kategorieë: Ons menseBekendes

Natasha Joubert gekroon as Mej Suid-Afrika 2023

Natasha Joubert is as Mej Suid-Afrika 2023 gekroon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Mej. Suid-Afrika het op Sondag 13 Augustus by die Sun Bet Arena by Time Square Menlyn in Pretoria plaasgevind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bonang Matheba het haar terugkeer as seremoniemeester vir die kompetisie gemaak en die sterbelaaide paneel van beoordelaars het uit Leandie du Randt, Devi Sankaree Govender, Mej Heelal R’bonney Nola, Thuso Mbedu en Jo-Ann Strauss bestaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Mej. Suid-Afrika 2022, Ndavi Nokeri, se raad aan die nuwe Mej Suid-Afrika, wat sy later sou kroon, was:

“Die kroon definieer nie jou en die vrou wat jy is nie, jy definieer hierdie kroon.”

In wat die kompetisie sy “mees keurige oomblik van die aand” genoem het, moes die top vyf finaliste, Homba Mazaleni (23), Nande Mabala (25), Natasha Joubert (25), Bryoni Govender (26), Melissa Nayimuli (27), dit in vraerondtes uitspook om te bepaal wie die kroon sou dra.

Nande Mabala het die derde plek behaal, met Bryoni Govender wat die naaswenner-titel ingepalm het en Natasha Joubert wat haar kroon as Mej Suid-Afrika 2023 verdien het.

Die 25-jarige, afkomstig van Pretoria in Gauteng, is ‘n BCom Bemarkingsbestuur-gegradueerde en die eienaar en ontwerper van Natalia Jefferys, ‘n modehandelsmerk wat sy op 19-jarige ouderdom begin het.

Baie herken Joubert dalk van Mej Suid-Afrika 2020, toe sy as naaswenner aangekondig is en Suid-Afrika in 2021 by die Mej Heelal-kompetisie verteenwoordig het.

Nie net kry die nuwe Mej Suid-Afrika ‘n splinternuwe kroon nie, sy ontvang ook pryse en borgskappe ter waarde van meer as R3 miljoen.

Natasha het ure voor die groot geleentheid Sondag ‘n plasing op Instagram gedeel:

“Ek is hier, reg vir jou Suid-Afrika. Vanaand is die aand.”

Nadat sy as Mej Suid-Afrika 2023 gekroon is, het Joubert ‘n video van die trotse oomblik gedeel:

Baie geluk, Natasha!

Lees ook: Springbok-slot Eben Etzebeth kuier by Binnelanders

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

3 hours Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

3 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

3 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

3 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

3 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.