kategorieë: Wenke

Hoe om oogomlyner aan te wend

Vraag

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hoe trek ek met oogomlyner die perfekte lyn teen my wimpers? Ek sukkel om ’n netjiese, reguit streep te trek. Kan julle ’n goeie oogomlyner aanbeveel?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Antwoord

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Maak eerstens seker dat jy die regte borseltjie het – ek werk makliker met ’n skuins borseltjie. Enigiets wat te dun en te lank is, sal nie stabiel genoeg wees nie en jy sal onvermydelik met daardie ongewenste, oneweredige lyn opgeskeep sit. Hou die borseltjie in jou een hand en trek met ’n vinger van die ander hand die buitehoek van jou oog liggies na jou slaap toe – die vel op jou ooglid moet styfgetrek wees wanneer jy die oogomlyner aanwend, anders sal jy nie daardie lyn perfek regkry nie. Moenie die lyn in een beweging probeer trek nie – doen dit eerder stukkie vir stukkie en wees geduldig.

*Marlinette Newman is ’n vryskuthaar- en grimeerkunstenaar in Kaapstad

Ons sê
Probeer gerus ’n potjie jel-oogomlyner en een van hierdie skuins borseltjies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

MAC Angled Brush in 208, MAC Paint Pot in Blackground

Inglot AMC Gel Eyeliner, Inglot Make Up Brush 31T

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Rolene Strauss deel haar storie oor MIV

Na die geboorte van haar eerste seun in 2017, het sy haar mediese studies voltooi…

18 hours Gelede

“Mamma, jy speel nooit saam met my nie!” Hoekom speeltyd so belangrik is

Deur Tanya de Vente-Bijker “Mamma, kan jy asseblief kom speel? Asseblief, net ʼn rukkie? Jy…

20 hours Gelede

Basiese kragsoppe

Ons Suid-Afrikaners hou van lekker vleiserige kragsoppe of “broths”, soos die Engelse dit noem. Dié…

23 hours Gelede

Die twee kante van Luan Jacobs in ‘Diepe waters’

Vertel ons meer van jou karakter. Ek vertolk die rol van Damian. Hy is ’n…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Binnelanders-nuweling, Deoudoné van der Merwe

Jy kan dalk dink Deoudoné van der Merwe se TV-loopbaan het laas jaar met ’n…

4 days Gelede

Verruklike winterpizza

Verruklike winterpizza met gekaramelliseerde uitjies, crème fraîche, orego en tiemie. Resep deur Vickie de Beer

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.