kategorieë: GrimeringSkoonheid

#RRLipstiffieUitdaging – daag ‘n vriendin uit om vir ’n week saam met jou lipstiffie te dra

#RRLipstiffieUitdaging – daag ‘n vriendin uit om vir ’n week saam met jou lipstiffie te dra deur Suzanne Kotzé. Hooffoto: Johan Wilke.  Model Colette Cronjé

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hierdie is net vir die pret, maar jy kan dalk aangenaam verras wees, daar is selfs wetenskaplike navorsing wat daarop wys dat grimering jou beter kan laat voel!

Psst … maak seker om ’n paar aanlynkuiers ook te reël of verras jou lewensmaat met ’n ‘date night’ terwyl jy vir ’n slag grimering aanhet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit is maklik om te dink, “ag grimering en mooi lyk is so oppervlakkig in hierdie tyd waarin daar soveel meer belangriker en ernstiger dinge aan die gebeur is.” Maar lipstiffie is veel meer as net ’n smeersel kleur aan jou lippe.

Lees ook: Maklike naelkuns wat jy self by die huis kan doen

Grimering kan jou laat beter voel

Dit is een van die wenke van voorligtingsielkundige en mediator Dr Hannetjie van Zyl-Edeling tydens rooi rose se podsending Tussen Ons Seisoen 3 Episode Hoe om kalm te bly tydens die inperking en covid 19 pandemie (klik op die skakel om dit te luister).

Een van die dinge wat sy aanbeveel is om mooi aan te trek, grimering aan te sit en jou hare te doen (asof jy gaste verwag).

“Al die mooi goed wat jy vir jouself doen, help om jou energievlak hoog te hou – en veral jou gedagtes.”

Sy glo ook in die positiewe uitwerking van ’n glimlag, so glimlag gerus vir jouself en ander in jou huis, veral met jou mooi geverfde lippe!

Lees ook: Gooi hierdie skoonheidsprodukte nou weg

As jy beter voel oor jouself, voel jy ook slimmer

Hierdie kan dalk help as jy ’n ma is wat ewe skielik ’n ‘tuisskool juffrou’ ook by jou al vele titels moet voeg. Om ewe skielik te moet help ‘vakke’ aanbied waarvan jy dalk lankal vergeet het, en glad nie deel is van jou daaglikse bestaan of werk nie, is op sy eie ’n uitdaging!

Grimering kan jou selfvertroue ’n hupstoot gee, wat maak dat jy ook beter dink en presteer. Dit (en musiek) help jou ook om in ’n meer postiewe bui te kom (my man en kinders sal bly wees!).

Dit is die bevinding van ’n groep navorsers van die Mediese Skool van Harvard in die V.S.A en die Universiteit van Chieti, Italië. Tydens die navorsingprojek getitel Does make-up make you feel smarter? The “lipstick effect” extended to academic achievement is vroulike studente in drie groepe opgedeel; een groep het musiek geluister, een groep het grimering aan gehad en ’n ander groep  het ’n gesig ingekleur. Hierna is hulle kognitiewe vermoë getoets. Die groep met grimering aan se kognitiewe vermoë was beter en dit word daaraan toegeskryf dat grimering (net soos musiek) jou positief laat voel. Grimering verbeter egter ook selfbeeld, wat maak dat jy beter presteer.

Lees ook: Gee jouself ’n “facial” by die huis

Helder lipstiffie kan jou jonger en meer aantreklik laat lyk en voel

Soos ons ouers word, word ons lippe en wenkbroue valer. ’n Jonger vrou se lippe is heelwat rooier as haar vel, wat die beeld van jeugdigheid skep.

“Die rooiheid van jou lippe neem af met veroudering, maar die vel rondom die lippe word ook meer rooi, so die kontras tussen jou lippe en vel neem af. Dit is iets wat met grimering gemanipuleer kan word,” sê Richard Russel, hoofnavorser van ’n studie gedoen deur Chanel se navorsings- en ontwikkelingspan en navorsers van die Gettysburg College van Pennsylvania in die V.S.A.

Deur rooi lipstiffie te dra kan jy ’n groter kontras tussen jou gelaatstrekke skep, wat jou kan laat jonger lyk en voel.

So speel jou gunsteling musiek (sommer lekker hard), verf jou lippe en glimlag!

Lees ook: Sewe sjiek style met haarserpies

Lipstiffiekleur en jou gemoed

Die kleur lipstiffie wat jy kies kan ook jou gemoed beïnvloed

Rooi

Kan jou meer selfversekerd en vol vertroue laat voel, en ook ’n bietjie stout.

Koraal en oranje

Volgens kleur-sielkunde is oranje ’n energieke kleur en dit kan dalk help om jou meer positief te laat voel. So kies gerus ’n oranje-rooi, koraal of meer natuurlike oranje skakerings as jy die dag ’n bietjie af voel.

Pienk

Sagte pienk skakerings kan kalmerend wees terwyl helder pienk lipstiffies ’n energieke en lewenslustige gevoel kan skep.

Donker bessieskakerings

Hierdie skakerings maak ’n stelling en kan jou meer onafhanklik en rebels laat voel. As die roetine en eentonigheid van tuisbly jou onderkry, verf jou lippe donker, luister na harde rock-musiek en dans jou frustrasies uit! Dit help.

Natuurlike naak-skakerings

Navorsing wys dat hierdie skakering jou warmer en meer bereikbaar laat lyk.

Lees ook: Gebruik só jou gesigmaskers reg

Ons #RRLipstiffieUitdaging deelnemers

1. TV-aanbieder Vanes-Mari du Toit

“Grimering is soos ’n emosie, dit het die vermoë om my soms beter te laat lyk as wat ek werklik voel en dit lig my gemoed sommer dadelik. Daar gaan min dae verby waarop ek nie sommer net maskara of  lipstiffe aansit nie, maar dis net so lekker om aan die einde van die dag die grimering af te haal ook.”

#RRLipstiffieUitdaging – daag ‘n vriendin uit om vir ’n week saam met jou lipstiffie te dra

2. Aktrise Rolanda Marais

“Daar is iets wat sielkundig gebeur as ek ’n bietjie moeite doen, asof my gemoed net beter is daai dag.”

3. rooi rose adjunkredakteur Hannelie Diedericks

“Ek hou daarvan om grimering aan te sit elke oggend voor ek werk toe gaan, maar ek dra nie gewoonlik grimering as ek die dag net by die huis sit nie. Maar die ritueel om elke oggend jou hare te doen en grimering aan te sit is tyd wat ek gebruik om myself ook emosioneel voor te berei vir die dag. Dit gee my selfvertroue en laat my “gereed” voel vir enige iets wat die dag mag bring. Daarom het dit nogal vreemd vir my gevoel om grimering aan te sit en my hare droog te blaas terwyl ek van die huis af moes werk vir die inperkingstyd. Maar dit was merkbaar hoeveel beter dit my laat voel het op daardie dae. Ek het net ’n bietjie meer positief en energiek gevoel al het ek net voor my laptop en TV gesit en nie nog ’n siel gesien die hele dag nie. Na die sewe dag-uitdaging het ek ’n punt daarvan gemaak om nou en dan – nie elke dag nie – dit steeds te doen. Al is dit net vir myself.”

#RRLipstiffieUitdaging – daag ‘n vriendin uit om vir ’n week saam met jou lipstiffie te dra

4. rooi rose skoonheidsredakteur Suzanne Kotzé

“Ek dra nie elke dag baie grimering nie, en veral gedurende lockdown het ek maar baie min grimering gedra. My man werk elke dag, so ek is alleen en ek skarrel so om die huis skoon te kry, om juffrou vir my twee besige seuntjies te speel en my eie werk gedoen te kry, dat ek al ‘n paar keer eers teen middagete, wanneer die kinders ‘n ‘pouse’ neem, agtergekom het ek is nog in my nagklere! Daardie dae het ek sommer ekstra moeg en af gevoel. Ek het nog altyd ‘n helder lipstiffie aangesit om my gemoed te lig, maar vandat ek die #RRLipstiffieUitdaging begin het, het ek eers agtergekom watter reuse verskil dit aan jou bui maak. Nadat ek ‘n hele spul wetenskaplike artikels deurgelees het, weet ek nou hierdie is nie iets wat ek my net verbeel nie.”

#RRLipstiffieUitdaging – daag ‘n vriendin uit om vir ’n week saam met jou lipstiffie te dra

5. rooi rose assistent-skoonheidsredakteur en stilis Justine Kroes

“Ek was so dankbaar om grimering aan te sit vir hierdie uitdaging. Dit het my werklik beter laat voel oor myself, selfs al het ek die hele dag in oefenklere en japonne rondgeloop! Ek was veral dankbaar dat my gesiggie ten minste opgehelder is vir wanneer ek een van die kinders van my man se skoot af moet verwyder gedurende een van sy 10 miljoen Zoom vergaderings!”

6. rooi rose digitale assistent, bemarking en kompetisies – Zoë Salzwedel

“Op die dae waarop ek grimering gedra het, het ek mooi en versorg gevoel. Jou gesig is skoon, tande geborsel, hare gekam, grimering gedoen en jy’t sommer ook onthou om jou gunstelingparfuum aan te spuit. So een, jy voel goed oor jouself en twee, omdat jy goed voel sien jy kans vir die dag se werk wat voorlê. Dit dwing jou om by jou roetine te hou en saans weer moeite te doen om jou gesig skoon te kry – jy ruil nie net na jou “aandpajamas” en splash jou gesig met koue water nie. Dus dwing dit jou om ook by jou velsorgroetine te hou. Ek dink dis goed om tydens dié inperking so af en toe moeite te doen met jou voorkoms, al is dit net om jóú gemoed te lig. Plus, dis die ideale tyd om met allerhande kleure en voorkomste te waag.”

#RRLipstiffieUitdaging – daag ‘n vriendin uit om vir ’n week saam met jou lipstiffie te dra

Lees ook:

Die mooiste lipstiffies wat jy hierdie somer moet dra

Hoe om warm pienk lipstiffie te dra

Deel
Gepubliseer deur
Suzanne Kotzé

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.