kategorieë: Ontspanning

Skemergrond: Maak gereed vir kykNET&kie se nuwe trots inheemse telenovelle

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Skemergrond sal kykers vier aande ’n week vasgenael voor die kassie hou. Dit kom in die plek van Arendsvlei, ’n telenovelle wat baanbrekerswerk gedoen het sedert die eerste episode op 1 Oktober 2018 uitgesaai is, maar in Junie vanjaar tot ’n dramatiese einde kom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Skemergrond speel af in Gemoedsdrif, ’n klein dorpie in die Wes-Kaap, en draai om die Louw-familie en hulle pragtige blomplaas. Die Louws se rustige bestaan word omver gegooi wanneer onverwagte gaste opdaag wat dreig om skokkende familiegeheime te onthul. Ou wonde word oopgekrap en nuwe bande word gesmee om die Louws en hulle nalatenskap te red en te beskerm.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Roxanne Blaise, bekend vir haar rolle in Sara se geheim en White Lies, is die hoofregisseur. Sy was ook een van die regisseurs van Arendsvlei. By verlede jaar se Silwerskermfees het sy saam met Mujaanhid Valley die toekenning vir die beste draaiboek gewen vir die kortfilm Die Blokke. Roxanne is ook as beste regisseur vir Die Blokke benoem.

“Ons is verheug oor hierdie fantastiese geleentheid. Die vars en opwindende rolverdeling gaan ’n epiese familiesage na die kassie bring. Skemergrond speel af tussen die Wes-Kaapse platteland en die blommemarkte van Kaapstad en is vol interessante karakters wat donker geheime saam met hul dra,” sê Roxanne.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die ander regisseur is Marissa Drummond, wat ook voor die kameras naam gemaak het met reekse soos Spoorloos: Die eiland en Suidooster. Bobby Stuurman, wat met Arendsvlei sy opleiding as regisseur gekry het, is die leerlingregisseur en dialoog-afrigter.

Die gedugte skryfspan het tussen hulle aan elke geliefde sepie en telenovelle in die land gewerk: Jo-Ann Scholtz (7de laan), Johann Davis (Arendsvlei, Suidooster), Alyzzander Fourie (High Rollers, Isidingo), Margaret Goldsmid (Diepe Waters, Arendsvlei, Afgrond), Meesha Aboo (Diepe Waters, Unseen, Arendsvlei), Kanya Viljoen (Arendsvlei), Lauren Scholtz (Arendsvlei, Diepe Waters), Henry Cloete (Arendsvlei, Diepe Waters, Suidooster) en Tristam Atkins (Diepe Waters, Unseen, Arendsvlei, Suidooster).

Die reeks word deur Penguin Films vervaardig wat reekse en films soos Sara se geheim, Fishy Fêshuns, Afgrond en Diepe Waters op hulle kerfstok het. Roberta Durrant en Andrea Frankson-Titus is die kreatiewe vervaardigers van Skemergrond.

“Ons het ’n uitsonderlike rolverdeling en ’n briljante span mense agter die skerms bymekaar gebring om hierdie veelvlakkige storie vol geheime, liefde en wraak te vertel. Kykers gaan aangegryp en verras word deur al die emosionele kinkels,” sê Roberta.

  • Die rolverdeling van Skemergrond word later aangekondig, maar sluit sowel legendariese spelers as opwindende jong talent in. Skemergrond begin in Julie 2024 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145). Dit sal van Maandag tot Donderdag om 19:30 uitgesaai word.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor die gewaagde universiteitsdrama, Wyfie

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig versorg deur Mariette Snyman. Foto's Pexels “Gedrukte…

16 hours Gelede

Die regte medisyne vir verkoue

JY KAN jou seer keel en koors self dokter én stukke beter voel. Ons wys…

21 hours Gelede

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

2 days Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

2 days Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

2 days Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.