kategorieë: Ontspanning

Wanneer jy niemand behalwe Tarzan wil wees nie…

DeWet koester al 12 jaar lank net een groot droom: Hy wil die volgende Tarzan op die grootdoek speel. Die meeste mense sou dink dis ’n hekkie te hoog, maar hierdie boorling van George in die Suid-Kaap het die afgelope jare aanhou bou aan sy droom en nooit ophou glo dat dit wel eendag waar sal word nie. Die video’s van Tarzan-kortfilms wat hy vir sy YouTube-kanaal met 207 000 intekenare maak, het al ’n verstommende 50 miljoen kykslae gehad. En dit doen DeWet alles met een doel voor oë: dat Hollywood hom raaksien en hom die volgende Tarzan maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Rian van Heerden, bekende radioman en TV-aanbieder en ook vervaardiger van reekse soos Bolhuis, Die siener en Liefde sonder grense, het reeds in 2010 van DeWet gehoor en hom toe as gas op sy program Rian gehad.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Drie jaar gelede het ek in George ’n artikel in ’n plaaslike koerant oor hom gelees en ek het toe weer kontak gemaak in die hoop dat hy sal instem dat ons ’n dokumentêre reeks oor hom maak,” sê Rian. “Dit was harde werk om hom te oortuig. Hy is so gefokus daarop om Tarzan te word dat hy bang was dit sal sy aandag aftrek.”

Dit was nie net DeWet wat oorreed moes word nie. Ook die Edgar Rice Burroughs-stigting, wat na die belange en kopiereg van die skrywer van, onder meer, Tarzan omsien, moes toestemming gee vir ’n span uit Suid-Afrika om hierdie merkwaardige storie te vertel.

Wat kan kykers verwag?

“Dit is ’n storie van aanhou probeer – al weet jy jy mik vir die sterre,” sê Rian. “DeWet gee net nie op nie. Ek het in my lewe nog nie iemand ontmoet wat so lank toegewyd is aan een droom nie. Dis byna bomenslik wat hy reggekry het.”

DeWet se tweelingbroer, Roelof, is sy grootste ondersteuner en stap die pad saam met hom. “DeWet se droom is hulle al twee se droom,” sê Rian. Die Tarzan-handelsmerk en alles wat daarmee saamgaan, is nog enorm gewild in die wêreld. Vir die ware aanhangers gaan dit oor veel meer as net ’n held wat in die oerwoud woon. “Vir hierdie aanhangers is DeWet ’n verteenwoordiger van dit waaroor hulle liefde vir die Tarzan-karakter gaan.”

In die vyf episodes word daar gekyk na die geskiedenis van Tarzan oor die jare. Kykers ontmoet DeWet se familie en daar is onderhoude met, onder andere, Neil Sandilands wat saam met die Du Toit-broers ’n fliek gemaak het. Ons reis ook saam met DeWet – al die pad van George tot in Los Angeles waar hy in sy Tarzan-kostuum die bekende Hollywood Boulevard besoek.

“DeWet is werklikwaar ’n sprekende voorbeeld van iemand wat so toegewyd is dat die heelal op die ou end na hom sal omsien,” sê Rian.


Tarzan van George begin op Sondag 26 Februarie 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die nuwe kykNET-reeks, Mooiweer en warm-aktrise Carla Smith

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig versorg deur Mariette Snyman. Foto's Pexels “Gedrukte…

2 hours Gelede

Die regte medisyne vir verkoue

JY KAN jou seer keel en koors self dokter én stukke beter voel. Ons wys…

7 hours Gelede

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

1 day Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

1 day Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

1 day Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.