’n Vreugdevolle feestyd
’n Vreugdevolle feestyd: Feestelike koekstruif
Serves: 4
Cooking Time:
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Feestelike koekstruif
- Bedien 8 – 10
- Maklik
- 1 uur + 10 uur/oornag om te stol
- Maak jou koekstruif ’n dag of twee voor die tyd aangesien die jellie 8 ure nodig het om te stol.
- Bestanddele
- Jellie
- 10 (24g) gelatienvelletjies
- 125 ml (½ k) water
- 2 t vanielje-ekstrak
- 260g strooisuiker
- 125ml (½ k) suurkersievrugtestroop
- Sap van 1 suurlemoen
- 1 x 750ml bottel droë witwyn
- 1 x 125g bakkie frambose
- 1 x 100g bakkie aarbeie, stingeltjies verwyder, sommige gehalveer en ander in kwarte gesny
- Om aanmekaar te sit
- 700g Vanielje-gegeurde vla
- 1 x 400g sponskoek, in 2cm-blokkies gesny
- 100ml sjerrie/nageregwyn
- 250g bevrore gemengde bessies, ontdooi en saam met 35g SPAR-versiersuiker gemeng
- 2 x 300ml-bottels langlewe room, tot sagtepuntstadium geklits saam met 35g versiersuiker en 1 t vanielje-ekstrak
- vars bessies-in-seisoen van jou keuse om mee te versier
- granaatpitte om mee te versier
Instructions
- Vir die jellie, week die gelatienvelletjies in ’n bakkie koue water tot sag, ongeveer 5 minute. Druk die oortollige water uit die sagte gelatien en sit eenkant.
- Plaas die 125ml (½ k) water, 2 t vanielje geursel en die strooisuiker in ’n groot pot en bring tot kookpunt oor matige hitte. Verwyder van die hitte en roer die sagte gelatien by. Roer goed tot die gelatien opgelos is. Voeg die vrugtestroop, suurlemoensap en vonkelwyn by. Klits tot goed gemeng.
- Sit die mengsel in die yskas en roer dit elke 15 minute tot die jellie byna geset is, maar steeds bietjie loperig is, ongeveer 2 ure.
- Gooi die jellie in ’n 3-liter koekstruifbak of glasbak. Voeg die frambose en gesnyde aarbeie by. Roer tot al die bessies goed versprei is. Bedek die bak met kleefplastiek en plaas in die yskas tot heeltemal gestol, ongeveer 8 ure of oornag.
- Net voor jy bedien, gooi ’n lag vla oor die jellie. Plaas die koek blokkies bo-op en bedruip met die sjerrie/nagereg wyn. Voeg ’n laag ontdooide bessies by en skep die geklopte room, wat met die versiersuiker en 1 t vanieljegeursel gemeng is, bo-op. Versier met die seisoenale bessies en granaatpitte. Bedien dadelik.
Catherine Schenck
Lees Meer
Beste gesmelte kaasbroodjies
12/09/2024
Varkvleis: Kook een keer, eet drie keer
12/09/2024
Laekoolhidraatbeskuit
12/09/2024