kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Deidré Barnard oor haar eerste kortspeelalbum

“Dis exciting, dis scary, dis my woorde, my hart, my verlede- en toekomspad. Dis gedigte, dis stories, dis feite, dis fiksie, dis lag, dis huil, dis te min en te veel. Ek het soveel om te gee, soveel om te deel,” sê die sangeres en liedjieskrywer Deidré Barnard oor haar eerste kortspeelalbum, Genoeg gewees, wat nou aanlyn beskikbaar is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hierdie vrystelling, wat bestaan uit vier liedjies uit haar eie pen, is na haar gunsteling-snit op die album vernoem en beklemtoon die boodskap dat elkeen van ons van die begin af goed genoeg gemaak is en mense het wat ons liefhet en waardeer vir wie ons is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Die titel vat die kortspeelalbum se tema goed saam en som eintlik maar die afgelope paar jaar van my lewe op, wat werklik waar ‘n rollercoaster was! Goed en sleg. Op en af. Dit gesê, was wie ek is en wat ek gedoen het, ‘genoeg gewees.’ Al wil jou gedagtes en die wêreld soms vir jou anders vertel, is jy genoeg,” sê Deidré.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Foto: Chené Smit (Petal and Leaf Photography)

Deidré het in 2018 bekendheid vir haar deelname aan die realiteitsreeks, Die Kontrak, verwerf. Sy is in die Strand gebore en getoë en sing al vandat sy kan onthou. Volgens dié Kapenaar het sy reeds in 2020 begin droom en bou aan die inhoud van die kortspeelalbum en gaan dit by ’n wye gehoor aanklank vind, maar veral by die jongklomp.

“Hoewel die oorhoofse genre pop is, is dit nie pop soos jy dit ken nie,” verduidelik sy. “Omdat ek elkeen van die liedjies self geskryf het, dink ek luisteraars kan ’n persoonliker ervaring verwag.”

In die kort tyd sedert sy die musiekmark in 2018 betree het, het sy al – buiten vir die vrystelling van haar oorspronklike musiek – talle hoogtepunte beleef, wat insluit ’n platekontrak met Inhoud Huis Musiek en rolle in die gewilde musiekblyspele: Die Gelofte en Die Kaplyn.

Sy erken dat haar betrokkenheid by laasgenoemde haar baie na aan haar eie pa laat voel het.

“Ek kon tydens en na die produksie so lekker met hom gesels oor sy ervaring op die grens. Ek voel ook op ’n manier baie nader aan my pa en dat ek hom beter ken, want hy was omtrent so oud soos wat ek was terwyl ons die produksie aangepak het, toe hy op die grens was.”

Sy is ook ’n musiekonderwyser, wat vir laerskoolkinders en volwassenes leer sing en kitaar, ukelele en klavier speel.

Die musiekbedryf het haar die afgelope paar jaar geleer om geduldig te wees, omdat alles op die regte tyd gebeur en sy is baie dankbaar vir elke geleentheid wat sy het om haar musiekdroom uit te leef, “Ek hoop my luisteraars, meer as enigiets anders, vind aanklank by my musiek en vind ietwat van ‘n tuiste daarin. Iets waarna hulle kan luister en veilig, gesien en gehoor voel, maak nie saak in watter omstandighede hulle hulself bevind nie,” sluit sy af.

Karlien Meiring het meer oor haar gaan uitvind.

Jou kortspeelalbum bestaan uit vier liedjies uit jou pen. Watter temas en boodskappe verken jy in hierdie snitte?

Die liedjies is baie reflekterend. Dit vertel stories van mense, gebeure in my lewe, my drome, lesse wat ek geleer het – en oor en oor doen. As geheel dink ek die kortspeelplaat beklemtoon hoe die lewe ‘n draai met ’n mens loop sodra jy die grootmenswêreld betree. Dis scary, maar onvermydelik en almal wat nou in jou lewe is, gaan nie noodwendig vir ewig daar wees nie. Dis oukei en deel van die lewe. Jy moet net jouself toelaat om deur die groeipyne die mooi raak te sien en besef dis deel van die groter prentjie en die Here se plan met jou.

Foto: Chené Smit (Petal and Leaf Photography)

Jy het geduld en geloof in jou musikale reis genoem. Wat is jou raad aan aspirant-musikante wat na hul drome in die musiekbedryf werk?

My advies aan enige musikant wat dit in die bedryf probeer maak, is: “Moenie jou tyd Sy tyd probeer maak nie. Plaas die Here in beheer van alles. Hy sal jou optel waar jy weggeneem moet word, neersit waar jy moet gaan en jou elke tree van die pad bystaan.”

As musiekonderwyser, wat geniet jy die meeste daarvan om ander te leer sing en instrumente speel?

Dis vir my lekker om te weet die musiekklas is die klas waar kinders kan veilig voel. Ek geniet die kinders se unieke en vreugdevolle uitkyk op die lewe baie. Dis asof (ironies genoeg) hulle baie maal die lewe vir my in perspektief sit. Dit voel vir my asof ek meer by hulle leer as wat hulle by my doen!

Hoe het jou ervaring op Die Kontrak in 2018 jou musiekloopbaan en groei as kunstenaar gevorm?

Die Kontrak het my gewys dat ek nog baie grootwordwerk het om te doen voordat ek in die bedryf kon staan. Dit het my die geleentheid gegee om op ‘n baie jong ouderdom te sien hoe die bedryf werk. Dit was ‘n ongelooflike voorreg om deel daarvan te kon wees- ek kon daarna werklik aan myself skaaf, skuur en werk om nader te kom aan die musikant en kunstenaar wat ek beoog om te wees.

As jy met enige kunstenaar aan ‘n liedjie kon saamwerk, wie sou dit wees en hoekom?

Ek sou graag saam met Taylor Swift wou werk. Ek dink sy is ‘n uitstekende liedjieskrywer en haar stories verander lewens. En dis wat ek wil doen; lewens met woorde verander!

Foto: Chené Smit (Petal and Leaf Photography)

Kry ‘Genoeg gewees’ nou op alle digitale stromingsplatforms.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Bennie Fourie oor die splinternuwe komediereeks, Taktiek

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

7 hours Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

7 hours Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

7 hours Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

8 hours Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

10 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

11 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.