kategorieë: Ons menseBekendes

Mel die Storieverteller: Van TikTok na Teater

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vir so lank as wat sy kan onthou, vertel Melanie du Toit stories deur karakters, kuns en verhoogproduksies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dié Afrikaanse skrywer en sensasie op sosiale media, beter bekend as Mel die Storievertellerse komiese inhoud het al vir 270 000 TikTok-volgelinge gesorg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees nog: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die komedie-inhoudskepper Mel die Storieverteller

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sy het vanjaar haar eerste komiese eenvrouvertoning, ‘Almal is Mal!’ geskryf en opgevoer. Haar debuutvertoning in Mei by die Atterbury Teater in Pretoria het tot haar verbasing uitverkoop en nou het sy al meer as 40 keer hierdie vertoning regoor die land opgevoer.

“Ek dink die vertoning is so gewild omdat dit snaaks is en dit ‘n baie mooi boodskap oordra wat almal moet hoor,” meen sy.

Die komiese teks van Almal is Mal! gaan oor haar ervarings in Londen as ‘n 21-jarige ‘konserwatiewe meisie’ en hoe sy vinnig besef het dat almal in die wêreld eintlik mal is (party steek dit net baie beter weg as ander).  Mel deel humoristiese staaltjies oor die drie ‘wesens’ saam wie sy ‘n kamer moes deel, hoekom sy matte bo teëls verkies en die vier vlakke tydens ‘n partytjie. Sy stel ook haar dronk alter-ego, Melissa, in die vertoning voor.

“My grootste inspirasie vir my stories is mense en die mal dinge wat ons almal aanvang. My vertoning fokus op mense wat almal bietjie eienaardig is en mal dinge wil doen, maar hulself moet inhou omdat hul bang is vir ander se oordeel,” vertel sy.

Mel beloof om in 2024 aan te hou om gehore se lagspiere te oefen met die bekendstelling van haar tweede komiese stuk, ‘Dik Deurmekaar.’

Hierdie nuwe vertoning sal weereens die lyne tussen ‘stand-up comedy’ en ‘n verhalende eenvrouvertoning vervaag. In die stuk gesels en vertel sy van die eerste keer toe sy die sensasie van verwardheid in Juffrou Draak se klas ervaar het en hoe sy die res van haar skooljare moes vrede maak met die feit dat alles, veral matriekafskeide en haarstyle, ‘n “hengse deurmekaarspul” is. Mel lewer ook haar komiese opinie oor die onverstaanbare obsessie met visvang en ander mense se seksuele oriëntasie en deel snaakse waarnemings van ‘straight couples’, die landslied, slimfone en ‘fancy’ karre.

Die trouklokke lui ook vroeg volgende jaar vir dié komediant en haar verloofde, Ronald Welgemoed.

“Die lekkerste ding vir ons is dat ons dit presies soos ons wil, kan reël . Nie ek of Ronald hou van sukkel of admin nie.”

Die paartjie beplan dus ‘n nie-tradisionele naweektroue “sonder tierlantyntjies” in die Weskus, wat konvensies uitdaag en liefde op húl voorwaardes vier.

Behalwe vir haar komiese bekwaamheid, is Mel ook ‘n ekspressionis wanneer dit by mode kom. Sy moedig vroue aan om veral kleur sonder vrees te omhels.

“Hou op om bang te wees dat jy te veel aandag trek omdat jy nie dra wat almal dra nie. Wat is nou die ergste wat kan gebeur? Iemand gaan dalk vir jou sê jy lyk soos ‘n sirkus, maar as jy hou van die sirkus, dan doen jy dit vir jouself. Ons moet ophou vir mans of ander mense aantrek,” raai sy aan.

Mel glo dat die sleutel tot die inkorporering van kleur klein kan begin – met kleurvolle oorbelle of skoene met ‘n motief op.

Volg haar op TikTok, Instagram en Facebook!

Lees ook: 10 redes waarom jy die Januarie-uitgawe van rooi rose móét lees!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig versorg deur Mariette Snyman. Foto's Pexels “Gedrukte…

4 hours Gelede

Die regte medisyne vir verkoue

JY KAN jou seer keel en koors self dokter én stukke beter voel. Ons wys…

9 hours Gelede

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

1 day Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

1 day Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

1 day Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.