Die M-woord: ‘n Vol lewe ná menopouse? Dis moontlik.

Die M-woord: ‘n Vol lewe na menopouse? Dis moontlik. Deur Leandri de Kock.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Elke vrou se ondervinding is egter uiteenlopend.  Dr. Mary Atkinson van Longiva beantwoord ons vrae oor hoe vroue die diagnosering en behandeling van hul persoonlike belewenis van menopouse kan hanteer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die M-woord: ‘n Vol lewe na menopouse? Dis moontlik.

Mediese feite

Wat is menopouse, en hoe word dit gediagnoseer?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Menopouse tree in  wanneer ‘n vrou ophou om haar menstruele siklus te kry. Dit word gediagnoseer wanneer sy vir ten minste ‘n jaar geen menstruele siklus  gehad het nie, en  bloedtoetse sal ‘n daling in die hormone estrogeen en progesteroon bevestig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoe algemeen is dit?

Menopouse kom op ongeveer die ouderdom van 50 by alle vrouens voor.

Wat veroorsaak dit?

Menopouse word veroorsaak deur ‘n verandering in die balans van die liggaam se geslagshormone, wat voorkom as vroue ouer word en die eierstokke ophou om soveel estrogeen en progesteroon te produseer, en dus nie meer elke maand ‘n eier vrystel nie. Hierdie verandering in die hormonale balans begin enige tyd vanaf die ouderdom van 40. Hierdie tydperk word die perimenopouse genoem.

Op watter ouderdom moet vroue begin bewus raak van perimenopouse?

Perimenopouse begin vanaf ongeveer die ouderdom van 40, en verwys na die jare van hormonale omwenteling voor die  laaste menstruele siklus. Dit kan baie ongemak meebring. Dit begin met dalende vlakke van hormone soos progesteroon, DHEA, testosteroon en groeihormone, en eindig uiteindelik met ‘n daling in estrogeen. Lae progesteroonvlakke kan nogal baie lastig wees; wanneer vlakke laag is, voel jy meer gespanne. Sommige vroue kom agter dat hul maandelikse siklus verander, hulle bui is onvoorspelbaar (soos stres oor werk en skoolaktiwiteite in die middel van die nag ), hul gewig neem toe (as gevolg van toenemende  eetlus) en energie kwyn. Ander simptome op hierdie tydstip is: pynlike, geswelde borste, sikliese hoofpyne, swaar en pynlike maandstondes, opgeblasenheid en vloeistofretensie (met ander woorde, jy kan 2-4 kg optel oor jou maandstonde), slaapversteuring, jeukerige en rustelose bene in die nag, meer drang na kos en alkohol.

Is vroeë menopouse geneties?

Daar is ‘n aantal faktore wat vroeë menopouse kan veroorsaak, byvoorbeeld jou genetika, chirurgie wat die eierstokke verwyder of beïnvloed, as jy ’n roker is en hoë stres, om ‘n paar te noem. ’n Belangrike ding om te onthou is dat, selfs al is ons geneties geprogrammeer vir vroeë menopouse of ‘n chroniese siekte, hoe ons eet, beweeg en na onsself omsien, speel ’n groot rol in hoe ons gene hulself uitdruk.

Beleef alle vroue menopouse op dieselfde manier?

Omdat ons gene, lewenstyl, dieet en oefenroetine so ‘n groot rol speel in die bestuur van simptome, sal almal nie menopouse op dieselfde manier ervaar nie. Ons onderliggende gesondheid en ander hormone speel almal ‘n rol, en daarom het ons in funksionele en integrerende medisyne ‘n behandelingsplan aangepas op grond van elke individuele vrou se gesondheidstoestand. Benewens die liggaam se interne faktore wat ons simptome beïnvloed, moet ons die eksterne faktore wat dit moeiliker kan maak om hierdie tydperk te navigeer, ook in ag neem. Ons leef binne ‘n vinnige, digitale kultuur, ons druk onsself om altyd meer te doen, en ons neem minder tyd af om te ontspan. Ons word ook daagliks oorlaai met gifstowwe uit verskeie eksterne bronne wat ons endokriene stelsel verder in gevaar stel en uitdaag.

Hoekom beleef sommige vroue dit erger as ander?

Tydens perimenopouse word ons hormoonbalans grootliks beïnvloed deur ons leefstylkeuses en stresvlakke. Verhoogde stres laat ons kortisol piek en belemmer ons DHEA-vlakke wat ons algemene hormoonbalans beïnvloed. Chroniese siektes wat met die ouderdom gepaard gaan, steek kop uit. Meer spesifiek – diabetes en verhoogde insulienweerstandigheid is ‘n groot oorsaak van die ontwrigting in ons hormone, veral testosteroon, wat so belangrik is vir die handhawing van spiermassa en die vermindering van liggaamsvet.

Wanneer ons hormoonwanbalanse in die gesig staar, hoef ons nie te ly nie – daar is baie goed nagevorste en veilige behandelingsopsies wat aangepas kan word vir ‘n vrou se spesifieke gesondheidstatus en doelwitte. Dit is heeltemal moontlik om die hormonale chaos van perimenopouse op pad na menopouse te tem en te vergemaklik  met ‘n gevoel van balans en vertroue.

Lees ook: Slaap en menopouse

Foto: Darina Belonogova vir Pexels

Die praktiese aanslag

Wat is die mees algemene simptome van menopouse?

Gedurende die perimenopousale tyd wat tot menopouse lei, daal die progesteroon geleidelik en ervaar vroue korter siklusse, swaarder bloeding en slaapprobleme. Namate die hormoonwanbalans voortduur, kan warm gloede/nagsweet, gewigstoename, moegheid en verhoogde angs toenemend ervaar word. Vroue is meer vatbaar vir sonskade en kry droë velle en ‘n verlies aan elastisiteit. Vaginale droogheid, verminderde sensasie en afnemende vermoë tot orgasme is ook algemene simptome.

Hoe kan simptome verlig word?

‘n Belangrike beginpunt om die simptome te bestuur, is ‘n gesonde en gebalanseerde dieet – dink Mediterreens – en oefening. Aanvulling met relevante antioksidante, om goeie dermgesondheid en effektiewe detoks te verseker, is die volgende stap om simptome te verminder. En laastens, hormone kan vervang word – ons beveel bio-identiese hormone aan wat  soos dieselfde hormone lyk wat natuurlik in ons liggame gemaak word.

Menopouse word grootliks gestigmatiseer, wat veroorsaak dat daar ‘n gebrek aan betekenisvolle en praktiese gesprekke daaroor is. Dr. Mary noem dat dit belangrik is dat vroue verstaan dat menopouse ‘n proses is waardeur die ligaam en verstand gaan, en geen proses kom ooit sonder uitdagings nie. Daar is wel hoop, en daar kan baie gedoen word om te verseker dat vroue gemaklik, bemagtig en vol lewe kan voortgaan.

Lees ook: 22 Slaapprobleme, 22 oplossings.

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

1 day Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

1 day Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

1 day Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

1 day Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.