kategorieë: Fiksheid

Wees aktief saam met jou kinders

Moedersdag is wel die geleentheid vir kinders om hul moeders te bederf, maar dit het my ook laat dink hoe bevoorreg ’n ma is as sy ’n besonderse verhouding met haar dogters het. Dis ’n baie spesiale vriendskap wat ’n leeftyd se vreugde bring. Ek is gelukkig genoeg om ’n dogter te hê wat baie dinge met my deel. Ons kook al jare saam, maar ons mees onlangse gesamentlike verslawing is bergfiets.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die res van die gesin het voor my eerste fietsrymarathon in Februarie (die TransCape wat oor 7 dae strek) later met glaserige oë deur vele kuieretes gesit soos ek en dogter sonder einde oor die voorbereiding en wedren gesels. Sy was net so opgewonde en angsbevange oor die 750 km wat ek sou moes baasraak. Die aand voor ek na Knysna vertrek vir die wegspring, daag sy uit haar eie vroegaand op om my te help om elke dag se poeiers en energiestafies af te meet en te organiseer, want sy weet my pakkery is gewoonlik ’n laaste oomblik poging.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Toe ek op die wedren my daaglikse rantsoene oopmaak, kry ek ’n klein briefie vir elke dag met woorde van aanmoediging. Net soos ek jare gelede soms in hul kosblikke ’n “smiley face” briefie ingedruk het as ek weet dinge loop nie so lekker by die skool nie of ’n groot uitdaging wag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat ’n voorreg om nou aan die ontvangkant te wees, het ek deur die trane gedink.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ons tweetjies durf die einde van die maand (27, 28, 29 Mei) ons eerste bergfietsmarathon in Verlorenkloof aan – die *Croc2Croc – en die voorbereiding om reg te wees vir afstande wat tot 115 km per dag is, was al reeds groot pret. Ek kan nie wag vir al die spesiale oomblikke wat ons gaan deel nie en ek hoop om in C.J. Langehoven se woorde “die swaarkry met lekkerkry klaarkry”, want om iets saam te doen, maak die pret dubbel en die swaarkry helfte.

Kry dus vroegtydig ’n sport wat jy en jou kind kan deel, en dit sal julle jare se vreugde bring. En so tussen die swaarkry en lag, leer mens mekaar respekteer en waardeer.

Anet en Nika

*Die croc2croc-marathon vind van 27 tot 29 Mei in Verlorenkloof-landgoed in Lydenburg (2,5 uur van Pretoria en 3 uur van Johannesburg) plaas en maak voorsiening vir geharde ryers wat 215 km oor die drie dae wil ry sowel as vir minder fikses met twee korter roetes: Mild Croc: 161 km en Cruise Croc 100 km. Cruise Croc is geskik vir kinders onder 15 en die minder fikse geliefdes.

Die ander groot bonus is dat daar nie ’n tentflap of -pen in sig is nie. Deelnemers en hul ondersteuners bly in heerlike weelderige “croft”-eenhede en lê weg aan uithaler kos. Die roetes is sirkelroetes waar jy  elke aand in dieselfde snoesige bed slaap. En as fietsry nie vir jou is nie, kan jy visvang, stap of lees. Die omliggende omgewing is prentjiemooi en sal ryers sowel as ondersteuners bekoor. Daar is goedkoper pakkette vir ondersteuners.

Daar is nog ’n paar plekke beskikbaar,  besoek www.verlorenkloof.co.za en klik op Croc MTB vir meer inligting en inskrywings.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.