het hy sy honneursgraad deur Unisa voltooi, gevolg deur ’n nagraadse diploma in finansiële beplanning aan die Universiteit van die Vrystaat.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Geo is passievol oor goeie dienslewering.  Sy loopbaanhoogtepunte tot op hede sluit in die suksesvolle bestuur van ’n besigheid saam met sy pa en broer, die verhuising na die Wes-Kaap en die vestiging van kantore daar, en om te sien hoe hul harde werk vrugte afwerp tydens die eerste seisoen van Welvaartskeppers.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hy is deel van ‘n hegte familie en woon tans in Stellenbosch saam met sy vrou en babaseun. Die egpaar is ywerige drawwers en fietsryers en neem dikwels aan driekamp deel. Hulle geniet dit ook om plaaslik en internasionaal te reis. Omdat hy altyd homself, op ’n persoonlike en professionele vlak wil verbeter, hou Geo daarvan om biografieë en selfhelpboeke te lees en, as kosliefhebber, hou hy daarvan om tuis te kook of om nuwe restaurante te probeer.

Ons het by Geo gaan aanklop en ‘n paar vrae oor sy ma gaan vra:

Wat is jou gunsteling-herinnering van jou ma uit jou grootwordjare?

My ma is die steunpilaar van ons huis en was hoofsaaklik die een wat ons vier kinders groot gemaak het. Dit alles terwyl sy ook ‘n kleuterskool onderwyseres vir die nasionale intelligensie was.  Van baie kleins af het ons vroeg opgestaan en saam met haar 40 minute werk toe gery.

Wat bewonder jy van jou ma?

Om vier kinders reg groot te maak is nie maklik nie.  My ma was baie streng, maar liefdevol en ek wil vir haar dankie sê daarvoor – dit het my dissipline en toewyding geleer.

Hoe het jou verhouding met jou ma oor die jare gegroei?

Van baie kleins af het hul my ‘n ‘Mommy’s boy’ genoem en ek wou net by haar wees.  Deur mens se tienerjare wil  ‘n mens mos so bietjie afstand doen van jou ouers, maar soos ek my jong werkende lewe begin het was ek weer baie na aan my ouers en kon hulle raad oor enige iets vra.

Wat is een spesifieke ding wat jy graag nog vir jou ma sou wou doen in die toekoms?

Haar bederf met ‘n oorsese vakansie by ‘n 5-ster hotel, want dis iets wat sy nie self sal doen nie.

Hoe vier julle Moedersdag?

Ons sou gewoonlik almal saam by my ouershuis gebraai het en elke kind sou ‘n dis saam gebring het– so sorg ons dat my ma nie hoef te kook nie en net vir die dag kan ontspan.

Hoe het jou ma dit wat jy in jou lewe bereik het, beïnvloed?

Omdat sy streng was en ons nie onnodig bederf het nie, het ons van kleins af geleer om hard te werk vir wat ons wil hê. Om gedissiplineerd te wees en alles met toewyding aan te pak, dit is van onskatbare waarde.

Wat is een van die belangrikste lesse wat jou ma jou geleer het?

Hanteer almal met respek, bly nederig en weet dat jou krag van Bo af kom.

Wat is een van die snaakste of mooiste oomblikke saam met jou ma?

Toe ons klein was het sy ons altyd ‘Eendjie-park’ toe gevat om vir die eende wat in die park is, te gaan brood voer.  Ons het die varsste brood gekoop, die kors vir die eende gegee en dan die warm binnekant self geëet.

Lees ook: Antoinette Kellerman te sien as Ouma Olive in hartroerende Moedersdagfliek

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

18 hours Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

18 hours Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

19 hours Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

19 hours Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

22 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

22 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.