kategorieë: VelsorgSkoonheid

Selfverbruining vir jou wit bene – sonder die geel kolle!

Selfverbruining vir jou wit bene – sonder die geel kolle! deur Suzanne Kotzé. Hooffoto: Pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

via GIPHY

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Voordat jy wegspring …

Dis dalk al ou nuus, maar onthou tog om af te skilfer en te skeer voordat jy selfverbruiningsprodukte aansmeer. En onthou, baie keer is die geel kolle en strepe te wyte aan droë kolle op jou lyf, soos jou elmboë, knieë en hakke.

Smeer jou lyf goed met room in. As jy jou lyf die afgelope ruk afgeskeep het (oeps, ek moet ook my hand  opsteek …) begin sommer ’n afskilfer- en bevogtig- roetine so paar dae voor jy die selfverbruining wil aansmeer.

Lees ook: Lyk en voel goed in swembroeke met ons goeie raad

Aanwendingswenke vir selfverbruiningsprodukte

via GIPHY

  • “Skilfer af net voordat jy ‘n selfverbruiningsproduk aansmeer, maar maak seker jou afskilferaar bevat nie olie nie, want dit kan ‘n lagie op jou vel vorm en keer dat die bestanddele van die produk jou vel binnedring. Jy kan ook ‘n sponsie of waslap gebruik om jou vel af te skilfer,” sê Mylene Wait van Vita Liberata.
  • Caribbean Tan beveel aan dat jy ‘n droë lyfborsel of handskoen gebruik voordat jy stort. Maak ligte klein sirkelbewegings daarmee oor jou vel.
  • Hierdie stap is noodsaaklik, sê die span van Caribbean Tan. Skeer en bevogtig, maar wag dan minstens ses uur voordat jy ‘n selfverbruiningsproduk aansmeer sodat jou vel kan “asemhaal” voordat jy die verbruiningsproduk aansmeer.
  • “Skud jou produk liggies voor aanwending,” sê Mylene.
  • Gebruik ‘n lappieshandskoen (tanning mitt) om te keer dat jou handpalms geel word.
  • Druk ‘n klein bietjie van die produk op die middel van jou handskoen uit. As jy nie ‘n handskoen gebruik nie, druk jy natuurlik die produk op jou handpalm uit.
  • “Begin by jou voete en wend dit in ligte sirkelbewegings aan, en sit nog produk op jou hand/handskoen soos nodig,” sê Mylene.
  • Nadat jy klaar is met jou lyf, druk oortollige produk op jou hand/handskoen liggies aan die bokant van jou voete, hande, gesig en nek.

Psst! Ons sê dis moeilik om jou rug alleen te doen. Vra iemand om te help.

Lees ook: 20 dinge wat jy moet weet voordat jy ’n bikini-waks kry

Handskoene vir aanwending (tanning mitts):

Selfverbruining vir jou wit bene – sonder die geel kolle!

  1. Vita Liberata Self Tanning Mitt (R180, beskikbaar aanlyn)
  2. Caribbean Tan Tanning Mitt (R22,95 beskikbaar by Clicks, Dis-Chem en aanlyn)
  3. Skinny Tan Dual Tanning Mitt (R130, beskikbaar co.za, Takealot.com, Zando.co.za, Dis-Chem en uitgesoekte Clicks-winkels)
  4. Dr Organic Moroccan Glow Self Tan Mitt (R79, beskikbaar by Dis-Chem)

Lees ook: Die mooiste lipstiffie wat jy hierdie somer moet dra

Hoe gemaak met oneweredige kleur?

“Wend dadelik ‘n oliegebaseerde produk aan, laat dit intrek en wend dit nog so twee tot drie keer aan. Dit sal jou vel sagter maak. Skilfer die vel dan liggies af, maar moenie te hard te skrop en jou vel beskadig nie,” beveel Mylene aan.

Lees ook: Ons skoonheidsredakteur het al groot blapse met selfverbruiningsmiddels gemaak …

Afwas-kleur

Wat is dit? Grimering wat jou lyf laat brons lyk en  in die stort/bad afwas.

Wanneer gebruik jy dit? Voor jy uitgaan, of om jou huidige fopkleur of sonbruin kleur meer egalig en glansend te laat lyk.

Wat doen dit? Dit gee dadelik ‘n mooi kleur en glans.

Hoe wend jy dit aan? Soos gewone selfverbruining. Onthou om jou hande te was, al is dit grimering, want sommige kan jou hande vlek.

Psst! As jy te “bang” is om selfverbruining aan te wend, maar tog vir een dag of aand kleur wil hê, is hierdie ‘n goeie keuse.

Lees ook: Vakansieskoonheid SOS

Probeer die volgende produkte

  1. Vir glans en om merkies te verdoesel of om jou huidige kleur langer te laat hou en mooier te laat lyk: Caribbeantan Shimmer Cream (R89,95)
  2. Vir ‘n dieper/donkerder afwas-kleur: Caribbeantan Bronzing Lotion (R99,95)
  3. Dadelik brons: Skinny Tan Instant Tanner (R179,95)
  4. Verdoesel merkies en laat jou bene lyk of jy kouse aanhet. Vita Liberata Body Blur (beskikbaar in Latte & Mocha, R1 130 vir 100 ml)

Geleidelik bruin

Wat is dit? Dink lyfroom met ‘n tikkie selfverbruining by.

Wanneer gebruik jy dit? Daagliks soos ‘n lyfroom.

Wat doen dit? Die kleur ontwikkel oor ‘n paar dae. Ons hou hiervan, want foute is minder opsigtelik en as jy ‘n ligte vel het, lyk dit meer subtiel om die kleur geleidelik op te bou. Jy kan ophou as jy voel jy is “donker” genoeg.

Hoe wend jy dit aan? Soos selfverbruining maar elke dag. Wanneer jy tevrede is met die kleur, hou op en gebruik gewone lyfroom. Wanneer jou kleur ligter raak, begin die kleur weer geleidelik opbou.

Lees ook: Leer jou kinders ’n sonskermroetine aan

Selfverbruining vir jou wit bene – sonder die geel kolle!

  1. Spuit aan. Goed vir die dele wat ‘n mens moeilik bykom, soos jou rug en agterkant van jou bobene. Die kleur ontwikkel binne agt uur. Caribbeantan Tan In A Can Gradual Tanner (R99,95)
  2. Organies, goed vir droë, sensitiewe velle, bevogtig goed en gee glans. Vita Liberata Fabulous Gradual Tan (R605 vir 200 ml)
  3. Bevogtig, bou en hou geleidelik ‘n mooi brons kleur. Australian Gold Gradual Build Sunless Lotion (R299 vir 177 ml)
  4. Sonskerm en geleidelike kleur in een. Ideaal vir die strand of swembad. Skinny Tan Protetct and Glow Spray (R249,95 vir 100 ml)

Self-Tan

Wat is dit? Die oorspronklike self-tan wat diep kleur gee.

Wanneer gebruik jy dit? So agt uur voor jy jou kleur wil hê. Aanwending saans is ideaal, maar baie van die produkte het ‘n tint sodat jy dadelik ‘n bietjie kleur het.

Wat doen dit? Dit gee ‘n dieper sonbruin kleur.

Hoe wend jy dit aan? Belangrik om die stappe bo te volg met groter sorg as met geleidelike verbruining. Foute is meer sigbaar, maar die kleur is dieper en hou langer.

Lees ook: Berei so voor vir jou troue

  1. Getint, so jy het dadelik kleur terwyl jy wag dat die sonbruin kleur ontwikkel. Caribbeantan Tanning Spritzer Instant (R99,95)
  2. Die oorspronklike “reuklose” selfverbruining ontwikkel binne vier tot agt uur. Vita Liberata Fabulous Tinted Tan Lotion (beskikbaar in Medium & Dark, R655 vir 100 ml)
  3. Die groen mousse bevat argan-olie wat bevogtig, dis ryk aan anti-oksidante en vitamien E en help om jou kleur langer te laat hou. Le Tan Moroccan Argan Oil Self Tanning Foam (R300, beskikbaar by Dis-Chem en Takealot.com)
  4. Die gesig- en lyfserum is teenverouderend en is binne twee minute droog en gee kleur! Skinny Tan Wonder Serum kos R499,95.

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.