kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Roeline Daneel, aktrise in die nuwe goedvoel-Kersfliek, Desemberdiewe

Wat is die Kerstyd sonder ’n goedvoel-Kersfliek? Hierdie Desember vier kykNET die feestyd met ’n fliek wat die feestyd deur die oë van kinders sien. Desemberdiewe is ’n rolprent wat die hele familie saam kan geniet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die vollengte fliek word op Saterdag 17 Desember 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai en bevat temas van omgee, vriendskap en mededeelsaamheid wat deur volwassenes en kinders se verskillende perspektiewe van Kersfees verken word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die rolverdeling sluit onder andere die geliefde aktrise Roeline Daneel in. Roeline bekoor al lank kykers in veral Fraksie, Fynskrif, Die boekklub, Binnelanders en Kompleks.

In Desemberdiewe vertolk sy die rol van Retha, ’n verpleegsuster in ouetehuis op die klein dorpie waarheen sy en haar dogter, Jó, onlangs getrek het. Retha werk verskriklik hard en probeer haar bes om ’n goeie ma te wees, maar Jó beproef daagliks haar geduld. Veral wanneer sy besluit om Kersgeskenke van die rykes te steel en aan die kinders by die weeshuis uit te deel om aan die heelal te bewys sy verdien beter behandeling …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Karlien Meiring het by Roeline meer oor hierdie nuwe fliek en die uitdaging van ma-wees en ma-speel gaan uitvind. (Hooffoto: Nardus Engelbrecht)

Foto: Nardus Engelbrecht

Waaroor gaan jou nuwe fliek, Desemberdiewe?

Desemberdiewe is ’n regte goedvoel-Kersfliek. Jó en haar oorwerkte enkelma, Retha, trek vanaf die stad na ’n klein dorpie. Al wat Jó wil hê, is om terug te trek en om ’n selfoon vir Kersfees te kry, maar sy leer van karma en dat goeie dade beloon word. Só kry sy die idee om Kersgeskenke by die ryk kinders te begin steel om aan die weeskinders te gee. Die fliek is mooi, snaaks en laat ’n mens sommer warm in die hart voel.

Glo jy aan karma soos jou karakter se kind, Jó?

Ek dink, helaas, die lewe is meer willekeurig as dit, maar ek glo tog dat positiwiteit en hulpvaardigheid raakgesien en gewaardeer, dalk selfs beloon, word.

Hoe het jou uitkyk op die lewe verander vandat jy ’n ma geword het?

Ek is selfsugtiger met my tyd, want daar is ’n allerbelangrikste wese wat baie daarvan nodig het. Ek is banger – oor veiligheid, die toekoms, geleenthede – omdat ek nie net meer vir myself lewe nie. Ek is terselfdertyd ook vreesloser, omdat nietige dinge meer gesien word vir wat dit is.

Wat het jou karakters, Retha (Desemberdiewe) en Nina (Fraksie), jou geleer oor wat dit beteken om ’n goeie ma te wees?

Retha leer my van tough love en Nina leer my van lojaliteit. Al twee van hulle het minder ondersteuning van ’n mede-ouer / village as wat ek het. Só hulle leer my van die veerkragtigheid van vrou- en ma-wees.

As jy met een van die karakters wat jy al vertolk het, moes lewens uitruil, met wie sou dit wees? Hoekom?

Klara, die bulhond-prokureur in Fynskrif. Dit moet baie bevrydend wees om so min om te gee wat ander mense van ’n mens dink soos sy!

Foto: Nardus Engelbrecht

Kykers kan Saterdag 17 Desember om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) inskakel vir Desemberdiewe – ’n fliek wat die hele gesin saam kan geniet. Dit sal ook op Catch Up beskikbaar wees.

Lees ook: kykNET se Desemberdiewe is 2022 se goedvoel-Kersfliek

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

2 hours Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

2 hours Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

3 hours Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

3 hours Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

6 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

6 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.