kategorieë: Ontspanning

Beskostigbare bederfies

Met die opening van ’n paar nuwe winkels in Johannesburg, was ons geïnspireer om die beste winskopie-winkels vir julle uit te soek. Lees ook 32 Clothing se wenke oor hoe om jou kas skoon te maak sodat jy plek het vir jou nuwe skatte.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Winskopies / fabriekswinkels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Landwyd:

Jam: Jy kan vir die hele gesin hier klere kry. Hul onderklere-afdeling is die beste.
PQ: Met klere van so min as R30 vir ’n hemp is dit ideaal vir ’n stywe begroting.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Johannesburg:

32 Clothing: Ingevoerde handelsname teen ’n fraksie van die prys, met twee splinernuwe winkels.
Big Blue Clearance Store: Alle Big Blue se uitverkopings-voorraad word hierheen gestuur.
World Wear: ’n Klompie winkels saam op een plek. Dis die ideale plek vir ’n skoenliefheber.
Retail Crossing: ’n Klompie winkels saam op een plek. Goed vir sportsdarg en meubels.

Kaapstad:

Labels for Less: Gehalte handelsname teen vanaf 40% afslag.
2ndTake: Ingevoerde handelsname vir die hele gesin.
Freezerland: Bekostigbare en grootmaat gevriesde kos.
Acces Park: ’n Klompie winkels saam. Handelsmerke se direkte fabriekswinkels almal in dieselfde plek.
Zoom Footwaer Facortory Shop: Zoom-skoene op afslag.
Ina Paarman: Jou kombuis gunstelinge
Naartjie: Iets vir die klein mensies

7 wenke om jou kas skoon te maak

  • Atmosfeer: Omdat ’n goeie skoonmaaksessie ’n paar uur kan neem, maak seker jy is goed gevoed, goed uitgerus en dat jy in ’n goeie gemoedstoestand is wanneer jy jou kas aanpak. Luister na musiek, miskien ’n glasie wyn en sê die heeltyd vir jouself, “Het ek hierdie nodig?”
  • Gooi dit bokkie! Gooi letterlik die hele inhoud van jou kas uit op jou vloer. Dit plaas dinge in perspektief, en wys duidelik hoeveel goed jy het. Om doelloos deur jou kas te rommel, gaan nie werk nie.
  • Begin by die begin: Maak drie hopies; ja, nee en miskien. Wees eerlik met jouself oor elke item, en plaas dit op die regte hoop. Jou “nee”-hoop moet effens groter as jou “ja”-hoop wees. Maak vrede met die feit dat jou “miskien”-hopie waarskynlik deel van jou “nee”-hopie gaan word.
  • Gure: Tendense kom en gaan, en elke jaar probeer ons om klere wat tydloos en modern is te koop, maar modes verander. As jy dit nie in die laaste jaar gedra het nie, is dit ’n definitiewe “nee”.
  • Belê in die toekoms: Maak jou lewe makliker deur in ’n paar dun, goeie gehalte hangers, ’n skoen-organiseerder, en ’n paar stofsuiersakke waarin jy jou dik winterklere en aandrokke kan stoor, te belê.
  • Kry ’n tweede opinie: As jy aan die einde van jou lente-skoonmaak proses voel asof jy letterlik niks in hierdie hele wêreld oor het nie (behalwe die klere aan jou lyf), bel ’n vriendin. Praat met haar oor jou besluite en saam kan julle dalk ’n paar items red wat jy dalk verkeerd uitgegooi het.
  • Koester jou sukses: Bederf jouself met nuwe klere by die plekkies op ons winskopie-lys. Jy verdien dit!
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

1 hour Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

1 hour Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

2 hours Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

2 hours Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

5 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

5 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.