Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole Bessick

Bo en behalwe die tyd wat sy in die bokskryt deurbring asook die doelbewus bemagtigende rolle op die skerm wat sy inneem, het sy ook die stryd vir geslagsgelykheid toegetree. Bessick is aan die stuur van die The Fight For Good Foundation, ’n organisasie sonder winsbejag. Hulle het ’n omvattende teen-geslagsgeweldinisiatief van stapel gestuur met die doel om vroue binne 12 weke van slagoffer tot vegter te neem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Nicole het groot sukses op die skerm behaal nadat sy reeds ’n indrukwekkende impak as een van die land se mees dinamiese kunstenaars gemaak het. Sy word daarom as een van ons moet-kyk-aktrisesbeskou. Plaaslike gehore sal haar onthou vir haar werk op Skin Deep, The Watcher; die Safta-bekroonde sepies Binnelanders, Is’Phindiselo en Broken Vows, asook vir haar aanbieding op The A1 Chat Show.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Ek wil stereotipes en grense verbreek en die status quo uitdaag! Dit is wat regtig die vuur binne my aansteek. Of dit nou in my persoonlike lewe, op die skerm of met my organisasie is – baie van wat ek doen, gaan daaroor om die status quo uit te daag,” sê sy.

Nicole het rooi rose op hoogte gebring van haar loopbaan, sakelewe en opwindende onderneming.

Hoekom is jy so passievol oor toneelspel?

Ek leef vir ’n dag in iemand anders se lewe. Dit is wat ek die meeste geniet. Om daardie draaiboek te neem, daarin te delf en ’n plan te bedink vir hoe my karakter dink, optree en die wêreld sien. Jy moet in jou eie verbeelding en lewenservaring delf … Aanvanklik is dit nogals skrikwekkend, maar sodra jy die verband tussen jou en jou karakter vind – in haar vel kom, en uitvind hoe jy haar wil voorstel –,is dit opwindend. Dan plaas jy haar binne-in haar wêreld waar sy verbintenisse en verhoudings met ander karakters (gespeel deur my mede-akteurs) het. Die proses kry ’n lewe van sy eie. As jy ’n sterk rolverdeling het waar almal goed oor die wegkom en saamwerk, is dit regtig magic.

Watter aktrises inspireer jou?

Ek dink die akteurs wat my geïnspireer en my werk die meeste beïnvloed het, is die vroulike aksiesterre in moderne rolprente: Uma Thurman, Angelina Jolie, Rhona Mitra, Milla Jovovich en Cameron Diaz om ’n paar te noem. Daar is baie om te sê oor vroue wat jou gat kan skop en soos ’n million bucks kan lyk terwyl hulle dit doen. Ek is ook mal daaroor dat elkeen van hierdie vroue hul deel gedoen het om die glasplafon van die vermaaklikheidsbedryf te breek, en stereotipes op pad uitgedaag het.

Het jy enige praktiese raad vir aspirant-aktrises?

Die raad wat ek aan aspirant-aktrises sal gee, gaan minder oor die show en meer oor die feit dat jy jou loopbaan soos ’n onderneming moet bestuur. Beskou jouself dus as entrepreneur.

Die suksesvolste kunstenaars het nie net hul kuns voor die kamera bemeester nie, maar hulle het ook insig in die ondernemingsaspek van agter die skerms wees. Dit sluit in:

1. Hoe om die regte bestuurspan te vind.

2. Hoe om jou kontrakte te verstaan en te leer hoe om goed te onderhandel.

3. Hoe om ’n goeie houvas op jou finansies te kry, en vir die gapings tussen optredes te spaar.

4. Jou persoonlike handelsmerk en jou teenwoordigheid aanlyn.

5. Hoe om met die media te praat.

6. Hoe om die hardwerkendste mens in die vertrek te wees. Daag betyds op, daag sterk op, wees so voorbereid as wat jy kan wees en probeer maniere vind om jou vaardighede uit te brei.

Talent op sy eie is eenvoudig nie genoeg nie. Dit kry jou dalk in ’n vertrek, maar dis eers wanneer jy die besigheid van show business bemeester het dat jy werklik ’n sitplek aan die tafel verdien.

Wat het jy deur die bestuur van jou organisasie geleer?

Die werk wat ons doen, vervul in my passie om van Suid-Afrika ‘n veiliger plek te maak waar vroue geregtig voel om te droom en hul doelwitte bereik terwyl hulle veilig voel om dit alles te doen. Daar is vir my niks beter as die gevoel wat ek kry wanneer ek sien hoe ’n vrou doelbewus haar krag terugneem nie. Om goed aan mense te doen, is die huur wat jy vir jou tyd op aarde betaal. As ek sien hoe daardie ontwikkeling gebeur, met die wete dat my organisasie iets daartoe bygedra het, is dit vir my ’n groot “huur betaalde”-oomblik. Dit is wat my aanspoor en motiveer.

As jy geldraad vir jou jonger self kon gee, wat sou dit wees?

Belê in ’n kussingfonds. Dit is baie anders as ’n noodfonds. Terwyl noodfondse goed is om onbeplande uitgawes of finansiële noodgevalle, soos mediese sorg, motorherstelwerk of huisherstelwerk te dek, dek jou kussingfonds tye wanneer jy tussen werke is of wanneer jy skielik minder geld verdien.

Elke aspirant entrepreneur kan gerus die boek The Four Agreements deur Don Miguel Ruiz lees.

Volg Nicole, @nicole_bessick, en haar NRO, @fightforgood_sa op Instagram!

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Reze-Tiana Wessels van “Diepe waters”

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig versorg deur Mariette Snyman. Foto's Pexels “Gedrukte…

11 hours Gelede

Die regte medisyne vir verkoue

JY KAN jou seer keel en koors self dokter én stukke beter voel. Ons wys…

16 hours Gelede

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

1 day Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

2 days Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

2 days Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.