kategorieë: Ons menseBekendes

Michelle se piekniek, TikTok en ’n verrassende aankondiging – Die Real Housewives van die Wynlande

Ná die ontploffing aan die einde van episode vier verlede week, lei van die huisvroue nog aan bomskok.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Michelle nooi Anita uit om na juwele te gaan kyk in Stellenbosch sodat hulle van “bos en rof en onbeskof” na ’n bietjie “sauve” kan gaan. Anita vra Michelle dadelik hoekom sy in die bos ontplof het en sy sê dis oor daar ’n “geklaery, getewery en ondankbaarheid” was.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Michelle en Anita is ook steeds in ongeloof oor Mariska en Candice se vrae oor ontrouheid in verhoudings by aandete op die laaste dag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Aan die anderkant van Simonsberg vertel Mariska haar man, Quintus Thorpe, hoe die naweek in die Laeveld verloop het terwyl hulle die “plaaslike sport” in Franschhoek – tennis – speel. Quintus hoor dat Michelle hom as ’n “pou” beskryf het en hoe elke vrou ’n Suid-Afrikaanse wilde dier moes kies waarmee hulle kan identifiseer. “Hy is bietjie van ’n pronker en hy hou daarvan om sy vere te skud,” sê Mariska glimlaggend oor die vergelyking.

In Stellenbosch merk Anita op, terwyl sy na talle blink stene kyk, dat mens nooit “te ryk of te maer” kan wees nie. Michelle reageer skertsend in haar videodagboekkamera: “Ek weet nie. Ek is nie in die risiko om daarby uit te kom nie. Nie gou nie. Of te maer nie. Duidelik sy ook nie.”

Michelle noem dat hulle “ ’n TikTok” gaan maak, maar Anita “weet glad nie wat dit is nie.”

Amy gaan kuier by Karen om bietjie te gesels oor die naweek en uit te vind hoekom sy so vreeslik omgekrap was oor Mariska wat laat opgedaag het. Karen sê toe: “Nee. Die eerste dag was dit Candice. Die tweede dag was dit Mariska.” In haar videodagboekkamera is Amy se kommentaar: “Sy kan haar so strip oor niks.”

Karen bieg dat sy baie naby daaraan was om Mariska in die swembad te stamp.

Michelle ontmoet die Survivor-wenner en sosialemediabeïnvloeder Nicole Eksteen, wat haar advies gee oor hoe om haar beeld op sosiale media te verander, want Michelle wil nie meer as die “botokstannie” bekend staan nie. Sy wil ook in die vermaaklikheidsbedryf wees en selfs haar eie televisieprogram hê.

Sy noem aan Nicole dat sy saam met die ander huisvroue ’n TikTok-video wil maak. Nicole se reaksie: “Ek cringe sommer al klaar. Ou dames en TikTok – dis olie en water.”

Amy en Erich ontmoet Mariska vir koffie om te kyk of hulle nie kan help om die konflik tussen haar en Karen te ontlont nie. Mariska weier egter om weer “jammer” te sê omdat sy reeds haar “wit vlag” gewaai het toe sy in die Laeveld aangekom het.

’n Diereprater kom kuier by Karen se huis en hulle gesels oor trauma wat sy nog nie verwerk het nie. “Hulle sien as ek alleen in die aand huil. So ja, hulle is baie ingestel op my en baie goed wat in die huis gebeur het. Hulle gaan stoor dit,” sê ’n tranerige Karen toe sy praat oor haar hondjies.

By Michelle se piekniek, waar colour blocking as kleredrag afgespreek is, arriveer die dames en Anita is, tot Michelle se skok, in ’n blomrok. Karen daag laat op, wat Mariska veral amuseer omdat sy so uitgevaar het teenoor haar toe sy by die wegbreeknaweek laat was. “Hoekom kan hierdie slim vrouens net nooit betyds wees nie?” vra Anita in haar videodagboekkamera.

By die piekniek stel Michelle die vroue in kennis dat hulle met die hulp van Nicole ’n TikTok gaan maak. “Ek het geweet dit gaan nie ’n normale piekniek wees nie,” sê Candice, glad nie verbaas nie.

Ná ’n lekker oefensessie begin die vroue met ’n ellelange pamperlang vir hulle lywe. Daarna doen elke huisvrou hul deel van die TikTok in spoggerige uitrustings. Dit sorg vir groot sports – veral toe Karen haar deel doen en die ander huisvroue onderlangs lag. Karen vind dit egter nie snaaks nie en probeer hulle stilmaak: “Nee, julle jaag nou k*k aan. Ek raak nou kwaad.”

“Sy het dit persoonlik opgeneem dat ek vir haar lag en sy het haar bietjie vir my geruk maar die manier wat sy haar vir my geruk het, wil my net meer laat lag,” sê Amy geamuseerd in haar videodagboekkamera. “Ek het haar eintlik jammer gekry, want sy het moeg gelyk,” sê Candice op haar beurt.

Anita verras almal met haar aankondiging dat sy weer die huisvroue na haar huis toe nooi. “Ons is nou weer in Anita se goeie boekies ná vanaand. So, yay vir ons,” sê Mariska aan die einde van die episode.

Die Real Housewives van die Wynlande wys Donderdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Episodes is ook beskikbaar op DStv Catch Up.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Chanelle de Jager – oor Projek Dina se derde seisoen

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Die regte medisyne vir verkoue

JY KAN jou seer keel en koors self dokter én stukke beter voel. Ons wys…

2 hours Gelede

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

19 hours Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

23 hours Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

1 day Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

2 days Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.