Margaret se Wêreld: Laat die kos skitter

Margaret se Wêreld: Laat die kos skitter deur Margaret Gardiner. Hooffoto: Margaret Gardiner.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Op die dae wat ek nie werk nie, toets ek al die baie produkte wat aan my geskenk word. Ja, ek is werklik bevoorreg om allerhande lekker toetsprodukte te kry om te probeer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek’s verlief op Olay se Definity Highly Defined Anti-Aging Deep Penetrating Foaming Moisturiser. Jy spuit dit op die agterkant van jou hand en dan pof dit in ’n skuim op, amper soos haarmousse. Dan smeer jy hierdie heerlike skuim aan jou gesig. Dit prikkel effens soos die lugborreltjies jou vel gladder maak – ten minste, dis hoe ek dit ervaar! Dit gee my vel dadelik ’n glansende voorkoms en dis baie maklik om aan te wend. Ek gaan beslis hiervan aanskaf sodra my proefgrootte botteltjie opgebruik is.

Definity Highly Defined Anti-Aging Deep Penetrating Foaming Moisturiser, Olay

Vandag woon ek die onthulling van die Golden Globes se spyskaart by. Die kos is werklik die ster by hierdie geleentheid, so ek voel ek kan ’n bietjie informeler met my voorkoms wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek is ook besig om ’n sjampoe wat ek gekry het, te toets. Ek blaas my hare rofweg droog terwyl ek ontbyt eet en wag vir die sonroom wat ek pas aangesmeer het om geabsorbeer te word. Ek wend daarna ’n ligte onderlaag aan en ek besluit dat ek vandag nie maskara sal dra nie. Terwyl ek regmaak raak ek só verveeld om na myself in die spieël te kyk. Op kere soos hierdie waar ek nie afgeneem gaan word vir ʼn artikel nie, hou ek daarvan om ’n bietjie met my voorkoms te eksperimenteer. Soms is ek meer suksesvol as ander kere.

Vandag probeer ek ’n swaarder oogomlyner – Dior se Diorshow On Stage Liquid Eyeliner – en ’n meer neutrale lipkleur.

Dior se Diorshow On Stage Liquid Eyeliner

Teen hierdie tyd is my hare al amper droog en ek kam my vingers daardeur. Interessant genoeg merk ek op dat my oë baie meer verfris lyk as gewoonlik. Ek is nie meer so uitgeput soos die weke vantevore nie en ek het ook onlangs onthou om ’n bietjie meer water te begin drink. Natuurlik is daar steeds plooitjies om my oë, maar hulle is beslis sagter. Dit sal interessant wees om te sien hoe hulle lyk as ek uiteindelik weer al my slaap opgevang het!

Ek moet netnou ook my aandrok vir die Golden Globes gaan aanpas. Dis van dieselfde ontwerper wie se rok ek gedra het by die Mej. SA-skoonheidskompetisie vroeër vanjaar. Hy onthou nog die keer toe ek die Mej. Heelal-kompetisie aangebied het. ’n Suid-Afrikaanse ontwerper het vir my ’n rok gemaak – dit was perfek en ek het dit nie eens voor die tyd aangepas nie! Dié rok was rooi, en die ontwerper vir my Golden Globes-rok wil hê dat ek weer rooi moet dra vir hierdie geleentheid. Ek wil eintlik iets blinks dra. So ons sal maar sien.

Lees ook: Margaret se Wêreld: Mej. SA 2018

Vir alles wat ek vandag moet doen, wil ek gemaklik sowel as professioneel lyk. Ek kies ’n broek met wye pype van Zara en ’n turkooiskleurige trui met klein kolletjies op om my neutrale grimering te komplementeer. Ek dra plat skoene van H&M want die geleentheid vind plaas op ’n grasperk en ek wil beslis nie ’n ontwerperhakkie met gras en modder bemors nie! H&M het praktiese pryse en modieuse style. By hierdie uitrusting dra ek ʼn paar swart pêrel-oorbelle en my Dior-sonbril en ek kies koers na die Beverly Hilton Hotel in Beverly Hills.

Die hotel is reeds vir die feestyd versier en daar is baie Kersbome en Hannukkah-versierings. Ek maak ’n draai in die kombuis waar die uitvoerende sjef, Matthew Morgan, nie net wys hoe om ʼn watertandspyskaart te skep nie, maar een wat ook bestanddele bevat wat hy in sy eie groentetuin kweek. Wanneer jy kos maak vir die wie’s-wie van die vermaakwêreld moet jy weet dat hulle die beste kos van die beste sjefs in die wêreld eet. Morgan voel egter geen druk nie, want hy is van die mening dat as jy produkte van die hoogste gehalte voorsit dan sal dit ’n ieder en elk van die 1 500 gaste gelukkig (en versadig) hou. Die goue reël is om nie enige oorweldigende geure te gebruik nie. Niks soos kerrie of iets waarvoor sommige gaste dalk sensitief sal wees nie. Morgan skep drie spyskaarte vir die HFPA en dan het ons die moeilike werk om elkeen te proe en dan uiteindelik die beste spyskaart vir die geleentheid te kies.

Vanjaar begin die ete met ’n soetpatat-vichyssoise met wilde mikrosprietuie wat die sjef ses weke gelede self geplant het. Dan is daar goue preie, Organix rooigranaat-yams en geroosterde pampoensade. Hier moet jy kennis neem dat die kleure van die spyskaart goud is, vir die Golden Globes-tema. Die hoofgereg is ’n Chileense seebaars, verbode-swartrys, wit-en-groen aspersies, wortelbolle, krakerige kruieblare en ’n soetrissie-concasse. Vir vegetariese gaste is die hoofgereg ’n gevulde botterskorsie met Piquiilo-peper-hummus, gesmoorde reënboogspinasie, krakerige kekerertjies, quinoa, goue rosyntjies en sonneblomspruite.

Uitvoerende sjef Matthew Morgan by die Beverly Hilton Hotel in Beverly Hills, CA. Foto: Magnus Sundholm vir die HFPA.

Dan kom die nagereg.

Uitvoerende soetgebakchef Thomas Henzi het ’n glutenvrye nagereg geskep. Die basis is ’n meelvrye sjokoladekoek met ’n sjokoladeganache-glasuursel. Daar bo-op kom ’n skeppie Amaretto-roomkaas met ’n pistasieneutkern en witsjokolade bo-oor. Die praline is ’n aarbei-cassiskoepel met donkersjokolade-versiersel.

Natuurlik is geen ete afgerond sonder ’n spesiale drankie nie. Terwyl die Moët et Chandon altyd mildelik vloei, is daar ook ’n spesiale skemerkelkie vir die aand geskep deur die aktrise en filmmaker Camilla Belle. Die Moët Belle bevat Cachaca, mangosap, gemmerstroop en lemmetjiesap wat dan met ys geskud word en gegiet word in ’n coupé-glas met ’n skeutjie Moët et Chandon Imperial Brut. Hierdie vonkelkonkoksie word gekroon deur ’n eetbare tropiese blomversiering.

Die tema van goud is regdeur die spyskaart uitgebring, asook in die Moët Belle. Dit word ook herhaal in die blomrangskikkings op die tafel wat deur Mark’s Garden geskep is. Hierdie blomme word spesiaal gekweek en gaan die aand van die Golden Globes in volle fleur wees.

Kyk uit vir my op 6 Januarie wanneer ek met die sterre by die 76ste Golden Globes gaan gesels oor wat hulle dra.

Lees ook Margaret se onderhoud met Sam Heughan

Volg gerus Margaret se blog vir rooi rose waar sy ons vertel oor haar interessante en besige lewe. Jy kan haar ook volg op Instagram, facebook, twitter en haar YouTube-kanaal waar sy met bekendes gesels.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.