kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Bennie Fourie oor die splinternuwe komediereeks, Taktiek

Iewers in Suid-Afrika is daar ’n dorpie genaamd Schusterton. En soos enige ander dorpie in die land, het Schusterton ’n sekuriteitsmaatskappy wat na die veiligheid van die inwoners omsien. Daar is net twee probleme. Eerstens is Schusterton die veiligste dorp in die land waar daar min tot niks aangaan nie. Tweedens is die grootbaas vir allerlei ongerymdhede tronk toe gestuur en is die sekuriteitsmaatskappy, Taktiek, nou in sy dogter se hande …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit is die storielyn van die eerste episode van kykNET se splinternuwe komediereeks, Taktiek, wat spog met van die grootste name in die lagbedryf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Een van hierdie groot name, Bennie Fourie, speel nie net in die reeks nie, maar was ook een van die skrywers en regisseurs.

“Die idee het gekom vanaf ’n behoefte om ’n cop show te maak,” sê Bennie.

“In Suid-Afrika is daar egter reëls en regulasies oor hoe die polisie weergegee mag word en die naaste wat ons toe kon kom, is ’n sekuriteitsmaatskappy, maar hierdie een is in die veiligste dorp in die land. Dit het ons baie ruimte gegee om te speel.”

Bennie speel die karakter Goose wie se familie na Nieu-Seeland geëmigreer het, hy het egter agtergebly om die land veiliger te maak sodat hulle kan terugkom. Hy is bang vir niks behalwe emosies nie.

“Dis een van die voordele daarvan om een van die skrywers te wees van ’n reeks waarin jy speel – jy kan ’n karakter skryf wat jy graag wil speel,” sê Bennie. “Goose is hierdie ou wat blinde selfvertroue in homself het en werklik glo dat hy die land gaan red sodat sy ouers kan terugkom. Hy het groot drome, maar is in ’n klein dorpie vasgevang; ’n geval van in die land van die blindes is eenoog koning.”

Taktiek se rolverdeling spog onder andere ook met Schalk Bezuidenhout, Marion Holm, Mandri Sutherland en Keeno-Lee Hector. Die reeks is deur Nagvlug Films vervaardig wat ook vir die trefferreeks Hotel verantwoordelik was. Hotel het deur die jare verskeie SAFTA-toekennings gewen en is vanjaar vir ’n merkwaardige 13 toekennings benoem.

Karlien Meiring het meer oor Bennie se taktiek vir Taktiek gaan uitvind.

Wat geniet jy meer: Om toneel te speel, te skryf of self in die regisseurstoel te sit?

Ek voel die woord “skep” som my passie die beste op. Die skryf is die means to an end om te kan toneelspeel en die regie te kan behartig. Elke deel is nodig om ’n storie aanmekaar te sit en dis waarvoor ek lief is. Dis baie moeilik om een uit te sonder, maar as ek moet, sal dit seker regie wees.

Was daar enige snaakse of onvergeetlike oomblikke wat tydens die verfilming van Taktiek plaasgevind het?

Daar is ’n toneel in die tweede episode waarin my en Schalk se karakters baklei, ons moes baie daarvan improviseer – dit was heerlik om te skiet en skreeusnaaks! Daar is ook ’n toneel later in die reeks waarvoor ons nie kon ophou lag nie: Die tweeling (Attie en Mignon) praat met ’n sielkundige oor hul verhouding, maar laat dit klink asof hulle in ’n verhouding is. Die uitlatings en opregte toneelspel maak die toneel ongelooflik snaaks. Verder, het ons nogal op ’n stel met geen lugversorging swaargekry, en moes in volle uniforms in 35°C in die Kaap skiet!

Vir diegene wat Hotel geniet het, hoe vergelyk Taktiek en wat kan aanhangers van jou vorige werk na hierdie nuwe reeks lok?

Die tipe komedie is baie dieselfde, maar die konsep is heeltemal anders. Hotel was ’n mockumentary en ons het daardie styl voluit nagestreef – met die teenwoordige kamerawerk en onderhoude. Taktiek is vinniger en cooler aanmekaar gesit. Kykers kan die gebruik van slow motion, musiek en gewere verwag! Ek glo Taktiek het dieselfde hart as Hotel omdat dieselfde skryfspan en ’n paar van dieselfde akteurs betrokke was, maar dit het ook daardie iets ekstra.

Wat was die lekkerste deel van die skep en werk aan Taktiek?

Die span! Ons is ’n groep mense wat al ’n lang pad saamstap en nou weer saamgewerk het om iets fun te skep. Die Nagvlug Films-span het ook aan Hotel gewerk en is van my gunstelingmense, definitief die beste van die beste in hierdie genre. Ek het dit ook baie geniet om weg te kon raak in ’n toneel waarin ek ’n sekuriteitswag speel!

Goose blyk vreesloos te wees, wat is iets waarvoor jy bang is wat Goose amusant sal vind?

Ek dink die enigste rede waarom Goose vreesloos is, is omdat hy nie noodwendig die emosionele kapasiteit het om te verstaan hoe selfbewus hy eintlik is nie! Die toekoms en my toekomsplanne maak my soms bang, ek is gereeld bekommerd oor hoe voorbereid ek is vir dit wat kom. So wakker soos wat hy is, dink ek Goose worry net oor vandag. Hy sou definitief vir my gesê het om meer teenwoordig in die nou te wees, want môre bring sy eie bekommernisse.

Taktiek wys Maandae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en is ook op Catch Up en DStv Stream beskikbaar.

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

20 hours Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

21 hours Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

21 hours Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

21 hours Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.