May/December – ’n Netflix-fliek met Natalie Portman en Julianne Moore

Deur Margaret Gardiner

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wanneer Natalie Portman vir jou ’n draaiboek stuur, moet jy regopsit. Dit was tydens die toppunt van Covid 2022. Todd Haynes (Far from Heaven, Carol, I’m not there) was besig om deur ’n hele paar draaiboeke te lees op soek na ’n volgende projek. “Hierdie een het met sy selfvertroue en ongemak deur die geraas gesny. Die kyker interpreteer en verander dan hul etiese standpunte. Daar is ’n gevoel dat die etos verskuif, en daar is heelwat humor.” Die regisseur verduidelik wat hom tot May/December aangetrek het. Die fliek is geïnspireer deur Mary Katherine Schmitz Letourneau, die onderwyseres wat tronk toe gegaan het vir die tweedegraadse verkragting van haar 12-jarige student en wat toe sy uit die tronk vrygelaat is, met die student (Vili Fualaau) getrou en ’n gesin begin het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

In hierdie weergawe wat op fiksie gegrond is, bring die fliek ons op hoogte van die May/December-paartjie 20 jaar nadat hul eerste kind kollege toe gaan. Dit verbeel ’n scenario waarin die mishandelde kind, Joe (nou ’n man en wat deur Charles Melton vertolk word) nadink oor sy deelname in die seksuele gebeure. Vili het eintlik van die begin af aangedring dat die verhouding met toestemming was. Nadat die verhouding beëindig is, het hy sy woorde teruggetrek en aan People Magazine gesê dat die verhouding van die begin af ongesond was en dat hy mishandel is. Natalie Portman (Black Swan, Thor: Love and Thunder) is die aktrise wat by die gefiksionaliseerde gesin inval om die voormalige onderwyser (Julianne Moore) te bestudeer sodat sy haar in ’n opkomende rolprent kan speel wat die opruiende verhaal vertel.

Charles Melton as Joe, Todd Haynes het die regie behartig en Julianne Moore as Gracie Atherton-Yoo. (Foto: François Duhamel /Netflix)

Todd, wat van Los Angeles kom, brei verder uit waarom hierdie vuurwarm rolprent vir die komedie/musiekfliek-afdeling van die Golden Globes vir oorweging gestuur is. “Die humor is waarnemend en op die karakters gegrond. Dit kom uit ’n baie versigtige manier om die dinamika en teenstrydighede van die karakters te ondersoek. Dit word verweef in die maniere hoe ons ons lewens oorleef danksy die leuens en stories wat ons vir onsself vertel om deur ’n krisis te kom en om te verduur. Dis wanneer ons lewens en keuses wat ons gemaak het nie meer vir ons werk nie, dat ons daardie werklike uitdagende plek in die gesig moet staar waarheen ons moet gaan: Ek moet na myself kyk.” Terwyl die storie effens van ’n kat-en-muis-speletjie tussen die vroue in die hoofrolle is, gaan dit eintlik oor die heroorweging van gebeure.

“Natalie is die vernietiger wat inkom en alles bietjie omverwerp. Deur dit te doen, bied sy aan Charles se karakter die geleentheid om homself, sy vrou en sy lewe te bevraagteken.” Todd brei uit: “Dis wat my so van hierdie fliek getref het. Die ander rede was dat daar ’n tweede formidabele vroulike rol was. Ek het na Julianne Moore uitgereik wat Gracie – die oortreder speel. Sy was so opgewonde om saam met Natalie te speel.” Julianne en Todd het al op vier vorige projekte saamgewerk.

Natalie, wat ook ’n vervaardiger is, vervolg die res van die verhaal. “Toe ek die draaiboek gekry het, was ek absoluut obsessief daaroor, veral ten opsigte van die vroue as persoonlikheidsrolle.” Sy verwys na die vernuftige aspekte van ons persoonlikhede wat ons aan die wêreld wys en hoe dit afhangende van blootstelling afspeel. “Die verskillende rolle wat ons in ons lewe speel is so kern van wat ons bevry of wat ons vasgevang hou.” Julianne stem saam: “Gracie wil so graag Elizabeth se goedkeuring hê. Sy wil hê Elizabeth moet die beeld sien wat Gracie uitstraal van al die goeie dinge wat vir haar reg is.”

Die aktrise van Boogie Nights en Crazy, Stupid, Love wat haar loopbaan met die sepie As the World Turns afgeskop het, voeg by: “Ek stel belang in dinge wat genuanseerd, gekompliseerd en werklik is. Die fliek spreek die stories aan wat ons vir onsself vertel. My karakter het hierdie een narratief wat sy vir die wêreld voorhou teenoor die storie van wat eintlik gebeur het. Die ruimte tussen hierdie twee stories is baie wyd. Mense voel die meeste soos hulself hoe nader daardie stories aanmekaar is. Dit is fassinerend – die spanning tussen wie sy is en hoe sy haarself daarbuite sit. Wanneer iemand baie oortree het – soos wat Gracie gedoen het – en dis ’n yslike oortreding, voel iets af. Dis die tipe rolle waarin ek belangstel om te verken, want ek voel dis die dinge wat ons in die lewe mee te doen kry.”

Julianne Moore as Gracie Atherton-Yoo saam met Natalie Portman as Elizabeth Berry. (Foto: François Duhamel / Netflix)

Terwyl dit fassinerend is om die twee Oscar-wenners dop te hou, sou hul belaaide spel nie sonder Charles Melton se skitterende vertoning gewerk het nie. Toe hy die toetslopie met Julianne gelees het, het hy buite gestaan en na haar en Todd geluister. Hy was vreesbevange. Niks van sy angs is in die vertoning sigbaar nie.

Charles, wie se pa Koreaans en sy ma wit is, was opgewonde om ’n karakter te vertolk waar etnisiteit irrelevant is. Die akteur wat in Riverdale en Glee gespeel het, het geniet hoe Natalie se karakter die idee van ’n familie afgebreek het. “Hy is in die middel van hierdie twee karakters wat baie seker van hulself is. Natalie se karakter, as die aktrise, is indringend. Sy vra aan Joe vrae wat hy homself nog nooit afgevra het nie. Regdeur die fliek is hierdie verhinderde ontwikkeling op die oppervlak. Ons verwerk in die werklike tyd wat Joe verwerk.”

Julianne deel dat gedurende die 23 dae wat hulle in Savannah, Georgia, geskiet het, het Natalie met haar as karakter op ’n baie gerusstellende manier met haar as akteur in wisselwerking getree. Sy lag: “Dan wanneer die toneel terugspeel, kon ek sien hoe Natalie dit vir my gee, maar wanneer ek nie kyk nie iets doen wat absoluut verskriklik vir my karakter was.” Sy knik ingenome en haar oë vorm skrefies. “Dit was ’n absolute vreugde. Dis min wat ek verhoudings met vroue op skerm kan uitbeeld wat so intiem is en nie ’n ma-dogter-verhouding of liefdesverhaal is nie.”

Natalie stem saam. “Ek was eers so senuweeagtig om maniere te vind om Julianne se karakter te word. Toe ons ons eerste toneel saamgedoen het en Julianne met daardie stem praat, het dit vir my ’n goeie invalshoek gegee.” Sy voeg droog by: “In die werklike lewe wanneer jy ’n joernalis, akteur of iemand is wat goed dokumenteer, moet jy sensitief wees tot watter mate die vertolking of navorsing met die uitgebeelde storie inmeng. Elizabeth, die aktrise, gaan werklik vir ’n etiese benadering. Dis was die storie so pret maak.”

Volg Margaret op Facebook, Twitter en Instagram!

Lees ook: Nyad: Margaret Gardiner gesels met Annette Bening en Jodie Foster

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig versorg deur Mariette Snyman. Foto's Pexels “Gedrukte…

11 hours Gelede

Die regte medisyne vir verkoue

JY KAN jou seer keel en koors self dokter én stukke beter voel. Ons wys…

16 hours Gelede

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

1 day Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

2 days Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

2 days Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.