kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae met bekroonde rolprentmaker Stefan Enslin

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Stefan Enslin is ’n bekroonde Suid-Afrikaanse rolprentmaker, draaiboekskrywer, regisseur en skrywer wat sedert 2011 in die vermaaklikheidsbedryf werk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die veelsydige storieverteller het ’n indrukwekkende lys flieks agter sy naam, insluitend Strikdas, Nul Is Nie Niks Nie, Liewe Kersfeesvader en Klein Karoo. Daarbenewens was hy een van die skrywers vir Getroud met rugby en het as ’n lynvervaardiger aan ’n Emmy-bekroonde dokumentêr vir CNN gewerk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Stefan se eerste roman, Verskietende ster, is in 2013 gepubliseer en die rolprentweergawe, wat hy geskryf en vervaardig het, het in 2015 gevolg. Dit het daardie jaar die Gehoorgunsteling-toekenning by die gesogte Silwerskermfees gewen. Hy het Tweede kanse, sy tweede roman, in 2018 gepubliseer en werk tans aan ’n nuwe roman, gegrond op Op soek na reënboë, saam met die bekende Suid-Afrikaanse skrywer Maretha Maartens.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Met ’n uitstekende reputasie as dokumentêre rolprentmaker, was Stefan ook vanjaar vir twee Suid-Afrikaanse rolprent- en TV-toekennings (Saftas) benoem – War dogs and I, wat die aangrypende verhaal van Kobus Olivier vertel, wat geweier het om sy vier honde agter te laat toe die oorlog in Oekraïne uitgebreek het. Dit is vir die Beste Dokumentêre Vollengte Speelfliek benoem. Against All Odds: The Alwyn Uys Story is vir die Beste Prestasie in Kinematografie (dokumentêr) benoem.

In die dokumentêr deel Stefan die verhaal van Alwyn Uys, wie se drome om eendag vir die Springbokke te speel, vernietig is nadat ’n motorongeluk hom verlam gelaat het. Alwyn se vasberadenheid het uiteindelik daartoe gelei dat hy die eerste parapleeg geword het om van Robbeneiland na Eden on the Bay te swem. Dis 7 km in die yskoue Atlantiese Oseaan.

Hy vertel: “Met War Dogs and I wou ek wys dat liefde werklik alles oorwin, selfs oorlog, terwyl Against All Odds getuig van die feit dat jou omstandighede nie bepaal wat jy in die lewe kan bereik nie.

Stefan het aanvanklik teologie studeer, maar het gou besef dat hierdie rigting nie vir hom was nie. Hy het na argitektuur oorgeskakel, maar het uiteindelik sy graad in stads- en streekbeplanning verwerf. In 2011 het hy sy loopbaan as stads- en streekbeplanner prysgegee om sy droom om stories te vertel na te streef.

Hy wil graag voortgaan om die stories te vertel wat hy glo almal moet hoor. “Ek wil regtig net doen en gaan waar die Here my lei. En ek wil gehoorsaam wees aan sy plan vir my. Maar ek besef dat dit nie beteken ek mag stilsit nie. So ek beweeg en kan sy hand voel en die leiding wat Hy bied,” vertel hy.

Karlien Meiring het meer oor die storie agter dié storieverteller gaan uitvind.

Jy was betrokke by verskeie rolle in die rolprentbedryf, insluitend skryfwerk, regie en lynvervaardiging. Hoe balanseer jy hierdie rolle, en het jy ’n voorkeur vir een aspek van rolprentvervaardiging?

Dit is soms moeilik om die rolle te balanseer omdat almal verskillende verwagtinge het. Om dan heeltyd ’n ander hoed op te sit, kan moeilik raak. As ek moet kies (en dit is nou ’n moeilike keuse) dan sal ek regie kies.

Hoe kies jy die projekte waarby jy betrokke raak, en wat trek jou na ’n spesifieke storie of onderwerp?

Ek luister na my hart. As ek voel dit wakker iets op dan sal ek vir ’n rukkie daarmee loop en daaroor dink. As die gevoel stelselmatig begin minder raak, weet ek dit is nie op hierdie stadium iets vir my nie. As die gevoel net sterker raak dan weet ek dat dit ’n projek is wat ek gaan aanpak.

Jy het aanvanklik ’n ander loopbaan gevolg voordat jy na rolprentvervaardiging oorgeskakel het. Hoe het dit jou storievertelling beïnvloed?

Ek dink hoe hierdie agtergrond my storievertelling beïnvloed het, is deur die feit dat ek so lank my droom om ’n storieverteller te wees, hierdeur onderdruk het. Toe ek dus uiteindelik in die bedryf beland het, het ek die erns waarmee ek stories gaan vertel beter waardeer en besef. Daarom aanvaar ek nie dinge as vanselfsprekend nie.

Watter raad sal jy aan aspirant-rolprentmakers en -skrywers gee wat die bedryf wil betree en ’n betekenisvolle impak met hul werk wil maak?

Lees baie. Kyk na jou gunstelingrolprente. Lees baie. Kyk weer na jou gunstelingrolprente. En network genoeg. En jy moet in jouself glo, want as ek dit kon doen, kan jy ook!

As jy lewens vir ’n dag met enige karakter uit een van jou rolprente kon ruil, wie sou dit wees en hoekom?

Phillip Schuman uit Verskietende ster, want ek is mal oor musiek en sou baie graag musiek soos hy wou komponeer.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met ‘Binnelanders’ se Claudia Jones

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

1 day Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

1 day Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

1 day Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

1 day Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.