kategorieë: Leef gesondGesondheid

Lae energievlakke? Lees hier

Dit is einde van die jaar en jy voel moeg … Het jy net ’n vakansie nodig of is daar dalk iets onderliggend fout wat ernstig kan wees? Ons het ’n paar van ons inligtingstukke saamgetrek wat oor moegheid handel. Jy kan van ysterarmoede hê tot uitbranding. Die belangrikste is om egter ’n mediese of sielkundige diagnose te kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lae ystervlakke

Is jy konstant moeg? Kry jy altyd koud? Bly jou naels wit as jy daarop druk? Vind hier uit wat die tekens van lae ystervlakke is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Een simptoom van ysterarmoede is donker kringe om jou oë. Dis egter nie die enigste rede hoekom jou oë so lyk nie. Lees hier.

Jou ystertekort kan veroorsaak word deur verskeie onderliggende toestande. Lees hier om meer uit te vind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit is belangrik om gesond te eet, veral as jy lae ystervlakke het. Hier deel ons ’n lysie van kosse wat ryk is aan yster.

Gaan doen egter toetse by ’n kliniek of jou dokter, want jy kan dalk net ’n tekort hê aan folaat of Vitamien B.

#Oppas! Moenie jouself alleen diagnoseer met lae ystervlakke nie, en moet jouself allermins nie self medikeer nie. Dit kan baie gevaarlik wees as jy die verkeerde dosisse of medikasie gebruik. Spreek altyd ’n klinieksuster of dokter vir raad.

Lae vitamien B-vlakke

Is jy heeltyd moeg? Het jy ’n swak eetlus? Kry jy maklik senuprikkels in jou hande en voete? Vind hier uit wat al die simptome van ’n vitamien B-tekort is.

Vitamien B12 is baie belangrik en kan in sekere kossoorte gevind word. Het jy geweet jy hoef nie net vleis te eet hiervoor nie?

Lees hier om meer uit te vind wat die verskil is tussen lae yster- en lae vitamien B-vlakke.

Uitbranding

Uitbranding, veroorsaak deur langtermyn-spanning, kan jou ook moeg laat voel. Doodmoeg, eintlik. Is jy dalk uitgebrand?

Lees hier en hier om meer uit te vind oor uitbranding en die simptome daarvan.

Hier gee ons die vier fases van uitbranding en hul simptome. Dit is belangrik om bewus te wees van die kenmerke dat jy so gou moontlik uitbranding onder beheer kan kry.

Hier is ook simptome van uitbranding, en Anel Alexander se wenke oor hoe om uitbranding teen te werk.

Toets jouself hier. As jy baie van die simptome ervaar, moet jy jou dokter of ’n sielkundige spreek sodat jy vroegtydig hulp kan kry.

Uitbranding kan oorloop in depressie en omdat ons in ’n kultuur leef waar mans nie altyd toegelaat word om hul emosies te wys nie, is dit belangrik om hier te lees sodat jy dit beter kan verstaan en hulp vind.

Spanning lei nie net tot uitbranding nie – kyk hier na al die uitwerkings wat spanning op jou kan hê.

Dis ook belangrik om die bogenoemde simptome te ken sodat jy kan seker maak dat jou naastes nie dalk uitgebrand raak nie.

Ander oorsake

Ly jy dalk aan digitale uitbranding? Lees hier om meer uit te vind wat dit is, hoe dit werk en hoe om ’n digitale detoks te neem.

Jy het dalk nageboorte-depressie. Lees hier en hier vir meer inligting.

Jy kan gedehidreer wees. Hierdie is boonop belangrik om te weet aangesien ons nou die somer in beweeg, waar die hitte ons kanse op dehidrasie verhoog.

Is jy heeltyd moeg en ervaar jy erge pyn oor jou lyf? Jy moet dalk jouself toets vir fibromialgie.

Ander probleme kan ook chroniese moegheid insluit, so gesels met jou dokter as jy chronies moeg voel.

Jy kan dalk siek wees. Voel dit asof jy griep het? Dit kan dalk selfs malaria wees.

Jy kan diabetes hê of insulienweerstandig wees. Loer hier en hier na die simptome en meer inligting.

Jy kan dalk oorweeg om meer magnesium in te kry. Lees hier waarom en wanneer jy dit moet neem.

Hier is als wat jy moet weet van vitamiene en hoe om dit te kry.

Jy is dalk net moeg aan die einde van die jaar. Ons gee vir jou wenke wat om te doen om meer energie te kry, afhangende van die tyd wat jy tot jou beskikking het. Hier gee ons ook skoonheidswenke sodat jy steeds varser kan lyk (en voel).

Die belangrikste deel …

As jy konstant moeg voel, gaan praat met ’n mediese praktisyn of sielkundige om hulp te kry. Dit is belangrik om te weet wat fout is met jou, maar jou dokter sal help om te identifiseer waar die probleem lê en hoe om dit te behandel. Selfmedikasie kan baie negatiewe effekte inhou as dit verkeerd uitgevoer word.  Onthou ook om altyd eerlik met jou dokter te wees.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.