kategorieë: Ons menseBekendes

#rrkitskuier met Loki Rothman en Marí Conradie

Deur Bea Lingenfelder en Corné Greeff. Hooffoto: Instagram @lokirothman

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Loki en Marí is ’n paartjie met persoonlikheid – gemaklik, plat op die aarde en eerlik. Hulle ontmoeting was egter nie so “gemaklik” nie, maar vandag, drie jaar later, sou nie een van dié tweetjies dit anders wou hê nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Musikant en muskievervaardiger, Loki, is bekend vir sy buitegewone kitaartalent. Hoewel hy reeds in laerskool sy liefde vir musiek ontdek het, glo hy dat sy musiekloopbaan tydens sy deelname aan die realiteitsprogram, SA’s Got Talent, vlamgevat het. Vandag spog hy met toekennings soos Beste Solokunstenaar by Woordfees en hy vervaardig klankbane vir films soos Liewe Kersfeesvader en Thys & Trix.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Marí het vinnig ’n oomblik afgeknyp tussendeur haar pligte as grimeerkunstenaar en stilis. Sy is al ongeveer twee jaar in hierdie bedryf waar sy met bekendes soos Minki van der Westhuizen en Rolanda Marais al gewerk het. Sy was ook betrokke by films soos Dis Koue Kos, Skat en is tans besig met die nuwe reeks van die realiteitsprogram, Boer Soek ’n Vrou, waar sy in sorg vir Leah se hare en grimering.

Met drukbesige skedules maak hierdie paartjie dat elke oomblik saam tel, dikwels met ’n pizza, glasie wyn en lekker geselskap. Kyk na ons video waar Loki en Marí  onder meer hul loopbaan- en verhoudingshoogtepunte deel en hul wenresep vir liefde verklap!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hou ook dop vir ons deel twee waar ons die eindresultaat van Loki se grimeringsproses onthul en ’n paar geheime deel oor Loki se nuutste liedjie!

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

17 hours Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

17 hours Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

17 hours Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

18 hours Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

21 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

21 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.