kategorieë: OuerskapJou lewe

Swangerskapbewustheidsweek

Hooffoto: pexels.com

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Beplande swangerskappe is ’n kosbare tyd in die ouers se lewe. Swangerskap word dan die tyd waarin ouers fisies, emosioneel en finansieël vir kleinding se aankoms voorberei. Nogtans is duisende swangerskappe onbepland en kan dit lei tot ’n emosionele op-en-af-reis vir die ouers sowel as vir die baba. Voorkoming van ontydige swangerskappe is beide ouers se verantwoordelikheid op dieselfde manier as wat die versorging en grootmaak van ’n kind beide ouers se aandag verg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In Suid-Afrika was 40% van dogters tussen 14 en 19 jaar reeds een keer swanger. 50% van hulle word vir ’n tweede keer voor die ouderdom van 19 swanger. Tussen ’n half en een miljoen babas wat jaarliks gebore word, se ma’s is nog tieners. Swanger tieners ervaar dikwels weinig ondersteuning en begrip. Hulle hoor en ervaar eerder veroordeling van ouers, onderwysers, verpleegkundiges, geloofsgemeenskappe en selfs hul vriende. Jong pa’s is dikwels traag om verantwoordelikheid te neem of word deur families verhinder om betrokke te raak. Baie swanger dogters beleef depressie wat tot nageboortedepressie kan bydra en potensieel tot selfmoord kan lei. Tienerswangerskappe word soms ook beleef as ’n verbrokkeling van ’n lewensdroom. ’n Studie wat deur UNISA se onderwysdepartement onderneem is, het aangedui dat die meeste swanger tieners ’n gebrek aan seksonderrig as hul hoofrede vir swangerskap gee. In die lig van hierdie situasie behoort die skok van onderwysers en selfs skoolhoofde wat met seksuele gedrag by kinders betrokke raak, ons almal tot aksie te laat oorgaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie FAMNET het tot aksie oorgegaan, omdat hulle besef het dat ’n baba wie se ma self ’n kind is en onder veroordeling leef, min kans het om as ’n gelukkige, gesonde, intelligente en verantwoordelike kind groot te word. Hierdie sirkel moet verbreek word. Rebuilding Dreams is ’n program wat die uitdagings van tienerswangerskappe aanspreek en leiding gee oor goeie ouerskap, insluitende pa-betrokkenheid. Groepleiers word opgelei om 14 sessies groepwerk met tienerouers te doen. In die proses word die tiener begelei om opnuut te droom en stappe te neem om drome vir hulself en hul kinders se toekoms te laat waar word. Die SAVF bied 4 keer per jaar die opleiding in Pretoria aan. Die volgende opleidingsgeleentheid is op 13 Februarie. Opleiding word ook op versoek elders aangebied.

Hierdie opleiding is waardevol vir mense wat enige plek in gemeenskappe werk. Skole en klinieke en daarom ook die Departemente van Onderwys en Gesondheid behoort betrokkenheid by hierdie program ernstig te oorweeg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ander beskikbare hulp kan hier gekry word: Verwagtende moeders wat staatsklinieke bywoon word nasionaal by die Departement van Gesondheid geregistreer en ontvang weekliks SMS-boodskappe met inligting oor die baba se ontwikkeling en riglyne vir swangerskap en selfs na-geboorte sorg. As ma’s dit nie kry nie, moet hulle navraag doen by hul plaaslike kliniek. Verskeie apps kan op slimfone afgelaai word soos “Baby center,” “Ovia Pregnancy,” “Nurture,” “What to expect” en “The Bump.

Vir meer inligting oor Rebuilding Dreams, skakel Erna Rheeder by 084 3839 417 of stuur ’n e-pos aan erheeder@savf.co.za

Lees ook

Drank, swangerskap, en fetale alkoholsindroom (FAS):

Dink nuut oor drank en swangerskap

Meer oor FAS

Skades wat jy jou ongebore kind spaar

Drank terwyl ek borsvoed (of swanger is)?

Miskrame:

Die verlies en verwerking van ’n miskraam

Jocelyn Broderick gesels oor hoe dit is om ’n baba te verloor

Sielkunde:

Afspraakverkragtings

Wat is nageboortedepressie?

Nageboortedepressie: Toets jouself

Adele gesels oor nageboortedepressie

Om oor die blommetjies en bytjies te gesels

Hoe gemaak as jy ’n “probleemkind” het?

Ovulasie, seks, en vrugbaarheid:

Hoe weet jy wanneer jy ovuleer en vrugbaar is?

Menstruasie 101

4 dinge wat mans se vrugbaarheid beïnvloed

Vier voorbehoedmiddels wat veilig is na kanker

Wanneer seks seer is …

Woeker met jou eierselle: eierskenking

Swangerskap en ouer vroue:

Swanger bo 40

Borsvoeding:

Is jy bekommerd oor borsvoeding?

Borsvoeding: in of uit?

Gesondheid en welstand tydens swangerskap:

Wat om te verwag wanneer jy verwag

Doepa vir swangerskap

Rekmerke

Fiks & ferm: water en oefening tydens swangerskap

Velsorg en swangerskap

Modewenke vir ’n nuwe ma

Geld:

Babas, bottels en begrotings

Om geboorte te skenk:

Dink weer oor die vroedvrou-opsie

Berei voor vir kraam

Kan jy jou kind se geslag kies?

Blog:

Lees YOMA se bloginskrywings vir rooi rose tydens haar swangerskap

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.