kategorieë: Ons menseBekendes

Swemkampioen Tatjana Schoenmaker en Joel Smith hak die knoop in Robertson deur

Hooffoto: Instagram / @tatjanaschoen

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die egpaar, wat in April 2022 verloof geraak het, het die naweek hul ewige trou aan mekaar in die welige omgewing van die Pat Busch-bergreservaat in Robertson belowe. Tatjana en Joel het Maandag op Instagram hul spesiale dag met pragtige troufoto’s deur Olivia Booyse van Veld Films gevier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Rachel Kolisi, wat toevallig die bruidegom se ouer suster is, het ook na die troue ‘n plasing op Instagram gemaak en geskryf:

“My boetie het met die skouspelagtigste vrou getrou en ek kon letterlik nie meer dankbaar wees vir hierdie liefde nie ❤️”

Die gelukkige getroudes, wat in Februarie vanjaar hul verhouding bekend gemaak het, het hul verlowing twee maande later in April bevestig, toe Joel die groot vraag tydens ‘n staptog in Constantia aan die wêreldkampioen in 200 m-borsslag gevra het.

‘n Instagram-plasing deur Tatjana, wat hul verlowing aankondig, lui:

“Moenie worry nie, ek weet wat julle almal dink: ‘Hoekom het hy so lank geneem?’ 😂 ONS IS VERLOOF 💍❤️”

Schoenmaker het in September haar kombuistee saam met vriende, familie en Joel gevier – al woon die bruidegom tradisoneel nie die kombuistee by nie.

In afwagting vir haar troudag het Tatjana geskryf:

“Dit het alles begin met ‘n dm… Kan jy glo dit het alles hierop neergekom? ❤️”

Baie geluk aan mnr en mev Smith!

Lees ook: ‘n Pollard-pienkvoet is op pad!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

2 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

2 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

2 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

2 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.