kategorieë: KalenderOntspanning

Splash of Pink: Paul René Bubbly Festival

Reis na die beeldskone Robertson tydens lentetyd om die tuiste van Paul René te ontdek by die Wonderfontein Wynlandgoed. Hierdie is die ideale geleentheid om saam met vriende en familie die hart en siel van die handgemaakte Paul René Brut en Brut Rosé ervaar. Daar sal ook jenewer-drankies en kersies van dié fees se vennote, Clemengold Gin en Cherry Time, te proe wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Feesgangers sal ontvang word met luukse landelike gasvryheid en vonkelwyn sal te koop wees teen afslagpryse. Vir kosliefhebbers is daar heerlike Saldanabaai-oesters, Noorweegse salm en ander gourmet-happies wat regdeur die dag te koop aangebied sal word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Daar is vele goed om te doen …

• Geniet die Paul René MCC-reeks terwyl jy luister na Arno Carstens se regstreekse vertoning.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Kinders kan aan ponieritte en ander aktiwiteite deelneem.

• Daag ’n vriend uit om ’n potjie Boules of kroukies.

“Ek sou aanraai dat jy ’n koel kolletjie in die skaduwee vind en die uitsig oor die Langeberg aan die een kant, en die 17de eeuse langoedhuis aan die ander kant, geniet terwyl jy na die musiekvertonings luister,” sê Paul René-produsent Henk van Niekerk.

Verdere inligting

Datum: 4 November 2017

Tyd: 11h00 – 18h00

Ingangsfooi: R250 per volwassene en kinders se ingang is gratis. Hierdie fooi sluit in ’n verwelkomingsvonkelwyn, ’n pragtige geskenkpakkie wat ’n verrassing of twee bevat.

Kaartjies is beskikbaar deur WebTickets en die geleentheid word beperk tot 300 persone om ’n intieme geleentheid te verseker.

Besoek die Paul René-webblad of facebookblad vir verdere inligting.

Verblyf

Kontak gerus die plaaslike toerismekantoor vir verblyfnavrae:

Robertson Wine Valley

Robertson Toerisme

Of kontank

Henk van Niekerk: 083 380 3980 | henk@paulrenemcc.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

10 hours Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

13 hours Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

17 hours Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

2 days Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

2 days Gelede

Bronchostop stel nuwe hoesstroop, Bronchostop Nite, bekend

Ons was al almal daar: Jy rol tot twee uur die oggend nog rond van…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.