kategorieë: Ons menseBekendes

Nico Panagio terug op kykNET in nuwe reeks

’n Nuwe dramareeks maak op 17 Oktober om 20:00 sy debuut op kykNET (DStv-kanaal 144).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Nico Panagio, bekend vir sy rol in kykNET se Vallei van Sluiers en flieks soos Semi-Soet en Vrou soek boer, is te sien as een van die hoofakteurs in hierdie aksiebelaaide drama met die titel Straat.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In Aarbeistraat, ’n cul-de-sac in ’n middelklasbuurt wat op die oog af heel rustig lyk, het elkeen van die inwoners hulle eie storie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die aartskelm Anton Videns (Frank Opperman), grootbaas van ’n finansieringsmaatskappy, en sy vennote is diep in die moeilikheid. ’n Fluitjieblaser gaan in die hof teen hulle getuig, en hulle sal enigiets doen om dit te verhoed.

Die fluitjieblaser, wat ’n IT-boffin is, woon onder die skuilnaam Robert Muller (Nico Panagio) in Aarbeistraat waar hy onder getuienisbeskerming is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Zelda Postma (Amalia Uys) woon ook in dié doodloopstraat. Sy is ’n vlymskerp prokureur wat die taak het om Robert veilig te hou met die hulp van Potifar Vorster (Morné Visser), of Pote, soos almal hom noem. Pote is ’n afgetrede polisieman, en hy en sy vrou, die verpleegster Lorrie (Marisa Drummond), is benewens Zelda die enigste mense in Aarbeistraat wat weet Robert is onder getuienisbeskerming.

Trix Louw (Hélène Truter) is ’n hartseer weduwee en eiendomsagent. Haar seun woon in Kanada, en dis net haar honde wat haar enige vreugde verskaf.

Hannes Brümmer is Maxwell Smit, die plaaslike apteker wat meer as net pille smous. Hy en sy floskoppie-vrou, Retha (Cintaine Schutte), woon naby Jakkie van Tonder (Leandie du Randt) en Hendrikkie Fourie (Arno Meyer). Jakkie, ’n weeskind, het haar eie onderneming wat mense met rekenaarstelsels by die huis help.

Nicole Holm is Vinkie Beerwinkel, ’n vrou met ’n oordonderende persoonlikheid wat alles sal doen om ’n sekuriteitsmuur om die hele Aarbeistraat te bou. Deon Coetzee is haar man, Basie, op wie se kop sy vierkantig sit. Wiseman Sithole en Edith Plaatjies is die Makebas, Xolani en Nyakallo, en Wilhelm van der Walt is Billy Vogel, ’n glibberige fotograaf wat enigiets sal doen vir geld.

Kate Normington, Josias Moleele en Kiroshan Naidoo speel Anton Videns se vennote. Kevin Smith, Melt Sieberhagen, Mandri Sutherland en Celeste Loots is in van die ander gasrolle te sien.

Die regisseur is Morné du Toit wat bekend is vir flieks soos Hoofmeisie, Nul is nie niks nie en Vuil wasgoed.

  • Straat begin op 17 Oktober om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en sal ook op Catch Up en DStv Stream beskikbaar wees.

Kyk die voorskou hier:

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met musieklegende Jannie du Toit

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

2 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

2 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

2 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

2 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.