Maklike toevousampioenpasteitjies
Ingredients
- 10 ml (2 t) elk olie en botter
- 1 ui, baie fyn gekap
- 1 knoffelhuisie, fyn gekap
- 60 ml (. k) brandewyn
- 80 ml (? k) haselneute, liggies gerooster en gekap
- 45 ml (3 e) tiemieblaartjies
- PASTEIE
- 4 reuse- bruin sampioene (steak mushrooms)
- 30 ml (2 e) olyfolie
- sout en gemaalde swartpeper
- 1 x 400-500 g klaarbereide blaardeeg, ontdooi
- 1 eier, liggies geklits
- 30 ml (2 e) botter
- 30 ml (2 e) tiemieblaartjies
- 300 g eksotiese sampioene, soos sjimeji, enoki en sjiitake
Instructions
Voorverhit die oond tot 200 °C.
MAAK EERS DIE HASELNEUTKRUMMEL
1 Smelt die botter en olie in ’n pan en braai die uie en knoffel tot deurskynend en sag.
2 Gooi die brandewyn by en laat wegkook. Voeg die haselneute en tiemie by en braai vir nog 3-4 min.
3 Hou eenkant.
4 Sit die bruin sampioene op ’n bakplaat en sprinkel olyfolie oor. Geur met sout en peper en bak vir 15 min. tot net sag. Laat afkoel.
5 Rol die blaardeeg liggies op ’n skoon, meelbestrooide werkvlak uit. Sny vier 12 cm x 12 cm vierkante en verf die deeghoekies met eier.
6 Vou elke gebakte sampioen met die hoekies van die deeg toe en verf met die res van die eier.
7 Strooi 30 ml (2 e) van die haselneutkrummel oor elke sampioen.
8 Bak vir 25 min. tot goudbruin en gaar.
BRAAI INTUSSEN DIE ANDER SAMPIOENE
1 Smelt die botter en tiemie saam en braai die sampioene tot goudbruin en gaar.
2 Sit die sampioenpasteie met die gebraaide eksotiese sampioene en ’n paar marjoleintakkies voor.