Sjokolade-boombas deur Vickie de Beer, bygestaan deur Martjie Malan. Foto: Lindy Kriek
Sjokoladeboombas is sekerlik een van maklikste én (as jy die regte sjokolade gebruik) gesondste soet-happies wat jy kan maak. Dit is ’n heerlike geskenk, of net ’n lekker manier om jou mense te bederf. Die geurkombinasies is eindeloos! Enige van jou gunsteling-geure kan oor die sjokolade gesprinkel word, soos stukkies koekies, gepofte rys, of ’n kombinasie van droëvrugte en neute.
Metode
- Smelt 200 g (70%) gekapte donkersjokolade oor ’n dubbelkoker.
- Lig die bakkie van die hitte af sodra die sjokolade gesmelt is en roer nog 100 g (70%) gekapte donkersjokolade by tot dit gesmelt is.
- Gooi nou die sjokolade in ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer en gesmeer is (ek het met die oog op Valentynsdag ’n hartjiepannetjie gebruik).
- Sprinkel 50 g gevlokte amandels en 50 g droë bosbessies oor en laat stol.
- Keer die sjokolade uit, of breek dit in stukke en smul!
Lees ook: Jy kán sjokolade smelt!

