kategorieë: OuerskapJou lewe

Maak jou kind “groen” groot

Maak jou kind “groen” groot deur Mariette Snyman.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1. Skep ’n herwinningsentrum

Koop of bou herwinningshouers, gee elkeen ’n etiket om aan te dui wat daarin gesit moet word, en leer jou kinders herwin. Dis minder tydrowend as wat jy dink, en baie keer geniet kinders takies soos om die etiket van blikkies af te trek en die blikkie en papier apart weg te gooi.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Julle kan ook ekostene bou met plastiek wat andersins net die aarde sou besoedel, ’n wurmplaas aanskaf of kompos maak van vrugteskille. Span saam om alles wat julle weggooi met ’n ander oog te bekyk en vas te stel of julle dit op een of ander manier kan recycle of upcycle.

Upcycling maak die deur oop vir kreatiwiteit. Krap saam in die houer met herwonne items en kyk wat julle kan gebruik om iets nuuts te skep. Kombineer dit met takkies, blare, sade en span dit verbeeldingryk in om ’n fort, kasteel of koninkryk vir Lego-figuurtjies te bou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Ja, jy kán tuis herwin!

2. Sorg dat speelgoed nuwe maats kry

Die speelgoed waarmee jou kinders nie meer speel nie, vergaar net stof en neem boonop plek op. Gee dit saam met ongebruikte klere weg sodat iemand anders plesier daaruit kan put.

#rrWenk: Skoolvakansies is ’n goeie tyd om saam met jou kinders deur hul speelgoed te gaan en te besluit wat geskenk kan word.

Lees ook: Pak ’n eko-vriendelike kosblik

3. Koop tweedehands

Die moderne verbruikerskultuur het ons gebreinspoel om sleg nuwe items aan te skaf, maar al meer winkels en aanlynwinkels moedig ons aan om “min gebruikte” of “pre-loved” klere, boeke en speelgoed te koop.

Dit tel in almal se guns as ons besittings só deel en dit ’n langer leeftyd gee. Dit beteken ook dat ons meer bewustelik koop en geld spaar.

#rrWenk: Klere en speelgoed kan ook van ouer maatjies, bure, of niggies en neefs geërf word.

Lees ook: 9 Maklike maniere om plastiekvry te lewe

4. Kweek julle eie kos

Kweek groente in ’n krat, oorweeg ’n hoenderhok, plant kruie of vrugtebome en laat jou kinders toe om eienaarskap daarvan te neem. Vra hulle om blare vir die slaai te gaan pluk, eiers uit te haal, of om die suurlemeonboom nat te gooi.

Laat hulle ervaar waar die kos op die tafel vandaan kom en sluit die groot handelaars uit deur jul eie organiese lekkernye te produseer.

Lees ook: 8 slim wenke om jou eie groentetuin te begin

Jy kan ’n organiese groentetuin begin!

Die maklikste groente om te kweek

5. Snoepgoed: koop slim

Leer die gewoonte aan om voorkeur te gee aan snacks wat nie in omhulsels kom nie – die omhulsels gaan tien teen een tot besoedeling bydra. Koop grootmaat aan; dit spaar tyd, geld en verpakkingsmateriaal.

Skep snoepgoed uit in herbruikbare glashouers of BPA-vrye houers. Rosyne, gedroogde mango, appelringe, jogurt, bevrore bessies en neutbotters is gesonde opsies.

Hoe lyk dit? Dalk kan jy en jou kinders heerlike tuisgemaakte muffins bak, of botterbroodjies met suurlemoenjogurt, en dit wat oorbly in die vrieskas bêre.

Loer hier na heerlike resepte wat jy saam met jou kinders kan maak.

6. Kuiertjies by Moeder Natuur

Om die natuur te kan waardeer en ’n bewuste aardbewoner te word, moet ons tyd in die natuur deurbring.

Gaan stap saam met die kinders, vaar op ’n kanoe, of ry bos toe – enige plek waar daar wilde diere is. Gaan pluk bessies, ry fiets op ’n fietsroete, of gaan strand toe op ’n sonnige dag. Gaan kamp oor ’n naweek en kyk ure lank sterre, veral as julle dit nog nie voorheen gedoen het nie.

Hierdie slow time-aktiwiteite bou die mooiste gesinsbande, verbreed ons kinders se uitkyk en kweek gesonde waardes.

Lees ook: 10 maklike stappe nader aan ’n zero waste-leefstyl

7. Skep saam ’n leerkultuur

Maak jou kinders bewus van chemikalieë, skermtyd, en te veel suiker, en hoe hierdie dinge jou laat voel. Verduidelik wat die verskil tussen natuurlike en sintetiese produkte is, en hoe dit wat ons eet en aan ons vel smeer saak maak.

Lees ook: Organiese materiale in jou huis

8. Eer die aarde

Vierings skep gesinstradisies – en ons kan die aarde en die natuur vier! Doen moeite met Aardedag, Boomplantdag en Wêreld-oseaandag, en skakel die ligte af gedurende Aard-uur. Geniet dit om bewustheid te skep en maak dit vir almal lekker!

Lees ook: Organiseer jou huis slim en stylvol

Bron: Pure Beginnings: www.purebeginnings.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.