kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Wynand Strydom oor sy jongste enkelsnitte

Oor die jare het Wynand Strydom, die talentvolle sanger en liedjieskrywer, afkomstig van Pretoria, se kenmerkende styl en gevoelvolle musiek vir hom ’n prominente posisie in die Afrikaanse musiekbedryf besorg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sy jongste enkelsnit, “Terug Na Jou,” belowe om ’n blywende indruk op luisteraars te maak. Wynand se aangrypende stem en ontroerende musiek neem luisteraars op ’n emosionele reis, terwyl hy sing oor die verlange na die plek waar sy hart werklik tuis is. Hierdie hartroerende liedjie, deurweef met sy unieke styl en stem, skep ’n emosionele band wat dit werklik onvergeetlik maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sy ander onlangse vrystelling van Duiwel Op Jou Skouer,” gaan oor iemand wat ’n leeftyd van lesse opgedoen het. Die lied beklemtoon dat almal foute maak, maar jy kan juis uit hierdie foute leer en groei. “Duiwel Op Jou Skouer” vertel ’n kragtige storie ervarings gedeel word om ander te inspireer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Weereens kry Wynand dit reg om met sy musiek, unieke klank en opregtheid gehore se harte aan te raak.

Karlien Meiring het meer oor dié geliefde sanger se nuwe musiek gaan uitvind.

Hoe het jou klank deur die jare ontwikkel?

My klank oor die afgelope jare het maar redelik konstant gebly as gevolg van die genre van musiek wat ek maak. Ek het wel die afgelope paar jaar meer aan verwerkings aandag gegee en om ’n definitiewe verbintenis tussen ballades en meer kommersiële musiek te maak.

Foto: Macayla Smit / CoolerBox Brothers

Wat kan luisteraars van jou nuwe liedjies verwag? Is daar spesifieke musikale invloede of genres wat die liedjies geïnspireer het?

Ek is soos altyd gesteld op die waarde van my lirieke. Die algemene gevoel van die liedjies is dat dit nog meer liriekgedrewe as ooit is, hoewel daar ook ’n meer kommersiële aanslag tot die liedjies is. Ek skryf en sing musiek wat vir my betekenis dra, ongeag of mense daarvan gaan hou of nie.

Kan jy ons deur die kreatiewe proses vir jou nuwe liedjies lei?

Die kreatiewe proses is altyd baie lekker. Van die skryf van die liedjie tot die verwerking en opname. Dit is belangrik dat elke aspek tyd en respek verdien. Die een kan nie sonder die ander een nie. Dit verg deurlopende gesprekke en die deel van idees om uiteindelik ’n produk te kan lewer waarmee ek gelukkig is.

Hoe hoop jy sal jou aanhangers op die nuwe liedjies reageer?

Vir my is dit ’n inspirasie-liedjies. My begeerte is dat almal wat dit luister sal uitgaan en mense se lewe sal raak. Ons word deur ons eie seerkry bemagtig om ’n helpende hand te bied, aangesien baie mense hulp nodig het en ons die vermoë en krag het om hul lewe positief te beïnvloed.

Wie is jou droomkunstenaar om ’n duet mee te sing?

Ek sou graag saam met Koos du Plessis wou sing, maar ek is op my gelukkigste saam met my vrou, Chereé, op die verhoog!

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Simoné Pretorius oor Hartklop

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

1 day Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

1 day Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

1 day Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

1 day Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.