Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Fraksie-akteur Edwin van der Walt

Louis en Albert was vir reekse soos Fynskrif, Troukoors en Die boekklub verantwoordelik en hulle het met Fraksie beslis weer ’n groep merkwaardige karakters geskep.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Edwin van der Walt, bekend vir sy werk in teater, in TV-reekse soos Fynskrif, Troukoors en Waterfront en in flieks soos Wonderlus en Die pro, vertolk die rol van Schalk Smit. Schalk is ’n beleggingsportefeuljebestuurder by T&M Holdings, wat aan die miljardêr Tiaan du Toit, behoort. Schalk se groot droom is om ’n dollarmiljoenêr te word en niks sal in sy pad staan om dit te bereik nie. Op die oog af is hy warm en vriendelik, maar onder alles skuil ’n sakeman wat nie bang is om kanse te vat nie. Hy is trots op sy rugbyspelende seun, verdra sy rebelse dogter en het ’n komplekse verhouding met sy vrou. Schalk is oorspronklik van Kimberley en smag daarna om tot die binnekring van Stellenbosch se elite toegelaat te word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Karlien Meiring het by Edwin van der Walt gaan uitvind wat dit verg om so ’n komplekse karakter te vertolk en of dit sy lewensuitkyk as jonggetroude verander het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jy speel ’n komplekse karakter in Fraksie. Hoe het jy daarop voorberei om die pa, man en ambisieuse sakeman te vertolk?

Louis en Albert se tekste gee klaar vir ’n akteur al die “bestanddele” met die volronde akteurs wat hulle skep. Jy moet dan net die resep volg en jou eie speserye byvoeg om jou karakter in te kleur. Ek is nie ’n pa nie en dit was dus uitdagend. Dit was wel vir my makliker omdat ek teenoor Roeline Daneel, wat ’n ma is, gespeel het. Sy het baie gehelp om daardie omgewing natuurlik te skep. Ek het ook tyd saam met Alex van Dyk en Jana Malan, wat my kinders speel, deurgebring sodat ons ’n band kon vorm en só vertroue kon ontwikkel. My ervaring as kind het my ook gehelp.

Ek is onlangs getroud wat my gehelp het om Schalk as man te vertolk. Ek en Roeline het so lekker teenoor mekaar gespeel – sy is ʼn warm, talentvolle en lieflike mens en was bereid om saam met my “tennis” voor die kamera te speel. Ons het die meeste van die tyd op stel saamgelag hoewel ons in die tonele meeste van die tyd op mekaar gil.

Ek kon baie van myself in Schalk se gedrewe kant sien. Ons het onlangs ’n onderneming begin en ek het daar geleer dat die bestuur daarvan jou vereis om altyd die beste keuses te maak, al maak dit jou ongewild. Schalk word maklik gesien as iemand wat oor ander mense loop, maar hy het wonde uit sy grootworddae en verlede. Ek wou wys dat daar ’n rede vir sy komplekse morele kompas is. Dit was seker my grootste uitdaging, om impulse te ontwikkel wat heeltemal anders as my eie is en nie op empatie gegrond is nie. Ek kon regtig kanse met my spel vat.

As jy enige ander karakter in Fraksie kon vertolk, wie sou dit wees en hoekom?

Ek is mal oor die karakter Bibi, Nina se suster. Ek dink die karakter is ‘n enorme uitdaging om te vertolk. Mense maak haar dalk af as ’n interessante karakter wat vir bietjie humor sorg, maar daar’s groot weerloosheid agter haar dryfkrag. Dit moes as ’n akteur ’n lieflike karakter gewees het om in te delf. Om daardie humor met soveel weerloosheid te kon uitbring, sou vir my ‘n groot uitdaging gewees het en dus ook vir my die lekkerste gewees het.

Hoe was jou en Izel se wittebrood? Waar het julle dit gevier en wat is jou hoogtepunte?

Ons wou oorspronklik Thailand toe gegaan het, maar het toe besluit Turkye was ‘n beter keuse omdat ons al soveel goeie dinge daarvan gehoor het. Ons het nie verwag dat dit só ongelooflik lekker sou wees nie! Kappadosië, die streek waar die lugballonne in die oggend opstyg, was ’n groot hoogtepunt. Die atmosfeer in daardie klein woestyndorpie was amper magies. Ons het in ‘n grot-hotel gebly en kon sien hoe die lugballonne saam met die son opkom, dit was ’n ongelooflike ervaring. Daar is regtig nie woorde of eers foto’s wat daardie tipe mooi kan vasvang nie. Die immergroen kusdorpie Kaş, was net so lekker met sy nou stegies en restaurante met lewendige musiek. Ons het ook op ’n antieke teater afgekom wat my net weereens laat besef het dat as dié teater ná al die jare nog bestaan en saak maak, moet daar tog ’n doel met teater wees. Ek is mal oor kosmaak en het aan Turkye se frikkaddelkoftas gesmul, ek het dit seker sewe keer bestel!

Bron: @margueritevaneeden Foto: @robynnephotographyby

Het jou karakter, Schalk, jou iets geleer oor hoe om ’n goeie huweliksmaat te wees?

Hy het my beslis baie geleer oor watter tipe huweliksmaat ek nié wil wees nie! Ek het raakgesien hoe selfsug en narsisme iets is waarvan ’n mens baie bewus moet wees omdat dit maklik is om onbewustelik in gewoontes te verval waar een mens altyd die besluite maak. ’n Mens moet doelbewus jou maat in ag neem sodat julle nooit ophou om mekaar te ken nie. Schalk vra nooit in Fraksie vir Nina wat haar drome is en of hy haar kan help met haar eiendomsagentskap nie. Dis ‘n les wat ek en my vrou by ons ouers ook geleer het; dit wat vir jou huweliksmaat belangrik is, moet jy ook belangrik ag en voortdurend in belangstel.

Met watter karakter wat jy al vertolk het, identifiseer jy die meeste en hoekom?

Daar is iets in elke karakter wat ek altyd moet vind waarmee ek kan vereenselwig. Die aspekte van die karakter waarmee ek dalk nie kan vereenselwig nie, vereis dat ek soortgelyke oomblikke in my eie lewe gaan soek wat ek met die karakter s’n kan vergelyk. In elke karakter wat ek al vertolk het, is daar iets van my. Ek hou byvoorbeeld altyd dagboek vir ‘n karakter waarin ek hul gedagtes en idees neerskryf. Dis nie altyd maklik as akteur om hierdie ongemaklike deure oop te maak wat ’n mens weerloos maak nie. Ek voel egter dis my verantwoordelikheid om eg te wees sodat kykers hulself of iemand wat hulle ken, in ’n karakter kan raaksien. Ek het al gevind sulke eerlike toneelspel is waarby kykers ook die meeste aanklank vind.

Moenie Fraksie op Dinsdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) misloop nie. Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Volg Edwin op Instagram!

Lees meer: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die Suid-Afrikaanse avonturier Chris Bertish

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

1 day Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

4 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

4 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

4 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.