Vraag
Hoe oud moet ek wees om met Botox te begin? Ek is 26 en het ’n effense plooi op my voorkop. Wat kan ek daaraan doen? – Katrien
Antwoord
Daar is baie menings oor wanneer die beste tyd is om met Botox te begin. Party mense dink hoe vroeër jy begin, hoe beter, want so voorkom jy die ontwikkeling van ongewenste plooie. Ander glo weer dat dit eers een van die laaste opsies is wat oorweeg moet word. Ek stel voor dat jy eers alternatiewe opsies probeer, soos die daaglikse aanwending van ’n geskikte velproduk tesame met vrugtesuurbehandelings, of terapieë soos laser of “needling”, en natuurlik die regte aanvullings moet oorweeg word voordat jy Botox gebruik.
Botox-inspuitings moet elke drie tot ses maande herhaal word en dit kan jou redelik duur uitwerk. Jy is nog jonk – ek stel voor dat jy eers ’n afspraak by ’n medi-spa maak sodat daar ’n goeie vel-analise gedoen word en die verskillende opsies aan jou verduidelik word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }*Isabel Roos is die uitvoerende direkteur van die Isa Carstens-akademie in Stellenbosch en Pretoria.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.