kategorieë: Ontspanning

Nuwe hoofstuk vir Solms-Delta

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die einde van die jaar gedenk meer as net die feestyd, maar die bekendstelling van die Solms-Delta Wine Company, ‘n heeltemal nuwe onderneming, wat gestig is om die ambisieuse reis van grondhervorming en gemeenskap-opheffing voort te sit, wat Mark Solms in 2001 begin het met die stigting van die Solms-Delta-wynlandgoed buite Franschhoek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

En daar is geen beter man om dié leisels oor te neem nie, want Tommy Hall is nie ’n man wat dinge aan toeval oorlaat nie. As direkteur van globale bedrywighede vir ‘n Fortune 500-tegnologiemaatskappy, berus alles vir hom op noukeurige beplanning, risikobestuur en om op die onverwagte voorbereid te wees.

Mark Solms, Tommy Hall, nuwe eienaar en Francois Haasbroek, konsultant-wynmaker.

Tommy, sy vrou, Crystal en sy seun, Gavin, voel ’n baie noue verwantskap met Afrika en het heel toevallig by die geskiedkundige Kaapse plaas beland. Tommy het onlangs by die bekendstelling op die stoep van die proelokaal vertel: “Hoewel Mark se doelwitte prysenswaardig was, was sy droom van gemeenskap-opheffing en werkers wat die titel-akte van die grond wat hulle bewerk besit, tussen die koste van grondhervorming en die ekonomiese uitdagings van die wynbedryf, hopeloos onbereikbaar.”

Teen 2018 was Solms-Delta in die nuus vir heeltemal die verkeerde redes, met ’n grondhervorming-transaksie wat heeltemal uitmekaar geval het en ’n eens-florende landgoed in verval. Die kulturele uitreik- en vaardigheid opheffingsprogramme wat Mark begin het, is gesluit. Dit het gelyk of dit ‘n ontkende droom was. Of dalk bloot net uitgestel.

“Miskien was die doelwitte in hul tydslyn bloot te hoog, maar die visie was prysenswaardig,” het Tommy gesê. “Wat Mark ten doel gehad het, was die regte ding om te doen. Hoe dit uitgedraai het, was ’n perd van ’n ander kleur. Ons hoop om dit te verander.”

Die begin van ’n nuwe era vir Solms-Delta met opheffing, bemagtiging en goeie wyne in die vooruitsig.

Die middel tot hierdie verandering, is die Solms-Delta Wine Company in Franschhoek, wat gestig is as ‘n alleenstaande wyn-onderneming, wat 100% deur die Hall-familie in swart besit is.

“Dit gaan nie daaroor dat ons bloot inkom en die plase koop, wat eens Solms-Delta gevorm het nie,” verduidelik hy. “Dis ‘n aparte maatskappy wat baie soortgelyke doelwitte as Mark Solms het – in terme van gemeenskap-opheffing, vaardigheid ontwikkeling en werksgeleenthede. Ons wil egter seker maak dat ons dit op ‘n wyse doen, wat beide sosiaal billik en oor die lang termyn finansieel lewensvatbaar is.”

In die beplanning is om Fyndraai, die plaas se restaurant – wat bekendheid verwerf het vir sy spyskaart van erfenis-geïnspireerde Kaapse Wynlande lekkernye – te heropen. Die aangrensende Museum van de Caab sal ook vir die publiek heropen, met uitstallings wat die gedeelde sosiale- en kulturele geskiedenisse van die ou plase in die Franschhoek-vallei illustreer. Tommy en Crystal beplan ook om die ambisieuse program van menslike ontwikkeling en opvoedkundige projekte te laat herleef, wat heringestel sal word om langtermyn-opheffing in wynland-gemeenskappe te bewerkstellig.

Die Museum van de Caab sal ook vir die publiek heropen, met uitstallings wat die gedeelde sosiale- en kulturele geskiedenisse van die ou plase in die Franschhoek-vallei illustreer.

Mark het vertel: “Ek is net opgewonde dat ons ‘n gemeenskaplike visie gevind het, om saam te werk aan sommige van die kwessies, wat sentraal was tot die stigting van Solms-Delta meer as 20 jaar gelede.”

Sodra die aanvanklike fase voltooi is, sal die prioriteit wees om die wingerde – wat oor die afgelope ses jaar erg verwaarloos het – terug te bring na produktiwiteit. Dis ‘n geleentheid om broodnodige werk- en opleidingsgeleenthede te skep, terwyl die Solms-Delta Wine Company-handelsmerk in plaaslike- en internasionale markte gevestig word. Die eerste oes word in 2024 van ‘n klein gedeelte van die Delta-plaaswingerde verwag. Daar word gehoop dat die res teen 2026 weer in volle produksie sal wees.

Tot dan, sal druiwe van uitgesoekte wingerde oor die Kaap verkry word.

Die Solms-Delta Wine Company skop af met twee Rhône-styl versnitte, wat gemaak word deur Francois Haasbroek, konsultant-wynmaker. Hy is ‘n hoogs-gerespekteerde spesialis in Rhône-variëteite en sy behendigheid in die kelder word ten toon gestel in hierdie paar wyne, wat ‘n meer kontemporêre benadering bring tot die styl waarvoor die Solms-Delta-handelsmerk voorheen bekend was.

Solms Delta Wine Estate is geleë op Deltaweg, net af van die R45 buite Franschhoek en sal van Februarie 2024 vir die publiek oop wees.

Lees ook: Drie dekades vir ekotoerisme en bewaringsreus

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Gebruik oogomlyner vir langer wimpers

Nie almal is geseënd met lang wimpers óf weet hoe om vals wimpers aan te…

2 hours Gelede

My ma se appeltert

3 hours Gelede

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

1 day Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

4 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

4 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.