kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Ansu van der Sluys oor haar nuwe onderneming in binnenshuise versiering

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die aktrise en skrywer Ansu van der Sluys is iemand met vele talente. Sy was nog altyd ’n storieverteller, en haar nuwe narratief draai om “stories skep wat die unieke essensie van elke individu se ruimte sal weerspieël”.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ansu, wat veral bekend vir haar rolle in gewilde reekse soos Binnelanders en Getroud met Rugby was, het onlangs ’n kreatiewe onderneming aangepak wat ’n ander kant van haar kunsvernuf onthul – binnehuise versiering. Hoewel sy die afgelope dekade haar stempel in die vermaaklikheidsbedryf afgedruk het en steeds vir kykNET se treffer-telenovelle Diepe Waters skryf, het haar liefde vir die skep van pragtige ruimtes vir haar belangriker geword.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Daarmee saam het sy verlede jaar haar eie onderneming in binnenshuise versiering, Hello, Huys, bekendgestel.

“Ek het nog altyd daarvan gehou om ’n ruimte huis te maak en glo werklik enigiemand kan en móét die ruimte skep waarin hulle wil leef, en dit moet nie jou brein of jou bank breek nie,” sê sy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Haar eie reis het in 2018 begin toe sy in haar eerste woonstel in Linden, Johannesburg, ingetrek het. Ansu vertel die feit dat dit ’n gehuurde ruimte was, het haar nie afgeskrik nie, en sy het besluit om dit in haar eie gesellige toevlug te omskep. Haar ervarings het gelei tot die besef dat om te wag vir die “perfekte” tyd of omstandighede onnodig is – almal kan die ruimte hê wat hulle begeer.

Sy is in 2022 getroud met haar rugbyspeler-man, Wilhelm, na wie sy as die “ultimate champion of a man” verwys, en moes die Jakarandastad vir die Paarl verruil. Sy put veral inspirasie uit hierdie onlangse lewensoorgang. Sy voel dis ’n universele begeerte om in ’n ruimte te woon wat werklik soos jou eie voel. “Baie mense het die behoefte om in ’n ruimte wat hulle liefhet, te leef. Jou huis is die plek waar die meeste van die lewe gebeur: die vreugdes, uitdagings, trane, vrede, pret, en die belangrikste, die herinneringe,” sê sy.

Karlien Meiring het meer oor Ansu se jongste passie buite die kollig gaan uitvind.

Is daar enige verrassende ooreenkomste tussen die voorbereiding vir ’n rol en die beplanning van ’n leefruimte se transformasie?

Elke ontwerper, nes elke toneelspeler het hul eie proses om vir ’n karakter voor te berei. My proses van ontwerp en karaktervoorbereiding is interessant genoeg dieselfde. My vertrekpunt met ontwerp begin gewoonlik by die gevoel van die kamer en dan die kleurpalette wat daardie gevoel sal wakker maak. Daarna begin ek kyk na struktuur, meubels en dekor. My proses om vir ’n karakter voor te berei, begin ook by gevoel: Is die karakter sag of edgy? Wat is die gevoel wat sy vir my gee? Ek assosieer dan ook gewoonlik die karakter met ’n kleur.

Beskryf jou binneversieringstyl in drie woorde?

My persoonlike styl is ’n mengsel van minimalistiese, kontemporêre en tradisionele ontwerpstyle.

Ek hou van die gebruik van natuurlike lig, neutrale kleure, metaalaksente en warm of ligte hout wat eie is aan ’n kontemporêre style. Ek geniet die skoon en kalm gevoel wat minimalistiese en kontemporêre vertrekke het, en skep dan kontras met tradisionele elemente soos kandelare, houtbalke teen die dak of vloer-en-kroonlyste.

Op watter van jou ontwerpprojekte is jy die trotsste en hoekom?

Ek is vreeslik trots op my heel eerste projek wat ek onlangs in Gardens voltooi het. Die kliënt se styl is die teenoorgestelde van myne en was beslis buite my gemaksone. Haar styl is maksimalisties en eklekties, dit behels helder kleure en ’n mengsel van patrone, teksture en interessante elemente – elke hoek het ’n dingetjie! Dis ’n kuns om elemente te groepeer, met komplimentêre kleure te speel en negatiewe ruimte tussen kuns op die mure en matte op die vloer te skep. Ek wou hê dit moet soos georganiseerde chaos lyk en nie net chaos nie!

Ek’s baie trots op die projek, want my kliënt is absoluut mal daaroor. Dís wat my gelukkig maak en die rede waarom ek hierdie doen.

Watter ontwerpreël oortree jy graag?

Elke ontwerpreël het uitsonderings. Jy kan balans in ’n vertrek skep deur simmetrie, asimmetrie of radikale balans. ’n Mens skep weer ritme in ’n ruimte met herhaling, progressie of afwisseling. Ek het wel my voorkeure in hierdie reëls – ek kies eerder asimmetrie as simmetrie. Dit beteken dat in plaas daarvan dat die regterkant van die sitkamer ’n direkte weerspieëling van die linkerkant is, verkies ek dat die een van die ander een in kleiner elemente verskil. Ek verkies ook eerder afwisseling om ritme te skep: Jy wissel die verskillende elemente af. In my opinie skep dit opwinding, kontras en verrassing in ’n ruimte en lyk dit lewendiger as staties.

Kan jy begrotingsvriendelike maniere aanbeveel om ’n tikkie persoonlikheid en styl by ’n kamer te voeg?

Verf! Dis ’n maklike en goedkoop manier om jou ruimte nuut te laat voel. ’n Nuwe mat in ’n nuwe kleur of patroon kan jou ruimte ook ’n heeltemal nuwe styl gee. Jou mat is ’n baie belangrike element in ’n ruimte – ek noem dit die “informant influencer” omdat dit jou ruimte se styl en meubels inform en influence. Jou meubels kan mooi en modern wees, maar as jou mat nie die styl komplementeer nie, gaan jou visie platval.

Nog maniere om nuwe lewe in ’n vertrek te blaas, is om plante in te bring, soos ’n stukkie groenigheid in ’n mooi vaas of ’n potplant in ’n oop hoek. Ek hou veral van ’n groot olyf- of vyeboom in die hoek van die sitkamer, dit laat ’n ruimte groter voel. Kyk ook na jou kleiner dekorstukke: kunswerke teen die muur, kerse, koffietafelboeke en vase kan rondgeskuif of met nuwe elemente vervang word.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Frankie en Felipé-aktrise Kim Syster

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

2 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

2 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

2 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

2 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.