Borskanker: dis tydmors om jou borsondersoek vir kankerknoppies verkeerd te doen

Deur Salomé Delport

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jy doen jou maandelikse borsondersoek. Dit is absoluut fantasties dat jy jou gesondheid letterlik in jou eie hande neem en goed na jouself omsien. Een uit elke drie vroue met borskanker het daardie berugte knoppie juis deur  ’n borsondersoek self ontdek en daardeur hul eie lewens gered.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Nogtans bly dit ’n feit dat baie vroue nié betyds ’n knoppie ontdek het nie. Van die redes is verkeerde tegniek. Probeer die 1-2-3 tegniek. Dit is so opgestel dat dit al die dinge dek wat jy moet weet omtrent jou borsondersoek. Dit gaan oor die beste tyd, die beste plek en die beste posisie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1 Ovulasie – die beste tyd vir jou borsondersoek

As jy menstrueer

Bors-selfondersoeke behoort elke maand rondom ovulasie gedoen te word, met ander woorde 10-15 dae na die eerste dag van jou menstruasie. Party vroue is gelukkig en ‘voel’ wanneer hulle ovuleer. As jy, soos die meeste van ons, nie weet nie en nie regtig boek hou hiervan nie, is dit die maklikste om op die eerste dag van jou menstruasie ’n alarm op jou foon op te stel vir twee weke later.

As jy nie meer menstrueer nie

Jou risiko op borskanker is nou baie groter as voor veertig. Daarom is dit juis belangrik dat jy jou borsondersoek getrou en deeglik doen. Die maklikste is om ’n dag van die maand te kies en dit op jou kalender of selfoon aan te teken. Die eerste of die laaste dag van die maand werk goed. Ek gebruik my verjaardagdatum – die 28ste van elke maand.

2 Voor die spieël – die regte plek vir die eerste deel van jou borsondersoek

Ons vroue behoort ons borste net so goed soos ons gesigte te ken. Net soos jy weet hoe diep elke plooitjie rondom jou oë is en watter vorm jou voorkop, neus en ken het, behoort jy te weet hoe jou borste lyk en voel. As iets uit plek is, moet jy dadelik jou borsondersoek doen en/of dokter toe gaan. Andersins is ’n borsondersoek een keer per maand voldoende.

Die eerste deel van jou borsondersoek is visueel: wat síén jy?

Staan voor ’n spieël en bestudéér jou borste.  Staan met jou arms langs jou sye en kyk vir enige veranderings in die normale voorkoms en gevoel van jou borste.

Jy  moet dieselfde ding nog drie keer oor doen. Herhaal dit, maar lig nou jou arms bo jou kop. Gaan deur die lysie met jou hande op jou heupe en skouers agteroor sodat jy jou borste vorentoe stoot. Die laaste keer buk jy vooroor, na die spieël, sodat jou borste afwaarts hang.

Wat is tekens van borskanker met ’n visuele borsondersoek?

Kyk of jy enige van die volgende raak sien:

  • Klein duikies
  • As jou een bors skielik groter as jou ander bors is.
  • As jou een bors effens  van vorm verander het
  • Afskeiding uit die tepel. Dit kan droog wees, of klam voel.
  • Enige kol wat rooi of warm is
  • ’n Deel waar die vel anders, skurf, droog of eksemerig is.

3 Op jou rug – die beste posisie vir die tweede deel van jou borsondersoek

Die tweede deel van jou borsondersoek fokus op hoe jou borste vóél.

Lê op jou rug in die bad of op jou rug met ’n kussing onder jou regterskouer. Sit jou regterhand onder jou kop, om jou regterbors uit te stoor en meer toeganklik te maak. Ondersoek nou jou bors so:

  • Voel die regterbors deur met klein sirkelbeweging met die drie middelvingers van jou linkerhand .
  • Hou die vingers plat
  • Vryf ferm.
  • Volg ’n patroon: Begin rondom die tepels en werk in ’n sirkel tot op die borsbeen en na die nek en skouerbeen.
  • Sirkel-voel ook jou oksels deur.

Herhaal vir jou linkerbors. En gebruik nou jou regterhand, met jou linkerarm onder jou kop.

Wat is die tekens van borskanker met ’n handondersoek?

  • ’n Knoppie wat ‘los’ is en nie deel van die borsweefsel uitmaak nie.
  • Enige nuwe soort greinerigheid of hardheid. Baie van ons het knopperige, greinerige borste. Dit is heeltemal normaal. As jy jou borste ken, sal jy weet of dit wat jy voel dieselfde of anders is.

As jy enigsins bekommerd is of iets jou pla, raadpleeg jou dokter.

Wenk Maak ’n afspraak vir ’n borsondersoek by jou Dischem of Clicks-suster, as ’n bekostigbare alternatief.

Wenk Onthou jou mammogram elke twee jaar vandat jy veertig is.

Wenk As jou ma, suster, tannie of niggie met borskanker gediagnoseer is, gesels met jou dokter om te beplan wat jou eie risiko is. Dit kan nodig wees dat jy jaarliks vir mammogram gaan.

Bron: www.cansa.org.za

Lees ook: 7 goed wat jy moet weet oor borskanker

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

1 day Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

1 day Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

1 day Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

1 day Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.