Under Armour stel hul veelsydigste sportskoen nog bekend!

Wanneer Apollo Brands Ltd Bpk (die amptelike verspreider van Under Armour in Suid-Afrika) ’n nuwe sportskoen bekendstel, kan jy maar weet dat tegnologie ’n sentrale rol daarin sal speel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Jy oefen nie net vir een ding in die loop van ‘n dag, ‘n week of ‘n seisoen nie. Jy oefen om dit alles te doen. Jou skedule is veeleisend, dinamies, en dit beweeg vinnig—so jy moet gereed wees vir enige iets…

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die nuwe UA Flex To Flow, wat nou op winkelrakke landwyd beskikbaar is, is nie net lig nie, maar sal jou boonop lank hou. Die kussinglaag sorg dat die skoen nommerpas sit en maak dit die perfekte pasmaat vir enige aktiwiteit op watter vlak ook al. Dit bied die ideale struktuur en ondersteuning op al die regte plekke terwyl dit ook die natuurlik buiging van jou voet ondersteun.

Die UA Flex To Flow, wat met Under Armour se spesiale Warp-tegnologie gemaak is, werk mee met jou voet om elke tree te ondersteun. Dis presies rondom jou voet gevorm wat jou prestasie verbeter soos jou voete deur jou oefenprogram beweeg.

Of dit nou HIIT-oefeninge, CrossFit, oefenkamp, ‘n drafsessie of Pilates is – die skoen se tegnologie maak dit veelsydig. Die UA Flex To Flow spaar jou energie, dis ongelooflik konsekwent en jy sal op die lange duur daarop kan staatmaak. Jy sal nie jou hande van jou nuwe gunstelingpaar kan afhou nie!

Die materiaal haal asem sodat dit koel lug sirkuleer en warm lug kan ontsnap. Die skoen word bo geryg wat die boog van jou voet ondersteun sodat jy sonder enige afleidings kan oefen. Die liggewig, rubberlose sool gryp omtrent enige oppervlak vas, sodat jy volle ondersteuning het met elke sprong, sonder dat jou bewegings vertraag word.

Die nuwe UA Flex to Flow is in mans- en vrouegroottes beskikbaar en is nou te koop in winkels en aanlyn.

Lees ook: Oefening met rente

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

41 mins Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

20 hours Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

2 days Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 weeks Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 weeks Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.