kategorieë: Ontspanning

Taktiek: Vlymskerp komedie skop vanaand af

“Kom ons rol.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Kort op jou hakke.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Só begin die eerste toneel in Taktiek – kykNET se splinternuwe komediereeks wat op 2 Oktober op DStv-kanaal 144 om 20:00 begin.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die twee karakters, Goose (Bennie Fourie) en Willy Brown (Keeno-Lee Hector), is paraat, reg vir aksie. Daar is net een probleem: Hulle is sekuriteitsmanne op die veiligste dorp in die land, Schusterton, waar daar minder as niks aangaan nie.

Daar word egter ’n jakkals in die hoenderhok gegooi wanneer die eienaar van Taktiek, die sluwe Jorrie (Deon Lotz), in hegtenis geneem word vir ’n rits misdade. Jorrie se eksvrou met ’n onbetaamlike liefde vir geld, Karen (Marion Holm), kom sak en pak daar aan en dreig om Taktiek te sluit. Dít gaan sy egter nie so vinnig regkry nie, want die manne en vroue van Taktiek sal alles doen om die deure oop te hou. “Hoe is julle so arm en so positief?” vra Karen op ’n kol.

In die span by Taktiek is die tweeling Attie (Schalk Bezuidenhout) en Mignon (Mandri Sutherland). Attie doen IT, maar het drome om deel van die aksie saam met Goose en die manne te wees. Mignon is verantwoordelik vir die antwoord van oproepe en die deurgee van inligting. As sy dit net vinniger kon doen …

James Borthwick is te sien as Venter, ’n knorrige oorlogsveteraan wat al lankal moes aftree, maar as sekuriteitswag werk om die pot aan die kook te hou, en Melissa de Vries is Bronwyn, Willy Brown se aan-af meisie met die skerp tong wat by die plaaslike kroeg werk.

Dinge word verder omvergegooi wanneer Jorrie en Karen se dogter Lisa (Leché Joubert) deur haar miljoenêr-verloofde by Taktiek afgelaai word, want vir dié spul sien hy nie kans nie. Lisa vind dan uit dat Taktiek in haar naam geregistreer is, en só begin die balle rol en hou Taktiek hulle deure oop.

Die span agter Taktiek is dieselfde groot kreatiewe geeste wat vir die veelbekroonde Hotel verantwoordelik was.

Ander spelers wat in gasrolle te sien is, sluit in Ludwig Binge as Arend, Lise se skatryk verloofde, Donnalee Roberts, Leandie du Randt, Devonecia Swartz, Antoinette Kellermann en André Weideman.

Net ’n klein waarskuwing ter wille van jou kyktydbestuur: Jy gaan die episodes weer en weer wil kyk, want dit is so vinnig en so skerp dat jy sommige van die dialoog, gesigsuitdrukkings en aksies mag misloop.

KYK: Taktiek se voorskou

  • Taktiek begin op Maandag 2 Oktober om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en sal ook op Catch Up en DStv Stream beskikbaar wees.

Lees ook: Nico Panagio terug op kykNET in nuwe reeks

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Gebruik oogomlyner vir langer wimpers

Nie almal is geseënd met lang wimpers óf weet hoe om vals wimpers aan te…

16 mins Gelede

My ma se appeltert

2 hours Gelede

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

1 day Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

4 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

4 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.