kategorieë: GrimeringSkoonheid

Zooey Deschanel se skoonheidsgeheime

V: Wat is jou nommer een skoonheidswenk?
A: Hou dinge eenvouding. Moenie te veel produkte terselfdertyd gebruik nie. Gebruik grimering om jou beste eienskappe te beklemtoon, nie om dit te verdoesel nie!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

V: Hoe kry jy dit reg om altyd so vars te lyk?
A: Ek dra nie baie grimering nie en ek gebruik ook nie baie skoonheidsprodukte nie. Ek gebruik net wat ek nodig het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

V: Waarsonder kan jy nie klaarkom nie?
A: Ek hou van blosser – maar nie te veel nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

V: Wat is jou beste grimeerwenk vir mooi oë?
A: Ek hou van ’n eenvoudige lyntjie wat met ’n oogpotlood bo die boonste wimpers getrek word en dan afgerond word met baie maskara. Kyk eers hoe ver of naby jou oë aan mekaar is voor jy begin. Dit bepaal hoe jy die lyntjie gaan trek. As jou oë na aanmekaar is, moenie met die strepie in die binnehoeke begin nie. As hulle verder van mekaar af is, kan jy ’n lyntjie van die binneste hoek tot die buitenstoe hoek trek. Eksperimenteer om te sien wat pas die beste by jou.

V: Het jy ’n spesiale skoonheidsroetine?
A: Ek gebruik net ’n reiniger en vogroom twee maal ’n dag. Dis dit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

V: Wat sal ons in jou handsak kry?
A: Geld, my iPhone, spelde en ’n oogpotlood.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.