Genoeg vir 4.
Bestanddele
- 5 ml (1 t) gekapte gemmer
- 5 ml (1 t) gekapte knoffel
- 20 ml (4 t) olyfolie
- 45 ml (3 e) lemoensap
- 15 ml (1 e) masala (ons gebruik nomu se indian rub)
- 500 g salm
- 500 g koningklip
Salsa
- ’n ¼ pynappel in blokkies gekap
- ’n ½ papaja in blokkies gesny
- 1 rooi ui in blokkies gesny
- 2 gaar mielies waarvan die pitte afgesny is
- ’n hand vol gekapte pietersielie en ’n hand vol kruisement.
- Druk die sap van ½ lemoen oor en meng versigtig deur.
Metode
- Meng die gemmer, knoffel, 15 ml (1 e) van die olyfolie, lemoensap en masala. Hou eenkant.
- Sny die visse in 4 cm x 4 cm blokkies en ryg op stokkies.
- Verf met die gegeurde smeer.
- Verhit die res van die olyfolie in ’n braaipan en braai die vis alkant tot gaar en ondeurskynend.
- Sit met die sonnige salsa en ekstra koljanderblare voor.
