Romerige blomkool-vichyssoise deur Vickie de Beer. Bygestaan deur Julia van Maarseveen. Foto’s deur Lindy Kriek
Romerige blomkool-vichyssoise
Serves: 6-8
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- • 30 ml (2 e) olyfolie
- • 1 ui, geskil en gekap
- • 300 g baba-preie, in die lengte deurgesny en deeglik gewas
- • 600 g (1 kop) blomkool, in blommetjies gesny
- • 400 g (2) knolseldery-bolle (celeriac), geskil en in blokkies gesny (opsioneel, vervang dit deur aartappels)
- • 1,25 liter (5 k) goeie hoenderaftreksel
- • 250 ml (1 k) room
- • 375 ml (1½ k) melk
- • 125 ml (½ k) crème fraîche
- • sprietuie, gekap
Instructions
1 Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die uie en preie daarin tot sag. Voeg die blomkool en knolseldery by en braai vir nog 5 min.
2 Voeg die aftreksel, room en melk by en laat saggies prut vir 20 min. of tot die groente sag is.
3 Trek van die hitte af en verwerk die sop met ’n stokmenger tot glad, of gooi dit versigtig in ’n voedselverwerker (wees versigtig vir die stoom!)
4 Laat die sop heeltemal afkoel en gooi in ’n plastiekhouer wat dig seël. Verkoel vir ’n paar uur of oornag.
5 Sit die sop yskoud voor met skeppies crème fraîche en ge-kapte sprietuie.
Catherine Schenck
Lees Meer
Mengelmoes-poeding
18/09/2024
Vis: Kook een keer, eet drie keer
16/09/2024
Gesonde rotskoekies
16/09/2024