Volwasse aknee: Ons klop by ’n kenner aan

Deur Bianca Muller. Hooffoto: Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat is volwasse aknee?

Volwassenes kan aknee kry en soms begin dit eers op 30-, 40- of 50-jarige ouderdom. Ons noem dit dan volwasse-aankoms-aknee. Dit kom meer algemeen by vroue as by mans voor. Daar is egter ook gevalle waar hardnekkige aknee wat in die tienerjare begin net nooit opklaar nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat is die oorsake van volwasse aknee en waarom sukkel slegs sommige mense daarmee?

Hormone speel ’n groot rol omdat dit die oliekliere stimuleer wat porieë laat verstop en swart- en witkoppies (komedone) laat vorm. ’n Mens sien dit nie altyd nie omdat dit mikroskopies klein kan wees. Wanneer dit met bakterieë ontsteek raak, vorm daar puisies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit is algemeen om puisies rondom menstruasie te ontwikkel, asook in die tydperk nadat ’n vrou opgehou het om ’n voorbehoedmiddel te gebruik. Verder kan hormonale veranderinge gedurende swangerskap, menopouse en die premenopousale lewensfase ook aknee teweegbring. Sommige mense wat meer as ander met hul oliekliere sukkel, is sensitiewer vir die hormone wat in die bloed sirkuleer.

Watter produkte sal jy vir diegene wat met volwasse aknee sukkel, aanbeveel?

Ek beveel gewoonlik ’n eenvoudige velsorgroetine aan wat min produkte insluit.

Was jou gesig soggens en saans met ’n skoonmaakproduk wat sagkens met die vel te werk gaan – verkieslik een wat nie skuim maak of skrop nie. Miselwater is byvoorbeeld ’n doeltreffende reiniger wat ook gebruik kan word om grimering te verwyder.

Wend gesigsonskerm in die oggend aan – dis belangrik om dit te doen selfs al reën dit of al is jy meestal binnenshuis. Sonskerm help onder meer om die pigmentasie wat deur die aknee agtergelaat word, te verlig.

Gebruik liefs ’n onderlaag met ’n waterbasis en gebruik saans ’n vogroom wat geen kleur- of geurmiddels bevat nie.

Lees die etikette van jou velsorgprodukte noukeurig deur en soek vir frases soos: “Geskik vir veltipes geneig tot aknee”, of “Sal nie die porieë verstop nie”.

Wat moet mense wat met volwasse aknee sukkel nie doen nie?

● Probeer om nie die puisies te druk nie.

● Moet liefs nie verfrissers (toners) gebruik nie.

● Moenie tandepasta op die puisies smeer nie!

Watter mites is daar oor volwasse aknee?

Aknee is slegs ’n skoonheidsprobleem. Dit is glad nie die geval nie! Aknee beïnvloed ’n persoon se selfvertroue en gemoed, en dit kan permanente littekens los.

Het jy enige ander wenke om volwasse aknee te voorkom en behandel?

● Probeer om minder te stres. Konstante chroniese stres kan die probleem vererger. Wanneer ons stres, vervaardig dit androgene (ook ’n hormoon) wat die oliekliere in die vel stimuleer en tot aknee kan lei.

● Volg ’n gesonde dieet. Daar is ’n eiland in Papoea-Nieu-Guinee waar tieners en volwassenes geen aknee het nie. Die verskynsel word toegeskryf aan hul gesonde dieet van vrugte, groente met baie vis en geen suiwelprodukte nie.

● Topikale retinoïede is een van die belangrikste behandelinge vir aknee wat dokters en dermatoloë voorskryf. Dit raak van die komedone ontslae en voorkom só puisies. Let wel daarop dat retinoïede gedurende swangerskap teenaangedui word.

Wanneer is dit die regte tyd om ’n dermatoloog te besoek?

Volwasse aknee is ’n groot frustrasie. Diegene wat bogenoemde wenke probeer en steeds op moedverloor se vlakte staan, kan gerus by ’n dermatoloog aanklop of selfs sterker medikasie oorweeg.

Besoek dr Jacques du Toit se webwerf by https://dermatologistcapetown.net/

Daddy’s Deals het ’n wye verskeidenheid fantastiese skoonheidspakkette wat vir jou geskik is. Besoek hul webwerf vir meer inligting oor dermaplaning, mikronaald- en ander skoonheidsbehandelings.

Lees ook: Tuissorg-gesigbehandeling – doen dit self!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Die regte medisyne vir verkoue

JY KAN jou seer keel en koors self dokter én stukke beter voel. Ons wys…

4 hours Gelede

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

21 hours Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

1 day Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

1 day Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

2 days Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.